Kommer oor Gaza-ooreenkoms na nuwe Israelse eise - August 20, 2025

Israel eis die vrylating van al 50 gyselaars wat in Gaza aangehou word, wat twyfel laat ontstaan of die land ‘n nuwe voorstel sal aanvaar vir ‘n 60-dae-wapenstilstand waartoe Hamas Maandag ingestem het. Die voorstel, wat deur Katar en Egipte voorgelê is, sal ongeveer die helfte van die gyselaars vrylaat en is ‘byna identies’ aan […]

Read More

Sweedse kerk word geskuif weens mynbou - August 20, 2025

In Swede is die landmerk 113-jaar-oue Kiruna-kerk, wat bedreig is deur grondinsakking weens mynbou, op ‘n 5km-reis na ‘n nuwe staanplek in die middel van Kiruna in die Poolsirkel. Die groot rooi houtstruktuur wat uit 1912 dateer, is in sy geheel op reuse-selfaangedrewe sleepwaens gehys wat teen ‘n maksimum spoed van 500 meter per uur […]

Read More

Gewasdiversifikasie sal produksie en winste opstoot - August 19, 2025

Boere word aangemoedig om gewasdiversifikasie te omarm. Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het aanbeveel dat die afhanklikheid van tradisionele graangewasse verminder word en boorde en ander hoëwaarde-gewasse ondersoek word om beide produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter. Emilie Abrahams, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik […]

Read More

Chicago Bar-skieter se hofsaak uitgestel - August 19, 2025

Die saak van die 30-jarige Gabes Shiimi, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n wapen buite ‘n kroeg afgevuur het en die 35-jarige Nande Simon Molukoshi in Windhoek op 15 Junie doodgeskiet het, is tot 15 Oktober uitgestel. Die Staat beweer dat Shiimi Molukoshi onwettig en opsetlik met ‘n wapen op 15 Junie by die […]

Read More

Beboet randmanipulasie-banke swaar, vra Future Forex - August 19, 2025

Future Forex het gevra vir swaar boetes vir banke wat skuldig bevind word in die randmanipulering-sage om toekomstige valuta-manipulering te voorkom. Die Mededingingskommissie appelleer in die Konstitusionele Hof teen die uitspraak van die Mededingingsappèlhof oor 13 banke wat daarvan beskuldig word dat hulle tussen 2007 en 2013 die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer het. Die uitvoerende hoof, Harry […]

Read More

Melbourne gaan Piastri vereer met pawiljoen - August 19, 2025

Motorsport: McLaren se Australiese Formule Een-bestuurder, Oscar Piastri, sal in die eerste wedren van die nuwe seisoen vereer word wanneer ‘n pawiljoen in sy geboortestad, Melbourne, na hom vernoem sal word. Piastri loop tans voor in die kampioenskap en mag moontlik in Maart terugkeer as wêreldkampioen. Hy het vanjaar reeds ses wedrenne gewen – meer […]

Read More

Wie gaan in Otjomuise massa-behuising woon, vra Amushelelo - August 19, 2025

Die kontrakteur verantwoordelik vir die Otjomuise Massa Behuisingsontwikkelingsprogram is deur die lynminister, James Sankwasa, opdrag gegee om alle gedeeltelik geboude huise teen 30 November 2025 te voltooi. Die projek, wat 362 onvoltooide huise insluit, is aanvanklik in 2013 ontwerp, maar het aansienlike vertragings ondervind as gevolg van ‘n regsgeskil wat in 2017 begin het, wat […]

Read More

T20 Wêreldbeker Afrika kwalifikasie-toernooi kom na Namibië - August 19, 2025

Krieket Namibië sal die IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika Kwalifiseringswedstryd aanbied van 31 Augustus tot 6 September vanjaar. Namibië en sewe ander spanne sal meeding om twee plekke by die Globale Kwalifiseringstoernooi. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê die toernooi sal beide kwalifikasie en die vinnige groei van vrouekrieket in Afrika vier, terwyl […]

Read More

Shell teiken nuwe putte in Oranje-bekken - August 19, 2025

Shell sal volgende jaar nuwe eksplorasie putte in die Oranje-bekken boor. Upstream Online berig Eduardo Rodriguez, Shell se verteenwoordiger in die land sê dat rolspelers in die stroom-op afdeling, en die Nandi-Ndaitwah-administrasie moet vertroue en oop-dialoog bou om die uitdagings van die ontwikkeling van gas- en oliebronne in die land te bewerkstellig. Shell het vroeër […]

Read More

NNN maak impak by SAOG-beraad, sê presidensie - August 19, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het van Madagaskar teruggekeer na haar deelname aan die 45ste SAOG Gewone Spitsberaad van Staatshoofde en Regeringshoofde. Tydens die beraad het sy haar intreerede as staatshoof gelewer en Namibië se sterk verbintenis tot streeksintegrasie, industrialisering, vrede en volhoubare, inklusiewe ontwikkeling herbevestig. Perssekretaris Jonas Mbambo gee ‘n opdatering.

Read More