Mashaba waarsku oor GBV-pandemie - August 20, 2025
ActionSA se leier Herman Mashaba het die dood van ‘n vierjarige meisie van Eldoradopark, Nikita, wat na bewering deur haar pa mishandel is, beskryf as ‘n afgryslike voorbeeld van die geslagsgeweldkrisis. Albei ouers het hul borgtogaansoeke laat vaar. Mashaba het tydens die begrafnis in Johannesburg gewaarsku dat die land sonder etiese leierskap en dringende optrede […]
Gaza: Wat gaan Israel doen met skietstilstand? - August 20, 2025
Hamas het ingestem tot ‘n nuwe wapenstilstand-ooreenkoms wat deur Egipte en Katar bemiddel is, maar Israel het nog nie van hom laat hoor nie. Die ooreenkoms stel ‘n 60-dae skietstilstand voor en die vrylating van die helfte van die oorblywende Israeliese gyselaars wat deur Hamas aangehou word, terwyl verdere onderhandelinge voortgaan. SkyNews se korrespondent Adam […]
Swart mamba kan besoedeling opspoor - August 20, 2025
Die vinnigste en mees gevreesde slang in Afrika, die swart mamba, kan ‘n sleutelrol speel om besoedeling op te spoor en terselfdertyd die ekostelsel gesond hou. Dis bevind in nuwe navorsing aan die Universiteit van die Witwatersrand. Die studie is gedoen met slange wat in Durban en KwaZulu-Natal gevang is. Daar is bevind dat swaar […]
Diefstal-sagteware wat data steel onder die loep by Cran - August 20, 2025
Cran waarsku dat sogenaamde diefstal-sagteware, wat deur kuberkrakers geskep is en rekenaars besmet, stilweg wagwoorde, bankbesonderhede en ander sensitiewe data steel. Met infeksies wat toeneem, gebruik kubermisdadigers dit om aanvalle vir ‘n losprys op besighede te loods. Kenners beveel multifaktor-verifikasie, gereelde opdaterings en donkerwebmonitering aan om beskermd te bly. Namibië se kuberveiligheidsvoorval reaksie span by […]
Kenner sê oor Aochamub se ervaring vir Meatco-leierskap - August 20, 2025
Reaksie kom steeds in oor die aanbeveling van diplomaat Albertus Aochamub as uitvoerende hoof van Meatco. Terwyl Aochamub ervaring in media, bankwese en telekommunikasie inbring, het hy nie ‘n agtergrond in landbou nie. Kenners voer egter aan dat sterk leierskap- en bestuursvaardighede op hierdie stadium meer kritiek is as bedryfspesifieke ervaring om Meatco se voortdurende […]
Ngurare lei afvaardiging in Japan - August 20, 2025
Die eerste minister dr. Elijah Ngurare is saam met die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi in Japan vir die negende Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling wat vandag in Yokohama begin en duur tot Vrydag. Ngurare lei die Namibiese afvaardiging by die beraad wat Afrika-leiers, Japannese amptenare en internasionale belanghebbendes bymekaarbring om vennootskappe vir volhoubare ontwikkeling regoor die […]
Daar’s bedenkinge oor superstad by Kaap Fria in Kunene - August 20, 2025
‘n Eeue oue visie om Kaap Fria in ‘n diepsee hawe te omskep, kom weer na vore, maar die plan bots met sy huidige status as staatsgrond binne ‘n nasionale park. Tradisionele owerhede het dus geen mandaat oor die gebruik daarvan nie. Daar is ook bedenkinge oor die sogenaamde jarelange navorsing wat uitgevoer is. Kosmos […]
Dricus nie lus vir onmiddellike herontmoeing met Rus nie - August 20, 2025
Gemengde Gevegskuns: Die verslaande Suid-Afrikaanse middelgewig UFC-wêreldkampioen Dricus du Plessis gaan tyd afvat om te besin oor Sondag se geveg teen Khamzat Chimaev. Die Rus het sy 15de professionele oorwinning behaal toe hy Du Plessis met ‘n eenparige beslissing in Chicago oordonder het. Volgens Du Plessis se hoofafrigter, Morné Visser, stel hy nie in ‘n […]
Oshana het groot sukses met oeste na Unam-samewerking - August 20, 2025
Die Oshana-streeksraad het ‘n danksegging-seremonie in Engombe in die Uuvudhiya-kiesafdeling gehou nadat 6 ton mahangu en 310kg droë boontjies van sy landerye in vier kiesafdelings ge-oes is. Die streeksraad het in 2023 ‘n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken om die landerye te vestig om voedselsekerheid in die streek aan te help. Oshana-goewerneur Hofni Iipinge […]
Onderhandelinge met e-taxi’s begin in SA - August 20, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-Raad sê hulle onderhandel met e-taxidienste om regverdige toegang en passasiersveiligheid te verseker. Die gesprekke probeer om konflikte oor roetes, lisensiëring en mededinging op te los, en terselfdertyd ‘n veiliger, meer gereguleerde vervoeromgewing te skep. Die president van Santaco, Abnar Tsebe, het aan die media gesê samewerking met alle operateurs is die […]