‘Weapons’ bly bobaas by Noord-Amerika se loket - August 18, 2025
Zach Cregger se geheimsinnige gruwelrolprent Weapons bly na die tweede naweek sedert vrystelling steeds die topverkoper in Noord-Amerika. Die gruwelfilm met sy R-ouderdomsbeperking, is die vyfde opeenvolgende treffer vir Warner Brothers vanjaar. In die tweede plek is Disney se Freakier Friday, waarin Jamie Lee Curtis en Lindsay Lohan weer saam te sien is. Die naweek […]
VSA se Ryderbeker-span neem vorm aan - August 18, 2025
Gholf: Die laaste drie outomatiese kwalifiseerders vir Amerika se Ryderbeker-span is bevestig. Russell Henley, Harris English en Bryson DeChambeau sluit aan by die BMW-kampioenskap wenner, Scottie Scheffler, VSA Ope wenner JJ Spaun, en Xander Schauffele. Keegan Bradley kondig volgende Woensdag, die ses kapteinskeuses aan wat by die outomatiese kwalifiseerers aansluit. Bradley is onseker oor die […]
Kiesersregistrasie-bedrieërs ry aan die pen - August 18, 2025
Die polisie ondersoek twee sake van bedrog ná twee mans die naweek in afsonderlike voorvalle met vals dokumente probeer het om by bykomende registrasiepunte vir die komende plaaslike – en streekverkiesings te registreer. In Kuisebmond het ‘n man met ‘n gesteelde identititeitsdokument vir ‘n kieserskaart aansoek gedoen. Die gesteelde ID-dokument behoort egter aan ‘n toesighouer […]
Kerke moet morele bedrog, vals hervorming aanspreek: IRR - August 18, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke om rasgebaseerde beleid te verwerp. Hy sê as hulle dit nie doen nie, sal dit lei tot die voortsetting van onnodige lyding en armoede. Die instituut het aan die raad geskryf en sê baie mense slaan ag op die raad se morele leierskap. Die instituut […]
Zelensky kan oorlog ‘dadelik beëindig’ - August 18, 2025
President Donald Trump van Amerika sê sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, kan die oorlog met Rusland feitlik onmiddellik beëindig as hy wil. Zelensky en Trump vergader vandag in die Withuis, waar ander belangrike Europese leiers dit ook sal bywoon. Trump het op sy Truth Social-platform gesê ʼn onderhandelde vredesooreenkoms met Rusland sal nie insluit dat […]
All Blacks weer boaan wêreldranglys, Bokke derde - August 18, 2025
Rugby: Nieu-Seeland is die eerste keer in vier jaar weer boaan die wêreldranglys nadat hy Suid-Afrika vervang het. Dit volg op die All Blacks se oorwinning van 41-24 oor Argentinië in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap. Die Springbokke het na derde plek teruggesak na hulle vernederende nederlaag van 38-22 teen Australië nadat hulle vroeg […]
Partylyste behoort 2% gestremdes te bevat - August 18, 2025
Die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede in Namibië het wetgewers versoek om 2 persent van politieke partylyste vir persone met gestremdhede te reserveer. Federasieleier Matheus Hashoongo sê dit sal sterker verteenwoordiging in besluitneming verseker, terwyl hy die Verkiesingskommissie prys vir die verbetering in die toeganklikheid van kiesersopvoeding. Hashoongo het meer.
Numsa sê ANC voel vere vir werkersklas - August 18, 2025
Die vakbond Numsa sê die ANC is ʼn kapitalistiese staat wat die eiendom en wins van die oorheersende minderheid beskerm. Die vakbond sê die Marikana-slagting sou nooit plaasgevind het as die ANC-regering verbind was om die land se ekonomie tot voordeel van die werkersklas te hervorm nie. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê slegs ʼn sosialistiese staat […]
Nog ‘n Angolese presidentsdogter maak amok - August 18, 2025
Die herrie is los in Angola. Die president van die Uitvoerende Komitee van die Angolese Skuld- en Sekuriteitebeurs, bekend as Bodiva, Cristina Giovannia Dias Lourenço, ontvang ‘n maandelikse salaris van 181,66 miljoen kwanzas, of 3,48 miljoen Namibiese dollar. Sy is die dogter van die president João Lourenço. Sy het oorgeneem en ‘n president vervang wie […]
China verleng ondersoek na EU-suiwelprodukte - August 18, 2025
China het sy anti-subsidie-ondersoek na suiwelprodukte uit die Europese Unie met ses maande verleng. Beijing het verlede Augustus die ondersoek na die invoer van sommige kaas, melk en room uit die EU van stapel gestuur, ‘n dag nadat Brussel die heffings op Chinese elektriese voertuie hersien het. Die twee kante moet nog ‘n ooreenkoms bereik […]