Aussies vereer Oscar Piastri - August 19, 2025

McLaren se Australiese Formule Een-bestuurder, Oscar Piastri, sal in die eerste wedren van die nuwe seisoen vereer word wanneer ‘n pawiljoen in sy geboortestad, Melbourne, na hom vernoem sal word. Piastri loop tans voor in die kampioenskap en mag moontlik in Maart terugkeer as wêreldkampioen. Hy het vanjaar reeds ses wedrenne gewen – meer as […]

Read More

Nust hou vergadering oor KI, hoë onderwys - August 19, 2025

Nust sal die Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Gebruik van KI en Opkomende Tegnologieë in Hoër Onderwys van 1 tot 3 Oktober by die Windhoek Buiteklub en -Oord aanbied onder die tema “Oorbrugging van Afrika- en diaspora-perspektiewe”. Besprekings sal fokus op etiese innovasie, kunsmatige intelligensie in onderwys en samewerking oor sektore heen. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Raadslid by SA-lotery moet R21m terugbetaal - August 19, 2025

Die Spesiale Tribunaal het ʼn gewese raadslid van die Nasionale Loterykommissie, advokaat William Huma, beveel om meer as 21 miljoen Suid-Afrikaanse rand se misbruikte toelaes vir sy bondgenote en familie verbind word, terug te betaal. Die fondse is toegeken aan opheffingsprojekte in gemeenskappe, onder meer ʼn hoenderboerdery-inisiatief in Marikana, Noordwes. Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind […]

Read More

Trump sê hy reël vergadering tussen Putin en Zelensky - August 19, 2025

President Donald Trump van Amerika sê hy het begin om ʼn ontmoeting tussen sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, en die Oekraïnse leier, Volodymyr Zelensky, te reël. Trump het met Zelensky en ʼn paar Europese leiers by die Withuis beraadslaag. Die Kremlin het die voorstel vir ʼn ontmoeting tussen Putin en Zelensky herhaaldelik verwerp. Trump sê […]

Read More

Alcaraz en Swiatek vat Cincinnati - August 19, 2025

Die wêreld-nommer-twee van Spanje, Carlos Alcaraz, het sy eerste Cincinnati Ope gewen nadat die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, na slegs 23 minute aan die eindstryd moes onttrek. Die Italianer was 5-0 agter toe hy ʼn dokter ontbied het, maar hy kon nie voortgaan nie. In die vroueafdeling het die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek, met die Italianer, […]

Read More

Laaste dag om vir November te registreer  - August 19, 2025

Dit is vandag die laaste dag vir kieserregistrasie vir die plaaslike owerheidsverkiesings in November. Die Namibiese Verkiesingskommissie het onlangs aangekondig net meer as 19 000 nuwe kiesers is sedert 4 Augustus geregistreer. Die kommissie doen ‘n beroep op diegene wat nog nie geregistreer het nie om dit teen sewe-uur vanaand te doen. Kieser-apatie in plaaslike […]

Read More

Dwelms bly ‘n wesenlike uitdaging  - August 19, 2025

Die polisie het op bykans 88 000 Namibiese dollar se dagga in drie verskillende voorvalle oor die naweek beslag gelê en drie mans in hegtenis geneem. Op Oluno naby Ondangwa is ‘n man met meer as ‘n kilogram dagga ter waarde van 50 750 dollar vasgetrek. In Orvetoweni op Otjiwarongo is ‘n man met 710 […]

Read More

Giwusa sê nasionale dialoog is net ‘n gepraat  - August 19, 2025

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê die vergadering van verteenwoordigers om die proses van die nasionale dialoog te bespreek was niks meer as ‘n gepraat nie. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei sê die vakbond verwerp die valse hoop van die nasionale dialoog. Hy sê Giwusa sal nie om die bos gelei word om te glo dat […]

Read More

Hamas stem in tot wapenstilstand  - August 19, 2025

Hamas het ingestem tot die jongste voorstel van streeksbemiddelaars vir ‘n wapenstilstand in Gaza en ‘n ooreenkoms met Israel vir die vrylating van gyselaars, het ‘n bron in die groep aan die BBC gesê. Die voorstel van Egipte en Katar is glo gebaseer op ‘n tweestap-raamwerk wat die Amerikaanse gesant Steve Witkoff in Junie voorgestel […]

Read More

Pogings om welwitschias teen voertuie te beskerm  - August 19, 2025

Die omgewingsministerie en Wêreldnatuurlewefonds Namibië is besig met ‘n herstelstrategie vir dele van die Dorob- en Skeleton Coast-parke, insluitend die Uniab-delta en Messum-krater, waar voertuie onwettig brose landskappe en antieke Welwitschia-plante beskadig het. Maatreëls sluit in heinings, digitale kaarte en bewusmakingsveldtogte om die sensitiewe terreine te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog […]

Read More