Rugby: Leë sitplekke op Elllispark verwag - August 16, 2025
Ellispark gaan na verwagting nie stampvol wees wanneer die Springbokke en die Wallabies mekaar vandag pak in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap nie. ‘n Paar duisend kaartjies was laat gister nog beskikbaar vir die stadion met 62 000 sitplekke, teen tussen 1 050- en 4 000 rand. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, […]
Strenger beheer oor kindersorg in Australië - August 16, 2025
Kindersorgwerkers wat in ‘n Australiese staat geskors word, sal nie meer die stelsel kan omseil deur na ‘n ander regsgebied te verhuis nie. Die voorgestelde “verban in een, verban in almal”-wetgewing beteken dat state en streke nou inligting sal deel as iemand se aansoek om met kinders te werk geweier word weens ‘n misdaadrekord of […]
SA regering moet ingryp met taxi-geweld - August 16, 2025
Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die regering vir dringende ingryping om die dodelike konflik tussen taxi en e-taxi bestuurders te beeïndig. Die gevegte het sedert April tot die verlies van 60 lewens gelei. Die party vra dat premier Panyaza Lesufi en die LUR van Vervoer, Kedibone Diale Tlabela saam met die nasionale […]
Namibië onthou Emed-lugramp - August 16, 2025
Dis vandag presies tien jaar gelede dat ‘n noodvlug van Emed Rescue 24 vanaf Windhoek na Kaapstad in ‘n tragedie geëindig het en die lewens van al vyf mense aan boord geëis het. Die pasiënt, ‘n familielid, ‘n paramedikus en twee loodse is dood toe die vliegtuig in Plattekloofberg vasgevlieg het terwyl dit gereed gemaak het om […]
Otji-onnie het TikTok op hol - August 16, 2025
‘n Onderwyseres van Otjiwarongo, Gelda Waterboer, maak opslae op TikTok met ‘n liedjie wat kinders bewusmaak van die belangrikheid om hulself teen seksuele uitbuiting te beskerm. Die video wys ‘n singende Waterboer in ‘n klaskamer wat saam met leerders wat luidkeels saamsing. Dit is reeds meer as 50 miljoen keer gekyk. Let wel: Nie vir […]
Glo g’n spanning tussen Ramaphosa, Mbeki - August 16, 2025
Die ANC het ontken dat daar spanning bestaan tussen president Cyril Ramaphosa en oudpresident Thabo Mbeki. Dit volg op die besluit van Mbeki en sy stigting om aan die tweedaagse nasionale konvensie te onttrek. Groepe soos die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu-stigting het ‘n lang lys kwessies gestel vir hul onttrekking, insluitend […]
‘Moenie nou inmeng nie,’ maan Putin - August 16, 2025
Die Russiese president Vladimir Putin sê die vergadering met sy Amerikaanse eweknie Donald Trump was deeglik en konstruktief. Die twee leiers het Vrydag in Alaska vergader, maar geen skietstilstandooreenkoms is bereik nie. Putin sê die belangrikste oorsake van die oorlog moet uitgeskakel word sodat die konflik in Oekraïne kan eindig. Hy het ook die Oekraïnse […]
MMA: ‘Stillknocks’ pak Rus môre - August 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse UFC-middelgewig-wêreldkampioen, Dricus du Plessis, gaan waarskynlik voor sy grootste uitdaging te staan kom in môre se geveg teen die Rus Khamzat Chimaev in Chicago, Amerika. Dit sal “Stillknocks” se derde verdediging van sy titel wees na sy oorwinnings oor die Nigeries-gebore Nieu-Seelander Israel Adesanya en die Amerikaner Sean Strickland. Die Suid-Afrikaner het 23 […]
Veertien brande teister Spanje - August 16, 2025
Spaanse brandbestryders veg verbete teen 14 groot brande waarin sewe mense dood is. Sterk wind en verswelgende hitte veroorsaak die brande. Owerhede waarsku teen ongunstige toestande terwyl ‘n gebied wat so groot is soos Londen reeds afgebrand het. Brande woed regoor Suid-Europa in een van die ergste somers vir veldbrande in 20 jaar. Spanje se […]
Zambië: Lungu se familie na Konstitusionele Hof in SA - August 16, 2025
Die familie van die oorlede voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, het hulle tot die Konstitusionele Hof gewend in ‘n dringende poging om teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer. Die hof het bevind dat die Zambiese regering geregtig is om Lungu se oorskot te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Lungu se weduwee, Esther, […]