Zambië: Lungu se familie na Konstitusionele Hof in SA - August 16, 2025
Die familie van die oorlede voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, het hulle tot die Konstitusionele Hof gewend in ‘n dringende poging om teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer. Die hof het bevind dat die Zambiese regering geregtig is om Lungu se oorskot te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Lungu se weduwee, Esther, […]
Dwelmhandel in Erongo wek kommer - August 16, 2025
Die polisie in Erongo het tot dusver vanjaar op dwelms van meer as drie miljoen Namibiese dollar beslag gelê. Die hoof van die misdaad-ondersoekafdeling, adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, sê die streek ondervind sedert 2011 ‘n toestroming in inwoners, wat die misdaadsyfer die hoogte laat inskiet het. Baie van dié mense is sonder ‘n inkomste gestrand en […]
Gholf: SA se Loubser voor in Vodacom-stryd - August 16, 2025
Die Suid-Afrikaner Herman Loubser lei die Vodacom Origins of Golf met een hou op vyf onder baansyfer na die eerste ronde by die Parys-gholflandgoed in die Vrystaat. Robson Chinhoi van Zimbabwe is kort op sy hakke en is een hou agter op vier onder 68. Daar is tans ‘n groep van tien spelers in die gesamentlike derde […]
Oekraïne: G’n ooreenkoms tussen Trump, Putin - August 16, 2025
President Donald Trump sê daar was vordering tydens sy vergadering met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, oor die oorlog in Oekraïne nie, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die leiers het Vrydag in Alaska vir meer as twee en ‘n half uur vergader. Trump sê hy is van plan om die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky […]
Net Ramaphosa moet VSA-diplomasie hanteer - August 16, 2025
Die parlementêre portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge het alle staatsdepartemente versoek om president Cyril Ramaphosa diplomatieke aangeleenthede met die VSA te laat lei. Die voorsitter Supra Mahumapelo het beklemtoon dat slegs gemagtigde amptenare ingewikkelde buitelandse betrekkinge moet bestuur, veral te midde van die 30-persent-tariefverhoging. Hy het ‘n beroep gedoen op spesiale gesant Mcebisi Jonas om handelsgesprekke […]
Namport steek stokkie voor Lüderitz-plan - August 16, 2025
Namport het ‘n pre-kwalifiserende tender vir ‘n nuwe olie- en gasverskaffingsbasis op Lüderitz gekanselleer dae ná dit bekend gestel is. Geen verduideliking hiervoor is verskaf nie, berig Reuters. Die skielike verwikkeling is ‘n terugslag vir die regering se pogings om die ontwikkeling van Lüderitz se hawe te bespoedig. Met ‘n rits ontdekkings van olie in […]
Curriebeker: Griekwas troef Haaie - August 16, 2025
Die Haaie het hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die Curriebeker-seisoen gely toe die Griekwas die Durbaniete met 26–17 in Kimberley geklop het. Die tuisspan het vier drieë teenoor die besoekers se twee gedruk en sodoende ‘n bonuspunt en hul derde oorwinning in die kompetisie verseker. Dissipline het die Haaie se ondergang beteken, met Nick Hatton, […]
Kitsvloede eis meer as 300 lewens in Himalajas-gebied - August 16, 2025
Swaar reën in dele van Pakistan, Indiese beheerde Kasjmir en Nepal het kitsvloede veroorsaak wat reeds die lewens van meer as 300 mense geëis het, terwyl hordes ander vermis word. Vrydag het ministens 203 mense in noordwestelike Pakistan binne 24 uur gesterf. Weerdienste in Pakistan waarsku teen nóg kitsvloede en oorstromings.
SA wil storting van Amerikaanse hoender, vark beperk - August 16, 2025
Die Forum for South Africa doen ‘n beroep op die regering om die storting van hoenders en varkvleisprodukte van Amerika na plaaslike markte te beeïndig. FOSA waarsku die invoere bedreig plaaslike boere, fabrieke en poste, en kan werkloosheid en armoede vererger. Tebogo Mashilompane van die Forum doen ‘n beroep op die owerhede om die storting […]
Sperdatum vir EU se ontbossingsregulasies kruip nader - August 16, 2025
Die Namibië Landbou-unie het ‘n beroep op boere gedoen om dringend kennis te neem van die Europese Unie se ontbossingsregulasies wat op 1 Januarie 2026 in werking tree. Dié regulasies sal Namibiese uitvoere van beesvleis, beesvelle en houtskool na die EU direk raak. Alle boere wat beeste produseer wat moontlik na die EU-mark toe gaan, beeste […]