KI help om diewe van N$440 miljoen-diamant vas te trek - August 18, 2025

Die polisie in Dubai het drie diewe vasgetrek slegs ure nadat hulle ‘n baie seldsame pienk diamant van 440-miljoen Namibiese dollar gesteel het. ‘n Diamanthandelaar wat die edelsteen uit Europa gebring het, is na ‘n villa gelok deur ‘n misdaadbende wat voorgegee het ‘n ryk kliënt wil dit besigtig. Die edelsteen is egter gesteel toe […]

Read More

Tiener-sensasie Maphaka in Protea-eendagspan - August 18, 2025

Krieket: Die snelbouler Kwena Maphaka is in die Proteas se groep ingesluit vir die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië. Die 19-jarige was indrukwekkend in die T20-wedstryde teen die Aussies toe hy nege paaltjies platgetrek het – die meeste in die reeks wat die gasheer 2-1 gewen het. Australië verwelkom intussen die ervare kolwer, Marnus […]

Read More

Werkers kry hulp met gesinsverantwoordelikhede - August 18, 2025

Namibië het amptelik die Internasionale Arbeidsorganisasie se Konvensie 156 bekragtig, wat daarop gemik is om werkers met gesinsverantwoordelikhede te ondersteun. Die konvensie poog om te verseker dat gesinsverpligtinge nie beide mans en vroue se geleenthede beperk om die arbeidsmag te betree, daarin te bly of daarin te vorder nie. Arbeidsdeskundige Sydwill Scholtz beklemtoon die belangrikheid […]

Read More

St. Paul’s vat meisieshokkie Superliga-kroon - August 18, 2025

Die Meisies Super Hokkie Superliga het die naweek ten einde geloop met die span van St. Paul’s wat as die kampioene gekroon is. Hulle het Windhoek Gimnasium met 5-0 verslaan in die finaal op Windhoek Gimnasium se tuisveld, King Price Aalwynpark. In die semifinale het St. Paul’s met 3-0 koning gekraai oor Pro-Ed Akademie, terwyl […]

Read More

Duitse regering ‘gaan nie volksmoord-vergoeding betaal’ - August 18, 2025

Duitsland se parlement bly verdeeld oor vergoeding vir die volksmoord van die Ovaherero en Nama in 1904 tot 1908. Die nuwe regering onder leiding van Friedrich Merz voer aan dat internasionale strafreg destyds nie bestaan het nie. Intussen word verwag dat Duitsland op 7 Oktober in die Windhoek-hoërhof sal verskyn in ‘n saak wat deur […]

Read More

Azule Energy versnel Namibiese oliebedrywighede - August 18, 2025

Azule Energy, ‘n gesamentlike onderneming tussen BP en Eni, versnel sy oliebedrywighede in Namibië om mee te ding met maatskappye soos TotalEnergies om een van die eerste produsente in die land te word. Azule het in 2024 ‘n 42,5 persent belang in Blok 2914A van die operateur Rhino Resources verkry. Die vennote het hul eerste […]

Read More

Salarisse van HUB’s, president ‘onvergelykbaar’ - August 18, 2025

Die salarisse van hoofde van staatsondernemings bly in die nuus. Talle verdien meer as die president en dit het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, warm onder die kraag. Ontleder Marius Kudumo voer egter aan dat presidensiële betaling nie dié van uitvoerende hoofde hoef te oorskry nie, aangesien hul salarisse deur die wet bepaal […]

Read More

Maria Coetzee geskik vir N$2,8 miljoen bedrogverhoor - August 18, 2025

Maria Johanna Coetzee, wat daarvan beskuldig word dat sy Windhoek Internasionale Skool uit miljoene dollars bedrieg het, is deur twee psigiaters, een in diens van die Staat en die ander in privaat praktyk, geskik verklaar om verhoor te word. Waarnemende Regter Makapa Simasiku is vanoggend in kennis gestel. Dit kom na sy in Mei vanjaar […]

Read More

NamPol begin kadetkonstabels se opleiding - August 18, 2025

Die 2025/2026 polisie basiese opleidingskursus is amptelik van stapel gestuur by die Ruben Danger Ashipala-polisie-opleidingsentrum in Ondangwa deur Oshana-polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria. Hy het NamPol se inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, verteenwoordig en 1 061 kadetkonstabels verwelkom vir die nege maande lange program.

Read More

Edgar Lungu se begrafnis-stryd op dooiepunt, hoor hof - August 18, 2025

Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor daar bestaan ‘n dooiepunt tussen die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie en die Zambiese regering oor waar hy begrawe moet word. Die saak is Vrydag uitgestel vir onderhandelinge. Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het voorheen ten gunste van die staat beslis en ‘n staatsbegrafnis in Zambië goedgekeur. Die gesin […]

Read More