Walvis-polisie vind vonds gesteelde selfone - October 26, 2025

Die polisie op Walvisbaai het op 29 gesteelde selfone beslaggelê. Dit volg ná twee klagtes deur mense wat ‘n verdagte kon identifiseer wat na bewering hul iPhones gesteel het. Ná die polisie die verdagte in hegtenis geneem het, het hy hulle na ‘n huis in Kuisebmond geneem waar die 29 selfone gevind is, waaronder 25 iPhones. […]

Read More

Gryslysvrye SA gaan beleggersvertroue hupstoot gee - October 26, 2025

‘n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys sal help om beleggersvertroue te verbeter en die koste verbonde aan oorsese finansiële transaksies te verminder. Die Finansiële Aksietaakspan het die verwydering van Suid-Afrika aangekondig nadat hy sy metodes verskerp het om geldwassery en terrorisme-finansiering op te spoor. […]

Read More

Catherine Connolly nuwe president van Ierland - October 26, 2025

Catherine Connolly, ‘n linksgesinde onafhanklike kandidaat, het Ierland se presidensiële verkiesing gewen. Die 68-jarige Connolly, Ierland se derde vrouepresident, het 63 persent van die stemme gekry. Haar veldtog was veral gewild onder jongmense, wat aanklank vind by haar pro-Palestynse standpunt en steun vir maatskaplike geregtigheid. Connolly, ‘n regsgeleerde, volg Michael D Higgins op. 

Read More

Tennis: Saoedi-Arabië gaan nuwe elite-toernooi aanbied - October 26, 2025

Saoedi-Arabië sal vanaf 2028 ‘n nuwe ATP Meesters 1 000-toernooi aanbied, wat die elite-kalender die eerste keer sedert 1990 uitbrei. Die weeklange geleentheid met 56 spelers sal waarskynlik in Februarie plaasvind, wat bydra tot die koninkryk se groeiende sportportefeulje. Die Golfnasie is reeds gasheer vir die WTA-eindtoernooi en Next Gen ATP-eindtoernooi deur sy vennootskap met […]

Read More

Zaamwani: Namibië moet klimaatsverandering vasvat - October 26, 2025

Namibië is uiters blootgestel aan die gevolge van klimaatsverandering met landbou wat die ruggraat van die landelike ekonomie is, sê landbouminister Inge Zaamwani. In ‘n toespraak wat Saterdag ter viering van Wêreldvoedseldag namens Zaamwani in Kavango-Wes gelewer is, sê die minister die uitdagings van klimaatsverandering vereis daadwerklike en innoverende maatreëls, sterker vennootskappe en hernude toewyding […]

Read More

SA steeds poort na Afrika, sê Ramaphosa - October 26, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid werk aan sy verbintenis tot ekonomiese groei deur lande soos Maleisië aan te moedig om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa, wat op ‘n werksbesoek van drie lande in Asië is, het tydens die ASEAN-sake- en beleggingsberaad in Maleisië gepraat. Die president sê Suid-Afrika is steeds die […]

Read More

‘Russiese bates moet steun vir Oekraïne befonds’ - October 26, 2025

Oekraïne se Europese bondgenote sê bevrore Russiese bates moet vinnig gebruik word om steun vir Kiëf te befonds. Dit is een van verskeie maatreëls wat in Londen bespreek is om die druk op Vladimir Putin te verhoog. Die Britse premier Keir Starmer het die gesprek met president Volodymyr Zelensky en ander leiers aangebied en ‘n […]

Read More

Rugby: Suksesvolle naweek vir SA spanne in VRK - October 26, 2025

Drie van die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap was Saterdag seëvierend. Die Stormers het hul onoorwonne rekord voortgesit om Bennetton gisteraand met 31-16 in Treviso, Italië, te klop en bo-aan die punteleer te bly. Vroeër het die Leeus sewe drieë teen Ulster op Ellispark gedruk en die Ierse span met 49-31 geklop. Die […]

Read More

NNN laat visumregime hersien - October 25, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ministerie van binnelandse sake beopdrag om Namibië se visumregime te hersien en visumaansoekvorms te vereenvoudig om dit vir beleggers en besoekers makliker te maak om toegang tot ‘n spesiale visumprogram te verkry. Ingevolge hierdie nuwe riglyn sal ernstige beleggers in aanmerking kom vir ‘n vyfjaarpermit. Die president het die aankondiging […]

Read More

Selfdood onder SA noodpersoneel ‘n krisis - October 25, 2025

Die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereniging  sê Suid-Afrika staar ‘n geestesgesondheidskrisis onder noodpersoneel in die gesig, met een polisiebeampte wat elke week aan selfdood sterf. Altesaam 54 beamptes het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, en meer as 300 selfdoodgevalle is in sewe jaar aangemeld.  Lerato Masenya van die vereniging doen ‘n beroep op die regering […]

Read More