Beesvleis, houstkool moet voldoen aan nuwe EU-reëls - August 19, 2025

Namibië se beesvleis en houtskoolbedrywe staar ‘n nuwe EU-handelshindernis in die gesig. Vanaf Januarie 2026 sal slegs produkte wat bewys is as ontbossingsvry in Europa se markte toegelaat word. Met die EU wat Namibië as ‘n ‘standaardrisiko’-land klassifiseer, moet plaaslike produsente nou streng voldoeningsreëls navigeer of die risiko loop om toegang tot een van hul […]

Read More

Julie-maand die sesde warmste in 14 jaar - August 19, 2025

Namibië het die sesde warmste Julie in die afgelope 14 jaar beleef met ‘n gemiddelde oppervlaklugtemperatuur van 16,5°C, 0,4°C bo die langtermyngemiddelde van 1991 tot 2020. Temperature regoor Namibië het ‘n duidelike dalende neiging van noord na suid getoon, met warmer toestande in die noorde en koeler toestande in die suide. Die hoogste maandelikse gemiddelde […]

Read More

Namport se tenderkansellasie ‘n hou vir Lüderitz - August 19, 2025

Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balbao, sê die kansellasie van Namport se voorkwalifikasie-tender vir ‘n nuwe olie- en gasvoorsieningsbasis is ‘n groot slag, aangesien die basis die dorp se ekonomie aansienlik sou versterk het. Namport het die tender Vrydag sonder verduidelikings gekanselleer, enkele dae na die bekendstelling daarvan. Die projek sou na verwagting boorwerk in […]

Read More

Helen Mirren sê James Bond moet ‘n man wees - August 19, 2025

Dame Helen Mirren sê al is sy ‘n uitgesproke feminis, moet James Bond deur ‘n man gespeel word. Die Oscar-bekroonde aktrise het in ‘n onderhoud met Saga Magazine gesê ‘n vroulike James Bond sal nie werk nie. Amazon MGM Studios sal die volgende weergawe van die spioenasie-franchise vervaardig, met Steven Knight wat die 26ste rolprent […]

Read More

Sankwasa gee trekpas aan Katima-dorpsraad - August 19, 2025

Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het die hele Katima Mulilo dorpsraad afgedank. Die afdanking is in die Staatskoerant gepubliseer op Vrydag, 15 Augustus en dit het by publikasie van krag geword. Daar was al maande lank spanning tussen Sankwasa en die raad, na bewerings van bestuursonreëlmatighede. Dit sluit in die raad wat glo grond ter waarde […]

Read More

Miljarde vir waterinfrastruktuur na Kaapse beraad - August 19, 2025

Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het aangekondig meer as 176-miljard Suid-Afrikaanse rand is in die laaste drie dae van die Waterbeleggingsberaad in Kaapstad ingesamel. Sy sê net 80 belangrike waterbeleggingsprojeke van 38 verskillende lande is vir die beraad gekies. Volgens haar het gebrekkige beleggings in water alle winste van al die volhoubare […]

Read More

Afrika moet sy eie klimaatkrisis aanspreek en oorgang verseker - August 19, 2025

‘n Verslag beklemtoon Afrika moet meer van sy eie klimaatberade hou om ‘n billike ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe en die befondsing van hernubare energie te verseker. Down To Earth glo Afrika benodig ongeveer 33 000 miljard Namibiese dollar vir die oorgang teen 2030, maar die meeste klimaatfondse behels lenings wat skuld verhoog. Afrika […]

Read More

Zelensky se Withuis-besoek die keer, lekkerder - August 19, 2025

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het ‘n veel warmer ontvangs by die Withuis gekry vir sy samesprekings met Amerikaanse president Donald Trump, voor ‘n vergadering later Maandag met Europese leiers oor die oorlog teen Rusland. Trump het by ‘n perskonferensie gesê hy is seker daar sal vrede wees en dat dit sal werk. Daar was ook […]

Read More

Letshego Holdings groei uit sy nate - August 18, 2025

Letshego Holdings Namibia het ‘n styging van 25 persent in wins na belasting tot 249 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 30 Junie 2025 aangeteken. Uitvoerende hoof, Ester Kali, sê die groei is gedryf deur hoër rente-inkomste en verhoogde leningsvoorskotte. Netto rente-inkomste het met 40 persent gestyg tot 352 miljoen dollar. Kosmos 94.1 […]

Read More

DA vra ondersoek na Polokwane-renosterdilemma - August 18, 2025

Die DA in Limpopo vra dat ‘n onafhanklike wildbestuurspesialis dringend die toekoms van die renosters ondersoek wat vanuit Polokwane hervestig is. Die renosters is in 2017 na ‘n onbekende reservaat verskuif na ‘n stropingsvoorval. Mariëtte Pretorius van die DA sê ‘n onafhanklike bestuurspesialis moet ‘n koste- en waarde-ontleding doen en aanbevelings doen oor die beste […]

Read More