Verligting van koue temperature die week - August 18, 2025
Dit raak warmer. Die suidelike dele van die land sal koeler wees met ‘n stelsel wat in beweeg, maar vir die res van die land is dit warmer. Volgens Odillo Kgobetsi van die Windhoek-weerkantoor sal die impak van die frontale stelsel gering wees.
Steenkamp sê oor ongekwalifiseerde onnies - August 18, 2025
Skole landswyd ondervind tans ‘n tekort aan gekwalifiseerde taalonderwysers, veral vir vakke soos Afrikaans. Volgens die ministerie van onderwys het 33 227 van die land se 34 870 onderwysers in 2024 formele onderwysopleiding, wat 1 643 sonder kwalifikasies laat. Onderwysminister Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Pole en Spanje hoofbronne vir hoender, vark - August 18, 2025
Namibië het 51,8 persent van sy hoendervleis uit Pole en 64,3 persent van sy varkvleis uit Spanje in die tweede kwartaal van vanjaar ingevoer. Dit is volgens die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad se jongste ontleding. Dit toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34.3 persent laer as wat gedurende dieselfde tydperk […]
Kaoko Fria kry groenlig by tradisionele owerheid - August 18, 2025
Die hoof van die Kakurukouje Tradisionele Owerheid het die groenlig gegee vir 42 000 hektaar grond in die Kunene-streek om toegeken te word aan ‘n voorgestelde slimstad-ontwikkeling. Die projek, gelei deur Kaoko Fria Investment & Partners, is daarop gemik om infrastruktuur, handel en toerisme te bevorder en werk te skep. Geen haalbaarheidstudies of navorsing is […]
Sankwasa roep Stad Windhoek byeen vandag - August 18, 2025
Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het opdrag aan Windhoek-burgemeester Ndeshihafela Larandja gegee om vanmiddag om drie-uur haar volle raad, alle strategiese uitvoerende beamptes en bestuurders sowel as die stad se uitvoerende hoof bymekaar te bring by die munisipaliteit. Kosmos 94.1 het navraag by die stad gedoen oor waaroor die vergadering gaan maar, dit […]
Middeltermyn-begroting: Almal het ‘n wenslys - August 18, 2025
Besprekings word steeds gevoer oor hoe regeringsamptenare begrotingstoewysings moet bestee, aangesien konsultasies oor die middeltermyn-begrotingshersiening met streekregerings op 25 Augustus afskop. Die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidstrust sê die middeltermyn-begrotingshersiening moet fokus op inisiatiewe wat inklusiewe groei, sosiale billikheid en ekonomiese veerkragtigheid bevorder. Die trust se Breschnef Katjito het insigte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Droogtehulp vis weggegooi - August 18, 2025
Gemeenskapslede het Vrydag ‘n klomp blikke vis, vermoedelik droogtehulp, gevind waar dit op ‘n gruispad naby ‘n lodge in die Otavi-omgewing begrawe was. Die blikke was erg verroes en die vis ontbind. ‘n Verteenwoordiger van die streeksraad het die toneel besoek en die polisie ondersoek die saak.
Omkopery: Malaka sê dit was ‘n lokval - August 18, 2025
Die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, ontken die Daily Maverick-joernalis, Pieter-Louis Myburgh, se bewerings van omkopery. Sy en die trust se woordvoerder, Phasha Makgolane, is op kamera betrap waar hulle die joernalis omkoopgeld van 60 000 Suid-Afrikaanse rand aanbied om die ondersoek na Malaka te staak. Die minister van Openbare Werke […]
Spanje brei brandbestryder-mag uit - August 18, 2025
Die Spaanse eerste minister Pedro Sánchez sê die brandbestrydingsmag word uitgebrei namate rekordhitte veldbrande aandryf. Die aantal troepe wat die brande bestry is nou op meer as 1 900, terwyl owerhede op vliegtuigversterkings van ander Europese lande wag. Brandbestryders bly gefokus op 12 groot veldbrande naby die noordwestelike stad Ourense, waar ontruimings en inperkings aan […]
Regering moet versigtig wees met wetshervorming - August 18, 2025
Die Regshulpsentrum sê die regering moet versigtig wees wanneer hulle nuwe wette opstel. Dit kom nadat die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, ‘n beroep gedoen het op vooruitdenkende wetshervormings om opkomende nywerhede, digitale markte en ontwikkelende handelsraamwerke te reguleer, tesame met grondwetlike veranderinge om parlementêre toesig te verbeter. Die sentrum se direkteur, Toni […]