Registreer voor 19:00 vandag - August 19, 2025

Die Namibiese Verkiesingskommissie herinner almal dat die aanvullende kieserregistrasie vanaand om sewe-uur eindig. Die proses wat op 4 Augustus begin het, het ‘n lae opkoms ervaar. Plaaslike owerheidverkiesings ervaar op elke siklus die uitdaging, al is dit die belangrikste verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, gesels.

Read More

SA-landbou is veerkragtig – Steenhuisen - August 19, 2025

Die Minister van Landbou John Steenhuisen sê die landbousektor wys merkwaardige groei en veerkragtigheid ten spyte van wêreldwye wind van voor. Nuwe data wat die Landbou Sakekamer bekend gemaak het, wys landbou-uitvoer na Amerika het in die tweede kwartaal vanjaar met 26-persent gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die woordvoerder van die ministerie, […]

Read More

Spanje sluit Camino-roete oor brande - August 19, 2025

Spanje het ‘n verdere 500 soldate ontplooi om veldbrande te bestry wat onder snikhete omstandighede deur die land versprei. Dit bring die totale aantal soldate op 1 900 te staan. ‘n Deel van die beroemde Camino de Santiago pelgrimsroete is Maandag gesluit terwyl die brande na die suidelike hange van die Picos de Europa-bergreeks versprei […]

Read More

Cheetahs heel bo op Curriebeker-punteleer - August 19, 2025

Die Cheetahs is nou boaan die Curriebeker-Premierliga-punteleer nadat hulle Westelike Provinsie die naweek in Bloemfontein verslaan het. Hulle word gevolg deur Boland Kavaliers wat die Bulle op ‘n volgepakte Boland-stadion in Wellington geklop het. Die Cheetahs en die Kavaliers het albei drie van hulle eerste vier kragmetings gewen. Die Leeus is derde nadat hulle die […]

Read More

As geld die huis verlaat, loop liefde by die agterdeur uit… of nie? - August 19, 2025

Liefde lê nie net in blomme en laatnag-geselsies nie, dit lê ook in huur, kruideniersware en gesinsondersteuning. Die 2024 Old Mutual Namibia Financial Services Monitor toon dat meer as die helfte van werkende Namibiërs finansieel gestres is. Vir paartjies is die sleutel oop geldgesprekke, billike stelsels vir gedeelde uitgawes, beplanning en skuld- en spaarplanne. Hileni […]

Read More

Sonop Farming skarrel na permit in SA opgeskort is - August 19, 2025

Sonop Farming by Noordoewer, ‘n reuse-tamatie-produsent, se permit om na Suid-Afrika uit te voer, is volgens wat berig word deur die buurland, teruggetrek. Die maatskappy se onvermoë om na Suid-Afrika uit te voer, sal na verwagting 18 individuele boere raak, wat die risiko loop om hul produkte gedurende die uitvoerseisoen tussen April en Oktober vanjaar […]

Read More

Katima se dorpsraad is by die werk, wag op kennisgewing - August 19, 2025

Katima Mulilo se dorpsraad funksioneer normaal, ten spyte van ‘n regeringskennisgewing gedateer 15 Augustus waarin die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, die ontslag van die Katima Mulilo-dorpsraad aangekondig het. Die uitvoerende hoof van Katima Mulilo-stadsraad, Raphael Liswaniso, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sy kantoor nog geen formele opdrag van die minister […]

Read More

Koue kruip weg maar koring kom wel aan by Hardap - August 19, 2025

Ten spyte van Julie wat die sesde warmste Julie in die afgelope 14 jaar beleef het, en koringprodusente by Hardap nog vir koue wag, sê Rico Botma die lande vertoon goed. Hy voeg by dat hy glo al die produsente op die skema ‘n goeie oes sal beleef.

Read More

Namibië en SA beplan dam op Oranjerivier - August 19, 2025

Namibië en Suid-Afrika het hulle verbind tot ‘n gesamentlike haalbaarheidsstudie vir die konstruksie van die Noordoewer-Vioolsdriftdam in die Oranjerivier. The Brief berig die projek sal net meer as 4 miljard Namibiese dollar kos. Die lynminister, Inge Zaamwani, sê beide lande het ooreengekom om elk 44 miljoen dollar tot die studie by te dra. Zaamwani het […]

Read More

Nekundi voer inspeksie uit oor warm water by Windhoek Sentraal - August 19, 2025

Vanoggend het die vervoerminister, Veikko Nekundi, saam met die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, die Windhoek Sentrale Hospitaal besoek om die vordering met die installering van warm water te inspekteer. Die besoek volg op Nekundi se opdrag aan sy ministerie om tegniese ondersteuning te bied om te verseker dat warm water na 15 jaar daarsonder herstel […]

Read More