Man dood na bakleiery oor sigarette - August 18, 2025
‘n Stryery oor sigarette het ‘n man Vrydagaand sy lewe gekos. Die oorledene en die verdagte was agter op ‘n bewegende voertuig naby die aansluiting van die Kalkfeld-Outjo-pad toe die rusie ontstaan het. Die verdagte het die slagoffer glo met ‘n Okapi-mes in die bors gesteek. Hy is in die hospitaal dood. Volgens ‘n getuie […]
Gauteng werk aan kinders wat bedel op straat - August 18, 2025
Gauteng se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, sê haar departement en die Departement van Binnelandse Sake sal voortgaan met operasies wat daarop gemik is om kinders wat bedel van die strate in Gauteng te verwyder. Die departementele woordvoerder, Motsamai Motlhaolwa, sê hierdie naweek het die gekoördineerde operasie in Johannesburg-Noord en -Suid gelei tot die […]
Downtown Abbey se aandenkings onder die hamer - August 18, 2025
Meer as 260 aandenkings van die bekroonde Britse reeks Downton Abbey gaan opgeveil word. Dit sluit in van die Grantham-familie se motor tot die trourok wat Michelle Dockery as Lady Mary vir haar eerste troue met Matthew Crawley gedra het en die ikoniese Downton Abbey muur van klokke. Die reeks se uitvoerende vervaardiger, Gareth Neame, […]
Yango in lokval gelei, beroof - August 18, 2025
‘n Dertigjarige man en ‘n Yango-bestuurder was vroeg Saterdagoggend die slagoffers van ‘n gewapende roof in Windhoek. Hulle was van Khomasdal na Luxury Hill onderweg toe ‘n man opgelet het hulle word deur ‘n Land Cruiser agtervolg. By ‘n vierrigting-stopteken het nog twee voertuie uit verskillende rigtings die motor aan die voorkant geblok, terwyl die […]
Ongwediva berei voor vir sy handelskou - August 18, 2025
Die 2025 Ongwediva Jaarlikse Handelskou, wat van 22 tot 30 Augustus onder die tema ‘Innoveer, verbind, voorspoedig’ plaasvind, beloof om baanbrekende idees ten toon te stel, sakenetwerke te bevorder en ekonomiese groei te dryf. Daar word verwag dat die geleentheid plaaslike en internasionale uitstallers, entrepreneurs en bedryfsleiers sal lok en ‘n lewendige platform vir innovasie, […]
SA-regering moet kripto-beleggings toelaat - August 18, 2025
Die groot kriptoplatform Luno doen ‘n beroep op die regering om Raadskennisgewing 90 te wysig om Kollektiewe Beleggingskemas toe te laat om ‘n persentasie van hul batetoewysing in kripto-bates, soos Bitcoin, te belê. Dit volg op ‘n onlangse antwoord in die Parlement deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, dat kripto-bates steeds as riskante beleggings […]
Scheffler herstel goed en vat BMW Kampioenskap - August 18, 2025
Die wêreld se nommer-een speler, Scottie Scheffler, het ‘n vier houe agterstand in vyf putjies uitgevee en die BMW Kampioenskap in Baltimore, Maryland gewen. Dis sy 18de PGA Toernooi-titel. Die Amerikaner het afgesluit met ‘n drie onder baansyfer 67 vir ‘n oorwinning van twee houe oor die Skot Robert MacIntyre en is nou die eerste […]
So lyk toilette, water en meer by die land se skole - August 18, 2025
In sy 2024-onderwys sensus sê die lynministerie 224 skole landswyd het geen toiletgeriewe nie met 89 persent van skole wat wel toilette het. Van die totaal is ‘n derde puttoilette. Daar is ook 107 skole wat geen water het nie. Die ministerie sê die stand van sake het verbeter behalwe in die twee Kavango-streke waar […]
ANC-beleid verlam ekonomie - August 18, 2025
Die Referendum Party sê president Cyril Ramaphosa weier om te erken dat die ANC-bewind en -beleid die ekonomie steeds verlam. Woordvoerder Joan Swart sê armoede duur voort en ongelykheid bly krisisse wat nie toevallig is nie, maar die onvermydelike gevolg van beleid wat die ekonomie verlam het, staatsvermoë uitgehol het en korrupsie verskans het:
Witkoff sê Putin het waarborge gegee - August 18, 2025
President Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, sê president Vladimir Putin het ingestem om Amerika toe te laat om Oekraïne van streng veiligheidswaarborge te voorsien. Dit is deel van ‘n moontlike vredesooreenkoms wat Vrydag tydens die vergadering tussen Trump en Putin in Alaska bespreek is. Beide leiers het verklaar dat die vergadering produktief was; […]