Afrika moet waarde toevoeg aan sy grondstowwe - August 21, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het sy oproep herhaal dat Afrika ‘n groter sê moet hê in besluite wat sy toekoms raak. Hy het Woensdag die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, toegespreek. Die konferensie word gehou met die tema, “Die Skep van Innoverende Oplossings Saam met Afrika”. Guterres sê […]
VSA stel nog sanksies teen Strafhof-amptenare in - August 21, 2025
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nuwe sanksies teen vier amptenare van die Internasionale Strafhof aangekondig, insluitend twee regters en twee aanklaers. Die departement beweer die amptenare was instrumenteel in pogings om Amerikaners en Israeliete te vervolg. Enige bates wat die amptenare in Amerikaanse jurisdiksies hou, is nou gevries. Dié strafmaatreëls is gemik op […]
Bok-vroue open in Engeland teen Brasilië - August 21, 2025
Suid-Afrika en Brasilië speel Sondag die heel eerste keer teen mekaar wanneer hulle kragte meet in hulle openingswedstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi op Franklin’s Garden in Northampton, Engeland. Die Springbokke se veelsydige agterspeler, Nadine Roos, wat vier keer teen Brasilië gespeel het in verlede jaar se Sewes-reeks, sê die span is vasberade om vorige mislukkings te […]
Shiimi vra vir meer aandag vir spoorweë - August 21, 2025
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie, Iipumbu Shiimi, waarsku dat Namibië se ambisie om ‘n streek vervoersentrum te word, ondermyn kan word as die regering steeds paaie bo spoorlyne prioritiseer. Shiimi sê befondsing vir paaie beloop 16 miljard Namibiese dollar terwyl net 4 miljard dollar vir spoorweë toegeken is. Die behoefte, sê […]
Dirco stel die feite oor plaasmoorde, na VSA-verslag - August 21, 2025
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika se buitelandse beleid word gelei deur ‘n verbintenis tot ‘n reëlgebaseerde internasionale stelsel, gegrond op respek vir menseregte. Die departement het sy aanvanklike verklaring opgedateer in reaksie op die Amerikaanse Menseregteverslag. Die verslag het belangrike menseregtekwessies uitgelig, insluitend moorde, arbitrêre arrestasies en die onderdrukking van rasse-minderhede. […]
Aktivis sê talle Israeli’s weier om in Gaza te veg - August 21, 2025
Israel sal 60 000 reserviste oproep terwyl hulle voorberei om ‘n uitgebreide militêre operasie in Gazastad te loods. Die troepe sal volgens ‘n militêre amptenaar in dele van die stad ontplooi word waar daar nog nooit Israeliese magte was nie en waar Hamas vermoedelik nog aktief kan wees. Die anti-diensplig aktivis Iddo Elam, wat twee […]
Laaste besending muntstukke met Elizabeth op, vrygestel - August 21, 2025
Die laaste klompie een-pond muntstukke met die gesig van wyle koningin Elizabeth II kom in sirkulasie in Brittanje, met meer as 23-miljoen stukke wat vrygestel is. Die Koninklike Munt sê die vrystelling van die laaste Elizabeth II-muntstukke, wat 2021 en 2022 gedateer is, verteenwoordig ‘n deurslaggewende oomblik in die geskiedenis. ‘n Verdere 7,5-miljoen nuwe muntstukke […]
Wernhil herdenk vandag 35 jaar - August 21, 2025
Wernhil Park vier vandag 35 jaar van groei sedert sy amptelike opening in 1990, tesame met Namibië se onafhanklikheid. Wat met 54 winkels begin het, is nou ‘n kleinhandelsentrum van 54 000 vierkante meter met meer as 100 afsetpunte en 1,1 miljoen maandelikse besoekers. Deur vier uitbreidingsfases, insluitend ‘n opgradering van 529 miljoen Namibiese dollar […]
Witvlei se abattoir steeds in die mark, 10 jaar later - August 21, 2025
Die Witvlei-slagpale word weer aggressief bemark na Agribank in 2015 beslag gelê het op die eiendom. Dit is teen 51 miljoen Namibiese dollar gelys. Die slagpale, wat voorheen besit is deur sakeman Sidney Martin, het sy bedrywighede gestaak nadat Witvlei Meat ‘n beduidende gedeelte van sy Noorse beesvleisuitvoerkwota verloor het. Die stap, deur die regering, […]
Ineenstorting van beesvleisuitvoere dui op strukturele swakhede - August 21, 2025
Die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. In ‘n ontleding deur Simonis Storm, het uitvoere met meer as die helfte gedaal en die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika – die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na […]