Digitale bankbedrog styg skerp in SA - August 19, 2025

Die Nasionale Finansiële Ombudskema het ‘n toename van 73 persent in klagtes rakende digitale bankbedrog aangeteken, met ‘n styging van 1 436 gevalle vroeg in 2024 tot 2 483 vanjaar. Die regulerende beoordelaar, Johan Brouwer, het in gesprek met eNCA gesê die algemeenste taktiek is phishing, met bedrieërs wat kliënte mislei om hul besonderhede te […]

Read More

Qantas beboet vir Covid-afleggings, N$1 miljard - August 19, 2025

Die lugrederyreus Qantas is in ‘n Australiese hof met meer as ‘n miljard Namibiese dollar beboet vir die onwettige afdanking van ongeveer 1 800 werknemers tydens die Covid-19-pandemie. Die boete is die grootste wat ‘n hof opgelê het vir ‘n oortreding van arbeidsverhoudingswette in die land se geskiedenis. Die Federale Regter Michael Lee het in […]

Read More

Rassie roep Makazole Mapimpi op - August 19, 2025

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die ervare Springbok-vleuel, Makazole Mapimpi, opgeroep in aanloop tot hul tweede Rugbykampioenskap-wedstryd teen Australië Saterdag in Kaapstad. Kaptein Siya Kolisi en Kurt-Lee Arendse is op die kantlyn nadat hulle in Saterdag se skok-nederlaag van 38-22 teen die Wallabies beseer is. Hulle sal na verwagting vir ʼn paar weke buite aksie wees. […]

Read More

Mbuende het kommer oor maatskaplike welvaart wat agter raak - August 19, 2025

Namibië se ambisies om teen 2030 hoë-inkomstestatus te bereik, soos uiteengesit in die langtermyn-ontwikkelingsraamwerk Visie 2030, staar ernstige uitdagings in die gesig. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, sê die onlangse herklassifikasie van Namibië van bo-middel-inkomste na laer-middel-inkomste het die behoefte aan meer inklusiewe en volhoubare ontwikkelingstrategieë beklemtoon. Terwyl die land ekonomiese groei […]

Read More

Stel net weer die eenheidsregering in – RISE - August 19, 2025

RISE Mzansi sê die regering van nasionale eenheid moet heringestel word eerder as om van krisis tot krisis te strompel terwyl die land self in ʼn krisis is. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand besluit om die koalisieregering te vergroot om meer partye in te sluit om die regering se doeltreffendheid te […]

Read More

Amnestie sê Gaza-hongersnood is as gevolg van Israel se beleid - August 19, 2025

Amnestie Internasionaal beskuldig Israel dat hy die afgelope 22 maande doelbewus ʼn beleid van verhongering in Gaza toepas. Die groep se jongste verslag sluit getuienisse in van burgerlikes wat na bewering verhonger en verplaas is. Volgens berigte was daar sedert Oktober 2023 263 sterftes weens hongersnood in Gaza waarvan 112 kinders is. Amnestie Internasionaal beweer […]

Read More

Zelensky sê hy’s reg vir Putin-vergadering - August 19, 2025

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy is gereed vir ʼn bilaterale ontmoeting met president Vladimir Putin van Rusland om die oorlog te beëindig. Zelensky en sewe ander Europese leiers het gister in die Withuis met president Donald Trump vergader. Die ontmoeting volg na Trump en Putin se beraad Vrydag in Alaska. Zelensky sê hulle […]

Read More

Damme vertoon steeds goed - August 19, 2025

Von Bachdam staan tans op 92,5 persent na oordragte van Omatako en Swakoppoort met bronne van die drie sentrale damme op 75,5 persent. Volgens NamWater se jongste dambulletin is bronne in die Ooste tans op 29,4 persent met Otjiverodam op 47,6 persent. Die Suide se damme het 3,2 miljoen kubiek verskaf. Daar is 1,8 miljoen […]

Read More

Airlink skenk vliegtuig aan ingenieurskool - August 19, 2025

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, oorhandig vandag amptelik ‘n uitgediende Embraer 135-passasiersvliegtuig aan die Rhodesfield Ingenieurswese-skool vir Lugvaartspesialisering in Kemptonpark. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die vliegtuig, wat deur Airlink geskenk is, sal vir opleiding gebruik word vir leerders wat lugvaartstudies wil volg:

Read More

Kenner verduidelik belangrikheid van Donbas vir Rusland - August 19, 2025

Rusland veg al jare teen Oekraïne vir beheer van die oostelike Donbas-streek. Donbas bestaan uit die Luhansk- en Donetsk-oblaste en is teen die Russiese grens. Russiese president Vladimir Putin dring aan dat Oekraïne die gebied moet opgee as deel van enige vredesooreenkoms, maar Oekraïne weier. Die militêre spesialis Michael Clarke verduidelik aan SkyNews hoekom Donbas […]

Read More