Verkrygingstelsel is ondoeltreffend en mors geld - August 21, 2025
Die voorsitter van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, Mary Shiimi, het kommer uitgespreek oor volgehoue ondoeltreffendhede in openbare projekte, en het vertragings, koste-oorskrydings en kwaliteitsprobleme genoem wat openbare hulpbronne mors. Sy het tydens ‘n belanghebbendes-vergadering in Windhoek gevra vir ‘n volledige hersiening van die verkrygingswaardeketting, met die klem op verantwoordbaarheid, samewerking en oplossingsgerigte betrokkenheid. Shiimi […]
Checkers toets slimtrollie - August 21, 2025
Die kleinhandelreus Checkers het ‘n nuwe slim inkopietrollie bekendgestel waarmee kopers hulle kruideniersware regstreeks kan skandeer en betaal sonder om by tradisionele betaalpunte te wag. Die vernuwing, wat tans getoets word, sal wagtye verkort en meer gerieflik wees. Klante kan kaarte of digitale beursies gebruik deur middel van die trollies se ingeboude stelsel. Checkers sê […]
Sankwasa sal self Katima beheer - August 21, 2025
Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het Woensdag amptelik die Katima Mulilo dorpsraad tydens ‘n vergadering op die dorp afgedank. Net twee raadslede, die IPC se Charles Musiyalike en die NDP se Simasiku Mukendwa het die vergadering bygewoon. Sankwasa het bevestig dat die afdanking, in terme van die wet op plaaslike owerhede, gaan oor die raad wat […]
SA-inflasie weer op, hoogste in 10 maande - August 21, 2025
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Julie tot ‘n tien-maande hoogtepunt van 3,5-persent gestyg, nadat dit in Junie drie-persent was. Huishoudelike voedselbegrotings bly onder druk, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat tot 5,7-persent verhoog het. Beesvleispryse het die afgelope jaar met bykans 29-persent gestyg, terwyl groente 14,6-persent meer is. Ricado Johnson van Statistieke Suid-Afrika sê […]
Nog ‘n onwettige nedersetting in Wes-Oewer goedgekeur - August 21, 2025
‘n Wyd-veroordeelde Israeliese nedersettingsplan wat deur grond sny wat Palestyne vir ‘n staat wil hê is finaal goedgekeur, luidens ‘n verklaring van die Israeliese finansminister Bezalel Smotrich. Die goedkeuring van die E1-projek, wat die besette Wesoewer sal halveer en dit van Oos-Jerusalem afsny, is verlede week deur Smotrich aangekondig en het Woensdag finale goedkeuring van […]
Franse polisie ondersoek vier moorde na liggame in Seine gevind is - August 21, 2025
Die Franse polisie ondervra ‘n man op vermoede van moord nadat vier liggame in die Seine naby Parys gevind is. Die eerste slagoffer is op 13 Augustus gesien deur ‘n verbyganger naby ‘n brug in Choisy-Le-Roi, ‘n suidoostelike voorstad van die hoofstad. Later die dag het polisie wat die gebied deursoek het nog drie liggame […]
Varkinvoere val 34,3% in tweede kwartaal - August 20, 2025
Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent. Vir meer hieroor het Kosmos […]
Makataanstukke wen eerste heelvrugkonfyt-kampioenskap - August 20, 2025
Compagniesdrift by Stellenbosch se makataankonfytstukke is aangewys as Suid-Afrika se heelvrugkonfyt van die jaar in die nuwe Suid-Afrikaanse heelvrugkonfyt-kampioenskap. Sewentig produkte van 29 vervaardigers is in hul onderskeie afdelings erken, met elf kategoriewenners wat uitgeblink het. Die hoofbeoordelaar, Susina Jooste, sê Compagniesdrift se makataankonfytstukke het indruk gemaak met die wenkombinasie van geur, tekstuur en algehele […]
Israelse verdedigingminister keur oorname van Gaza-stad goed - August 20, 2025
Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, het die Weermag goedkeuring verleen om Gaza-stad oor te neem en magtiging gegee vir die oproep van ongeveer 60 000 reserviste. Die ministerie het berigte hieroor in die plaaslike media bevestig. Dit plaas druk op Hamas terwyl bemiddelaars wag op amptelike Israelse reaksie op hul jongste skietstakings-voorstel. Een […]
McIlroy prys hersiene PGA-toer kampioenskapsformaat - August 20, 2025
Gholf: Die wêreld nommer-twee, Rory McIlroy erken hy het nie probleme met die afslaanformaat wat by die FedEx-beker in die PGA-toerkampioenskap gebruik is nie. Dit word vanjaar verander sodat die voorloper op punte, in die geval die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, op baansyfer saam met die res van die deelnemers sal begin. Die vorige stelsel […]