Unam bereik veeartsenykunde mylpaal - August 20, 2025
Die Universiteit van Namibië het ‘n belangrike mylpaal bereik met die ondertekening van ‘n wedersydse erkenningsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die Namibiese Veeartsenykundige Raad. Namibies-opgeleide veeartse kan nou direk in die buurland registreer, net soos gegradueerdes van die Universiteit van Pretoria in Namibië kan. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon […]
Endurance Desert Challenge hou aan groei - August 20, 2025
Swakopmund is weer die gasheer vir die Namibian International Endurance Desert Challenge-uithouritte wat van 26 to 29 Augustus plaasvind. Perderuiters van so ver as Australië en Slowakye het ingeskryf en die verdedigende kampioen, Colin Makonde, sal weer in aksie wees. Francois Lottering het meer.
Jeugontwikkelingsfonds goed, as jy konneksies het: LPM Jeug - August 20, 2025
Die Landless People’s Movement Jeugbevel verwelkom die Jeugontwikkelingsfonds as ‘n belangrike stap om jeugwerkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek. Hy waarsku egter dat die sperdatum baie jongmense sal uitsluit en doen ‘n beroep op die regering om dit te verleng. Hy bevraagteken ook die tydsberekening van die bekendstelling daarvan en stel voor dat dit […]
Mediese fondse moet lede bevoordeel, nie administrateurs - August 20, 2025
Die Namibiese Privaatpraktisynsforum kritiseer weereens die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse omdat hulle belangrike post-Covid-gesondheidsorgtendense in hul beleidsbesluite verwaarloos. Die Forum se uitvoerende hoof, dr. Jürgen Hoffmann, het voorspelbare drywers van stygende gesondheidsorgbenutting uitgelig wat geïgnoreer is ten spyte van wêreldwye data wat hierdie tendense bevestig. Dit sluit in uitgestelde elektiewe prosedures en ‘n toename […]
Sacky en kie se Chinhengo-aansoek van die hand gewys - August 20, 2025
Adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo het ‘n aansoek van sommige Fishrot-beskuldigdes om die besluite van die vorige verhoorregter Moses Chinhengo nietig te verklaar, van die hand gewys. Die beskuldigdes, insluitend oud-justisieminister Sacky Shanghala, het aangevoer dat Chinhengo se aanstelling onkonstitusioneel was. Om die rede is al sy besluite toe hy die verhoor behartig het, volgens hulle ongeldig. […]
Robotte verwyder radioaktiewe rommel by Fukushima - August 20, 2025
Japanese tegnici by die beskadigde Fukushima-kernaanleg het afstandbeheerde robotte na een van die reaktorgeboue gestuur as deel van die voorbereidings om radioaktiewe brokstukke te verwyder. Die gevaarlike hoë kernuitstralings maak die verwydering van gesmelte brandstof en ander rommel die skrikwekkendste uitdaging in die dekade-lange aftakeling van die aanleg nadat dit deur ‘n enorme tsunami getref […]
HPV-inentingsprogram verleng om dekking te vergroot - August 20, 2025
Die Gesondheidministerie se skoolgebaseerde HPV-inentingsprogram vir meisies tussen nege en 14 jaar oud het net 47 persent van sy teiken gehaal. Die veldtog, wat nou tot 29 Augustus verleng is, beoog om 60 persent dekking te bereik. Die adjunk-uitvoerende direkteur van gesondheid, Taimi Amaambo sê die regering het byna 70 miljoen Namibiese dollar in die […]
SAOG-goedkeuring van Koning Mswati wek kommer in Eswatini - August 20, 2025
Die Kommunistiese Party van Eswatini sê hy is bekommerd oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se aanhoudende goedkeuring van Koning Maswati die derde, na wie hulle verwys as ‘n diktator en sy Tinkhundla regime. Die volg nadat Mswati as die adjunkvoorsitter van die SAOG Troika aangestel is. Woordvoerder van die party, Simphiwe Dlamini, sê Mswati se bewind […]
Cambridge Dictionary kry skibidi woorde by - August 20, 2025
Die Cambridge Dictionary het die afgelope jaar 6 000 nuwe woorde op sy aanlyn uitgawe bygevoeg. Dit sluit in TikTok-neigings en uitdrukkings op sosiale media soos skibidi, delulu en tradwife. Die woorde het algemene gebruik geword op sosiale en hoofstroommedia en word ook gekoppel aan bekendes en toonaangewers soos Kim Kardashian. Die woordeboek se uitgewery-bestuurder, […]
Bokke begin November-toer teen Japan in Londen - August 20, 2025
Rugby: Die Springbokke begin hulle November-toer in Europa met ‘n geskiedkundige wedstryd teen Japan op die ikoniese Wembley-stadion in Londen op 1 November. Dit sal die eerste rugbywedstryd op die beroemde sokkerveld wees sedert die kragmeting tussen die Bokke en die Barbarians in 2016, wat met 31-elk gelykop geeïndig het. Die Bokke het hulle laaste […]