Vandalisme by NamWater beloop N$664 440 - August 18, 2025

Tien transformators by NamWater se boorgate is Vrydag by die mond van die Kuisebrivier op Walvisbaai beskadig om toegang tot koperdraad en ander metaal te kry en te steel. Die waarde hiervan is 664 440 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie en niks van die buit is reeds opgespoor […]

Read More

Vakbond probeer SABC-afleggings keer - August 18, 2025

Die vakbond wat kommunikasiewerkers verteenwoordig, CWU, doen ‘n beroep op die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, om dringend in te gryp in die SABC se afleggingsplan. Die openbare uitsaaier beplan om verkoopspersoneel af te dank as deel van die herstrukturering om sy finansiële uitdagings aan te spreek. Die SABC het laas in 2020 en 2021 groot […]

Read More

Bibi sê optogte versterk Hamas - August 18, 2025

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gister se betogings veroordeel en sê dit versterk Hamas se posisie en belemmer die gyselaars se vrylating. Duisende Israeli’s het aan landwye betogings deelgeneem met die grootste skare in Tel Aviv se Gyselaarplein. Hulle vra ʼn einde aan die Gaza-oorlog en ʼn ooreenkoms dat Hamas die res van […]

Read More

Márquez vat eerste oorwining in die Red Bull Ring - August 18, 2025

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het die Oostenrykse Grand Prix gewen in sy eerste oorwinning in die Red Bull Ring. Die Ducati-ryer het die voorloper Marco Bezzecchi in die 20ste ronde verbygesteek en sy sesde agtereenvolgende sege van die seisoen behaal. Die nuweling Fermin Aldeguer is tweede en Bezzecchi derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder is sewende. Márquez, […]

Read More

Tennis: Drie onttrek uit Amerikaanse Ope  - August 17, 2025

Emma Navarro, Paula Badosa en Tommy Paul het almal onttrek aan die Amerikaanse Ope Gemengde Dubbelspel-kampioenskap, wat volgende Dinsdag begin. Dit laat Jannik Sinner, Jack Draper en Jessica Pegula sonder spanmaats. Draper en Pegula het nou gegroepeer, terwyl Sinner tot vandag het om ‘n spanmaat te vind. Jasmine Paolini en Lorenzo Musetti het via direkte […]

Read More

Putin wil nie ophou baklei nie, sê Zelensky  - August 17, 2025

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê Rusland bemoeilik pogings om die oorlog te beëindig deur oproepe vir ‘n skietstilstand te verwerp. Dit volg nadat presidente Donald Trump en Vladimir Putin nie daarin kon slaag om ‘n ooreenkoms tydens Vrydag se gesprek in Alaska te bereik nie. Die Russiese leier het die vergadering egter as baie […]

Read More

Bykans 1 000 mynwerkers in SA gearresteer - August 17, 2025

Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. ‘n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud:

Read More

Graad 1’s word elke jaar 3,6% méér  - August 17, 2025

Die aantal kinders wat skool in Namibië begin, groei sedert 2018 gemiddeld met 3,6 persent, toon die jongste data van die onderwysministerie. Verlede jaar was net meer as 85 000 kinders in graad een, sowat 16 000 meer as in 2018. Sowat 81 persent van graad 1’s het deurgekom en is vanjaar in graad 2. Volgens […]

Read More

Rhino Resources pomp miljarde in Namibiese ekonomie  - August 17, 2025

Rhino Resources het tydens sy aflandige boorbedrywighede in die Oranjekom sowat 3,8 miljard Namibiese dollar in die ekonomie ingepomp deur die meerderheid van sy goedere en dienste plaaslik te verkry. Tagtig persent van die maatskappy se totale uitgawes is plaaslik bestee, sê Rhino Resources se adjunkbestuurder vir Namibië, Ndakolo Haiduwa. Verskaffing aan Namibiërs het ook […]

Read More

Nywerheid topprioriteit in SADC, sê Mnangagwa - August 17, 2025

Die ontwikkeling van nywerheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap bly ‘n kernprioriteit, sê die uittredende SADC-voorsitter, president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Tydens die opening van die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde in Madagaskar gesê. Kollektiewe pogings vir waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne en meer handel moet opgeskerp word, sê Mnangagwa. Hy het ook die belangrikheid van […]

Read More