Israel begin Palestyne uit Gaza ontruim  - August 17, 2025

Israel gaan vandag begin met die gedwonge ontruiming van Palestyne uit konfliksones met die land wat voorberei om beheer van die Stad van Gaza oor te neem. Daar is sowat ‘n miljoen inwoners in die stad. Volgens die Israelse weermag sal die inwoners van tente en ander skuilingtoerusting voorsien word. Israel het gesê die mense […]

Read More

MMA: SA se ‘Stillknocks’ verloor teen Rus - August 17, 2025

Suid-Afrika se gemengde vegkunslegende, Dricus du Plessis, moes vanoggend in Chicago, Amerika sy UFC-middelgewig-wêreldkampioentitel aan die Rus Khamzat Chimaev afstaan. Chimaev het deurgaans die geveg oorheers en ‘Stillknocks’ bykans die heeltyd magteloos op die vloer neergepen. Die beoordelaars het die geveg eenparig in Chimaev se guns beslis. Dit was Du Plessis se derde verdediging van […]

Read More

Cholera-, malaria-uitbrekings verby - August 16, 2025

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao het die einde van die cholera-uitbreking in die Opuwo-distrik en malaria aangekondig. Sedert Desember is meer as 95 000 malariagevalle en 154 sterftes aangeteken, asook een cholera-sterfte. Luvindao het die publiek gewaarsku om waaksaam te bly en voorkomingspogings voort te sit aangesien die risiko voortduur.

Read More

Munisipaliteite moet watermafia vasvat  - August 16, 2025

Die minister van water en sanitasie in Suid-Afrika, Pemmy Majodina, sê munisipaliteite behoort noodwaterverspreiding met tenkwaens in te kontrakteer om die watermafia te beperk. Sy het op die Afrika-Unie Waterbeleggingsprogram in Kaapstad gevra dat diegene wat waterinfrastuktuur saboteer, van verraad aangekla moet word. Majodina waarsku dat sulke dade die watertoevoer na 63 mijoen mense in […]

Read More

Trump roep glo hokaai met vlugtelinge  - August 16, 2025

President Donald Trump se administrasie bespreek na bewering ‘n beperking op die toelating van ongeveer 40 000 vlugtelinge vir die komende jaar. Sowat 30 000 plekke sal aan wit Afrikaner-Suid-Afrikaners toegeken word. Trump hou vol dat Afrikaners onderhewig is aan rassediskriminasie en geweld. Die eerste groep van 59 Suid-Afrikaners het in Mei in Amerika aangekom, […]

Read More

Tennis: Alcaraz in halfeindstryd teen Zverev  - August 16, 2025

Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, het ‘n heerlike halfeindstryd teen die wêreld se nommer drie, Alexander Zverev van Duitsland, in die Cincinnati Ope opgestel. Die Spanjaard het Rusland se Andrey Rublev geklop, terwyl Zverev die Amerikaner Ben Shelton verslaan het. In die vroue-afdeling het Elena Rybakina van Kazakstan die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka […]

Read More

Nust plaas kankergenoom onder loep - August 16, 2025

Nust gaan in September geskiedenis maak deur Namibië se heel eerste kankergenomika-konferensie aan te bied, wat wêreldwye kundiges na Windhoek bring om te ondersoek hoe baanbrekende genetiese navorsing kankerdiagnose en behandeling regoor Afrika kan transformeer. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Lamech Mwapagha, programkoördineerder en medeprofessor vir mediese biochemie by die universiteit gepraat.

Read More

SA herdenk 13 jaar sedert Marikana  - August 16, 2025

Vandag is dit 13 jaar sedert die polisie in Marikana, Noordwes, 34 mynwerkers doodgeskiet het. Nog 10 mense, insluitend sekerheidswagte en polisiebeamptes, is voor die slagting dood in die ses weke lange onbeplande staking by die Lonmin-myn. Benewens die sterftes is ten minste nog 78 van die mynwerkers ernstig beseer en ongeveer 250 in hegtenis […]

Read More

Geen konsensus oor plastiekbesoedeling  - August 16, 2025

Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit word betreur dat, ten spyte van pogings om ‘n wettige internasionale bindende ooreenkoms oor plastiekbesoedeling aan te gaan, konsensus nie bereik is nie. Die afgelope twee weke het afgevaardigdes van 183 nasies aan die onderhandelinge in Genève, Switserland, deelgeneem. Die wêreld produseer jaarliks sowat 350 miljoen ton plastiekafval. Die […]

Read More

Sokker: Bafana Bafana, Niger speel gelykop  - August 16, 2025

Bafana Bafana het ‘n geleentheid misgeloop om na tweede plek in Groep C te vorder na ‘n doellose gelykopuitslag teen Niger in die Afrika-nasieskampioenskap in Kampala. Suid-Afrika het die balbesit beheer, maar kon nie die deurbreek vir ‘n doel nie. Intussen het Algerië Guinee van agter af tot ‘n 1-1 gelykopuitslag beperk. Algerië en Suid-Afrika […]

Read More