Trump-vriend skenk miljoene om soldate te help betaal - October 25, 2025

Die Trump-administrasie beplan om ‘n skenking van 130 miljoen Amerikaanse dollar van ‘n anonieme bondgenoot van president Donald Trump te kanaliseer na die betaling van militêre dienspligtiges tydens die regering se inperking. Die stap het onmiddellike vrae laat ontstaan ​​oor die skenker se identiteit en motiverings vir die betaling van die nege-syfer tjek aan die […]

Read More

Speed Classic Cape Town spog met ikoniese motors - October 25, 2025

Duisende motorren-geesdriftiges word verwag om vandag na die eerste Speed Classic Cape Town te stroom, wat die stad se geskiedkundige heuwelren-tradisie op Philip Kgosana-rylaan gaan laat herleef. Tafelberg is vandag die gasheer vir klassieke motor-wedrenne, met meer as 70 seldsame en ikoniese voertuie, insluitend ‘n 1930 Bentley 4.5L, wat teenwoordig gaan wees. Môre kom die moderne supermotors […]

Read More

Boorkontrakteurs moet nou lisensies hê - October 25, 2025

Boorkontrakteurs moet onder die Waterwet gelisensieer wees by die lynministerie. Die aanpassing is vanjaar in Augustus gepubliseer. Onder die aanpassing is daar kategorieë vir al die boorkontrakteurs sowel as in watter gebiede die kontrakteurs mag boor. As die publiek in die toekoms wil boorwerk laat doen moet hulle seker maak hulle gebruik gelisensieerde kontrakteurs. Kosmos […]

Read More

SA se parool-, borgtogstelsel bevorder misdaad - October 25, 2025

Die voormalige minister van polisie, Bheki Cele het Suid-Afrika se parool- en borgtogstelsel as ‘n probleem vir die samelewing beskryf. Cele het voor die parlement se ad hoc-komitee gesê dit dra by tot die stygende herhalingsmisdaadsyfers. Hy beklemtoon dat baie oortreders wat op parool vrygelaat word, terugkeer na misdaad, soms gemik op hul vorige slagoffers. […]

Read More

Venezuela sê Amerika verklaar nuwe oorlog - October 25, 2025

President Nicolás Maduro van Venezuela het die VSA beskuldig dat hulle ‘n nuwe oorlog verklaar, nadat hulle die wêreld se grootste oorlogskip na die Karibiese Eilande gestuur het. Die USS Gerald R Ford kan tot 90 vliegtuie dra, en die ontplooiing daarvan dui op ‘n reusetoename in Amerikaanse gevegskrag in die gebied. Die VSA het tien lugaanvalle […]

Read More

Tennis: Sinner deur na halfeindronde van Weense Ope - October 25, 2025

Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner, het Alexander Bublik van Kazakstan met 6-4, 6-4 getroef om die halfeindronde van die Weense Ope te haal. Sinner sal teen Alex de Minaur te staan kom, wat Matteo Berrettini verslaan het. In die ander halfeindronde wat vandag gespeel word, het die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland sy plek […]

Read More

Ngurare soek ‘politiek van menslikheid’ - October 25, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare sê alle politieke partye in Namibië moet die politiek van menslikheid bedryf om te verseker dat menstruasie nie meisies se skoolbywoning ontwrig nie. Ngurare het Vrydag die Nasionale Sanitêre Doekie-inisiatief op Keetmanshoop van stapel gestuur. Die regering het 500 000 Namibiese dollar bestee om 41 700 sanitêre doekies aan te koop, […]

Read More

SA verwyder van finansiële gryslys - October 25, 2025

Die president van die Finansiële Aksietaakmag, Elisa de Anda Madrazo, het aangekondig dat Suid-Afrika van die gryslys verwyder is. Die land is die eerste keer in November 2023 bygevoeg weens tekortkominge in sy standaarde vir die bekamping van geldwassery. De Anda Madrazo sê Suid-Afrika het al 22 tekortkominge wat twee en ‘n half jaar gelede […]

Read More

Dwelms al groter probleem in Duitsland - October 25, 2025

Owerhede in Duitsland waarsku daar is ‘n kommerwekkende toename in die gebruik van sterk dwelms en dit word al hoe meer toeganklik met al meer van die middels wat in Europa vervaardig word. Daar was ‘n “oplewing” in die gebruik van dwelms soos kokaïen, crack en sintetiese dwelms. Kokaïenhandelmisdrywe het met meer as 45 persent oor die […]

Read More

Rugby: Reinach draf dalk vanaand vir Stormers uit - October 25, 2025

Die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach kan sy buiging vir die Stormers maak in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Benetton in Treviso, Italië. Hy het voor die begin van die seisoen vanaf Montpellier by die Kaapse span aangesluit nadat hy voorheen vir die Haaie en Northampton Saints gepeel het. Reinach is op die bank saam met die […]

Read More