Besighede moet 5-sente aanvaar, dis geld: BoN - August 20, 2025
Die 5-sent-muntstuk is terug in die nuus nadat die Bank van Namibië herbevestig het dat dit steeds ‘n wettige betaalmiddel is, al het produksie in 2019 gestaak. Die bank het ‘n waarskuwing aan besighede uitgereik en verklaar dat dit teen die wet is om te weier om die muntstuk te aanvaar. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur […]
Drie DA parlementslede in kapingspoging in Philippi - August 20, 2025
Die nasionale polisie-kommissaris, Fannie Masemola, het ondersoekbeamptes van die Wes-Kaapse Ernstige Geweldsmisdaad-eenheid ontplooi om die verdagtes betrokke by die wrede aanval op drie parlementslede in Philippi, Kaapstad, op te spoor. Die voorsitter van die Parlement se portefeulje-kommittee oor die Polisie, Ian Cameron, en twee van sy DA-kollegas was gister die slagoffers van ‘n kapingspoging toe […]
Bibi beskuldig Aussie premier van verraad - August 20, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy Australiese ampsgenoot, Anthony Albanese, van verraad beskuldig vir die erkenning van die Palestynse staat. Dit volg op die kansellasie van die ver-regse Israelse politikus, Simcha Rothman, se Australiese visum. Hy sou die land Maandag besoek om te praat op ‘n geleentheid wat die Australies-Joodse Vereniging gereël het. […]
Beserings ry All Blacks voor tweede Pumas-toets - August 20, 2025
Rugby: Nieu-Seeland sal Argentinië Saterdag sonder Patrick Tuipulotu en Anton Lienert-Brown pak in hul tweede Rugbykampioenskapwedstryd in Buenos Aires. Tuipulotu het verlede naweek ‘n gesigbesering opgedoen toe die All Blacks 41-24 gewen het. Die veteraan van 56 toetse sal na verwagting sowat ses weke buite aksie wees. Lienert-Brown het ‘n hou teen die kop gekry […]
Gondwana beplan hotel vir Walvis - August 20, 2025
Gondwana Collection beplan ‘n nuwe hotel met 24 kamers op Walvisbaai. Die eiendom is aangekoop en raadsgoedkeurings is verseker, maar volgens uitvoerende hoof Gys Joubert, is hulle nog nie in die finale fase nie. Hy het aan The Brief gesê die volgende stap is die ontwerp en bou van die hotel, wat ook onderhewig is […]
Sandton het nie water nie maar G20 voorbereidings kry aandag - August 20, 2025
Die DA sê Sandton-inwoners het ‘n ernstige watertekort terwyl die roete vir die G20-beraad spesiale aandag kry. Volgens die party, het baie huise en besighede nie water nie, maar beamptes is besig om die Sandton langs die G20 roete in Sandton te inspekteer vir internasionale optiese kabels. Leah Potgieter van die DA vra die burgemeester […]
Seksuele geweld styg jaar op jaar tydens konflik - August 20, 2025
Meer as 4 600 gevalle van konflikverwante seksuele geweld is in 2024 aangemeld. Dit is volgens die Verenigde Nasies ‘n toename van 25 persent sedert 2023. Seksuele geweld teen kinders het in die afgelope jaar met 35 persent toegeneem. Die meeste gevalle was in die Republiek van Sentraal-Afrika, Demokratiese Republiek die Kongo, Haïti, Somalië en […]
IDF roep 50 000 reserviste op vir Gaza-stad oorname - August 20, 2025
Israel sal 50 000 reserviste oproep voor ‘n beplande offensief om Gaza-stad oor te neem, maar die meeste magte wat in die Gazastrook se grootste stedelike sentrum sal opereer, sal aktiewe dienspligtiges wees. Die weermag sê die oproepkennisgewings kan in die komende dae gestuur word, met reserviste wat in September vir diens sal aanmeld. Die […]
Navorsing, bevindings oor swart mamba verwelkom - August 20, 2025
Reaksie word ontvang op die jongste navorsing wat bevind het dat die swart mamba, ‘n sleutelrol kan speel om besoedeling op te spoor en terselfdertyd die ekostelsel gesond hou. Daar is bevind dat swaar metale, soos lood, arseen, kadmium en kwik in die skubbe van swart mambas versamel en ‘n duidelike verbintenis tussen grondgebruik en […]
Reaksie op Shell se ‘eise’ vir beter verhouding met regering - August 20, 2025
Namibië se stroomop-petroleumeenheid, wat onder die presidensie resorteer, ondervind druk om wetlike hervormings rakende die olie- en gassektor te bespoedig. Die dringendheid word aangevuur deur eise van Shell wat sy planne om in 2026 ‘n nuwe eksplorasieboorveldtog binne sy komplekse Oranje-kom lisensie in Namibië sal loods. Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare […]