NNN by SADC-spitsberaad in Madagaskar - August 17, 2025

President Netumbo Nandi Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir ‘n Veerkragtige SADC. Die Suid-Afrikaanse presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die beraad fokus op die versnelling […]

Read More

Nasionale Dialoog lê grondslag vir toekomsreis  - August 17, 2025

Die mede-adjunkvoorsitter van die nasionale dialoogkonvensie, Lindiwe Mazibuko, sê die intreerede van die konvensie was nooit bedoel om al die antwoorde te verskaf nie. Mazibuko het die slottoespraak by die nasionale dialoog in Pretoria gelewer. Sy sê dit is ‘n grondliggende stap om die agenda vir die lang reis wat voorlê te stel. Sy sê […]

Read More

Europese leiers vergader oor Oekraïne  - August 17, 2025

Europese leiers bespreek vandag die Oekraïnse kwessie in aanloop tot president Volodymyr Zelensky se ontmoeting môre met president Donald Trump van Amerika. Die koalisiegroep onder leiding van Brittanje se eerste minister Keir Starmer, Frankryk se president Emmanuel Macron en Duitsland se kanselier Friedrich Merz probeer lande verenigig om ‘n vredesooreenkoms in Oekraïne te beskerm. Hulle […]

Read More

Krieket: Australië klop Proteas  - August 17, 2025

Australië het ‘n oorwinning met twee paaltjies oor die Proteas in die laaste T20-wedstryd in Cairns behaal en die reeks met 2-1 beklink. Glenn Maxwell se onoorwonne 62 het die Australiërs met 173 laat wen ondanks ‘n effense insinking teen die einde. Ondanks ‘n 50-tal deur Dewald Brevis kon Suid-Afrika nie hul totaal verdedig nie […]

Read More

Melber verlaat Swapo oor NNN se Hawala-besluit  - August 17, 2025

Die internasionaal gerekende politieke ontleder, dr. Henning Melber, het ná meer as 50 jaar as lid van Swapo bedank. Melber het Saterdag in ‘n brief aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê haar erkenning van Solomon Hawala as nasionale held ná sy dood vroeër die week, was die laaste strooi. Hawala, ook bekend as die Slagter van […]

Read More

E-taxi’s in SA vra strenger beheer - August 17, 2025

Die nasionale federasie vir e-taxis doen ‘n beroep op die regering en die departement van vervoer om alle nie-voldoenende en kriminele elemente in die openbare vervoersektor uit te roei. Daar is ‘n voortdurende stryd tussen die taxi- en e-taxi-bedryf. Woensdag is ‘n e-taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto doodgeskiet toe twee e-taxis aan die brand […]

Read More

Zelensky op pad na Withuis  - August 17, 2025

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy het ingestem om Maandag met die Amerikaanse president Donald Trump in Washington te vergader. Dit volg op Trump se ontmoeting met die Russiese president Vladimir Putin in Alaska Vrydag. Beide leiers sê die vergadering was produktief en daar is vordering gemaak, maar geen ooreenkoms is bereik vir ‘n […]

Read More

Rugby: Wallabies rol Springbokke  - August 17, 2025

Die Wallabies het ‘n tweede helfte-vertoning gelewer wat regoor die rugbywêreld weergalm het toe hulle ‘n 62 jaar lange droogte in Johannesburg gebreek het. Die Australiërs het die Springbokke in ‘n opwindende kragmeting met 38-22 geklop in die eerste Rugbykampioenskap-toets op Ellispark. Terwyl die Bokke met rustyd met 22-5 voorgeloop het, het die vasberade Wallabies […]

Read More

Groenskema moet beter bestuur word - August 17, 2025

Die bestuurstyl van Namibië se groenskema verhoed dat die projekte hul volle potensiaal bereik, sê Tobie Aupindi, die voorsitter van die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne. Dié komitee het die afgelope week die projekte in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-streke besoek om die doeltreffendheid en volhoubaarheid daarvan te bepaal en die ontplooiing van nuwe […]

Read More

AU wil nuwe kaart vir Afrika hê  - August 17, 2025

Die Afrika Unie steun ‘n veldtog om regerings en internasionale organisasies se gebruik van die 16de-eeuse Mercator-wêreldkaart te staak en vra ‘n kaart wat Afrika se grootte meer akkuraat uitbeeld. Die oorspronklike kaart, wat vir skeepvaart geskep is, verdraai die groottes van vastelande en vergroot gebiede soos Noord-Amerika en Groenland, terwyl Afrika en Suid-Amerika ingekrimp […]

Read More