Musk hof toe gesleep oor sy US$1m ‘n dag weggee-veldtog - August 21, 2025

Elon Musk is deur ‘n federale regter gelas om ‘n regsgeding in die gesig te staar deur kiesers wat hom beskuldig dat hy hulle bedrieg het om ‘n petisie te teken om die Amerikaanse Grondwet te ondersteun vir ‘n kans om sy 1 miljoen Amerikaanse dollar-per-dag weggee te wen. Die Amerikaanse distriksregter Robert Pitman in […]

Read More

Bate-bevriesingsaak oor steenkool myn in Mpumalanga weer in die hof - August 21, 2025

Op 30 Desember 2024 het die aanklaer-generaal ‘n bevel vir die bevriesing van bankrekenings ter waarde van 50,2 miljoen Namibiese dollar bekom. Die geld is plaaslik oorgeplaas en is afkomstig van beweerde onwettige steenkoolmynbou en ander oortredings, insluitend geldwassery, in die Carolina-gebied in Mpumulanga deur Elza en Johannes Jordaan. Martha Imalwa het weer op 14 […]

Read More

SA se vroue sal betaal vir VSA-tariewe - August 21, 2025

‘n Ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch Sakeskool, Nthabiseng Moleko, sê die nuutste VSA tariewe bedreig alreeds broos werksekerheid, met veral vroue wat die las van die wêreld se handelsoorlog moet dra. Moleko waarsku dat die 30-persent tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere dreig om die arbeidsonsekerheid te vererger, veral vroue wat salarisdiskriminasie moet verduur, gesinne moet […]

Read More

Zim-burgers kry vir nou geen VSA-visums nie - August 21, 2025

Die VSA het die verwerking van die meeste visumaansoeke vir Zimbabwe-burgers tot verdere kennisgewing opgeskort. Die Amerikaanse ambassade in Harare het ongespesifiseerde kommer oor die Zimbabwiese regering as die dryfveer agter hierdie besluit aangehaal. Die ambassade het ook verduidelik dat hierdie opskorting nie ‘n reisverbod daarstel nie, en dat huidige uitgereikte visums geldig sal bly. […]

Read More

Tiger aangestel as voorsitter van PGA-toer se mededingingsmodel - August 21, 2025

Die vyftienmalige major kampioen Tiger Woods is aangewys as voorsitter van die nuutgestigte Future Competition Committee. Die komitee van nege lede, ses spelers en drie sake-adviseurs, se taak is om die optimale mededingingsmodel te definieer wat die PGA-toer se waarde vir aanhangers, spelers en vennote verhoog. Die uitvoerende hoof van die PGA-toer, Brian Rolapp, sê […]

Read More

Ngurare moedig samewerking tussen Japan en Namibië aan - August 21, 2025

Tydens die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling tans aan die gang in Yokohama in Japan het die eerste minister dr. Elijah Ngurare ‘n vreedsame, geïndustrialiseerde Afrika in die vooruitsig gestel waar gewere stilgemaak word, werkloosheid vervang word deur landboubedrywighede en tegnologie groei dryf. Hy het dieper samewerking tussen Afrika en Japan aangemoedig.

Read More

Shoprite verlaat Malawi na 25 jaar - August 21, 2025

Die Suid-Afrikaanse kleinhandelreus Shoprite gaan na 25 jaar aan Malawi onttrek en soek na plaaslike kopers om sy belange oor te neem. Dit volg na die onlangse sluiting van winkels in Blantyre en Llongwe oor skendings van higiëne-reëls en verstrykte goedere. Die onttrekking is deel van Shoprite se strategie om sy nie-kernmarkte in Afrika te […]

Read More

Uitbreiding van Israel in Wesoewer is doodskoot vir Palestynse staat - August 21, 2025

Israel se goedkeuring van ‘n groot nedersettingsuitbreidingsplan in die besette Wesoewer word wyd veroordeel. Mustafa Barghouti, sekretaris-generaal van die Palestynse Nasionale Inisiatief, het aan Al Jazeera gesê dit sal die doodsvonnis wees vir enige moontlikheid van ‘n onafhanklike Palestynse staat. Hy het uit Ramallah gepraat en gesê sanksies moet onmiddellik teen Israel ingestel word om […]

Read More

Strafhof verwerp nuwe VSA-sanksies - August 21, 2025

Die Internasionale Strafhof het nuwe Amerikaanse sanksies teen sy regters en aanklaers verwerp. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nuwe sanksies ingestel teen twee regters en twee aanklaers van die hof vir hul pogings om Amerikaanse en Israeliese burgers te vervolg. Die ISH sê die sanksies is ‘n blatante aanval op die onafhanklikheid van […]

Read More

BoN skep sentrale portaal vir ekonomiese syfers, data - August 21, 2025

Die Bank van Namibië het ‘n gesentraliseerde dataplatform, Data Sphere, bekendgestel. Die platform konsolideer Namibië se mees kritieke makro-ekonomiese en finansiële statistieke in een toeganklike, interaktiewe en gebruikersvriendelike spilpunt. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie het meer.

Read More