Brook lei Engeland teen Suid-Afrika - August 18, 2025
Harry Brook, wat vroeër vanjaar as Engeland se witbalkaptein aangestel is na die IKR-Kampioenetrofee, sal voortgaan om die span te lei in die komende tuisreeks teen Suid-Afrika. Engeland sal na verwagting drie eendagwedstryde en drie T20-wedstryde teen die Proteas speel, beginnende op 2 September in Headingley. Joe Root is slegs in die eendaggroep aangewys, terwyl […]
NamRA-slenter kos vrou N$25 000 - August 18, 2025
Op Ondangwa is ‘n 64-jarige vrou 25 450 Namibiese dollar kwyt ná ‘n onbekende swendelaar haar oortuig het om die kodes op haar bankkaart met haar te deel. Die verdagte het die vrou Vrydagoggend gebel en haar as ‘n NamRA-beampte voorgedoen. Sy het die vrou meegedeel dat 18 500 dollar in haar bankrekening inbetaal moes […]
Unieke kankernavorsing in Wes-Kaap - August 18, 2025
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê dokter Chontrelle Willemse is betrokke by navorsing om kanker te fnuik. Haar jongste navorsing behels die ontwikkeling van ‘n 3D-laboratoriummodel van die bloed-breinversperring. Willemse sê hulle het getoets hoe goed sekere middels die brein kan deurdring, en hoe seine wat deur verspreide kankerselle vrygestel word, die versperring kan verswak […]
EU-leiers sluit aan met Zelensky by die Withuis - August 18, 2025
Europese leiers sluit vandag in die Withuis by Oekraïne se president Volodymyr Zelensky aan vir ʼn ontmoeting met president Donald Trump. Die leiers sluit die Franse president Emmanuel Macron, Britse eerste minister Keir Starmer, en president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, in. Die onderhandelinge sal onder meer veiligheidwaarborge, gebiedskwessies en voortgesette ondersteuning […]
Oudpresident Pohamba is vandag 90 - August 18, 2025
Voormalige president Hifikepunye Pohamba vier vandag sy 90ste verjaardag. Hy het Namibië van 2005 tot 2015 gelei en in 2014 die Mo Ibrahim-prys gewen vir die bevordering van eenheid en demokrasie. Pohamba bly ‘n gerespekteerde figuur in Namibië se geskiedenis vir sy rol in vreedsame leierskap en nasionale ontwikkeling. Voormalige president Nangolo Mbumba het hom […]
Groot kankerkonferensie in September by Nust - August 18, 2025
Namibië se heel eerste kankergenomika-konferensie gaan in September deur Nust aangebied word. Dit sal globale kundiges na Windhoek bring om te ondersoek hoe baanbrekende genetiese navorsing kankerdiagnose en behandeling regoor Afrika kan transformeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië gesels.
!Aochamub neem eers leisels by Meatco oor - August 18, 2025
Die adjunk-voorsitter van Meatco se raad, Stephanie de Klerk het aan The Namibian bevestig dat Albertus !Aochamub as tussentydse uitvoerende hoof van Meatco aangestel is. Dit kom na die skorsing van Patrick Liebenberg en die aanstelling van Kingsley Kwenani wat toe reeds bedank het, effektief 31 Augustus. Die finansministerie het opdrag vir !Aochamub se aanstelling […]
Melber sê oor ontrekking uit Swapo, na 51 jaar - August 18, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om ‘n staatsbegrafnis aan voormalige weermaghoof Solomon Hawala te gee, het Swapo ‘n langdienende partylid gekos. Politieke ontleder dr. Henning Melber, wat al meer as 50 jaar ‘n Swapo-lid was, het sy bedanking by Nandi-Ndaitwah ingedien. Hy verduidelik sy redes.
Haufiku gesels oor aborsiepil wat toenemend plaaslik voorkom - August 18, 2025
Berigte dat die polisie beslag gelê het op 55 Cytotec-pille, wat algemeen vir tuisaborsies gebruik word, het die debat oor wettige aborsies weer aangewakker. Mediese dokter en voormalige minister van gesondheid, Bernard Haufiku, beklemtoon dat tuisaborsies onveilig is en deur ‘n omvattende, beleidsgedrewe benadering aangespreek moet word. Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor […]
Hengari eers weer in November in die hof - August 18, 2025
Oud-landminister Mac Hengari sal weer op 14 November in die hof verskyn na hy Vrydag onskuldig gepleit het op klagtes van omkopery. Hy en sy mede-beskuldigde het voor landdros Monica Andjaba verskyn. Hy is op 26 April gearresteer met 220 000 Namibiese dollar kontant, wat die staat beweer hy wou gebruik om die vermeende slagoffer […]