Salmboerdery op rand van deurbraak - August 15, 2025

Namibië se opkomende salmboerderybedryf is gereed om ‘n deurbraak te maak en beloof om ekonomiese diversifikasie te bevorder, werk te skep, buitelandse beleggings te lok en nuwe uitvoerinkomste te genereer. Justine Shipanga-Gcilishe, senior beleggersdienstebeampte vir die Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, het by die regeringsinligtingsentrum gepraat tydens ‘n sessie oor Afrika suid van die Sahara se eerste […]

Read More

Burgers sal Nasionale Dialoog lei, sê Cyril - August 15, 2025

President Cyril Ramaphosa het bevestig dat ‘n reëlingskomitee bestaande uit burgers vandag gekies sal word om die Nasionale Dialoog te lei. Ramaphosa het by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê die dialoog sal teen die laagste moontlike koste aangebied word met koste-besparingsmaatreëls wat in werking gestel is. Hy het UNISA geloof dat hulle die […]

Read More

Oud-Zambiese leier se familie byt vas in stryd om liggaam - August 15, 2025

Die familie van die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n beslissing dat sy liggaam na Lusaka gerepatrieer moet word, is uitgestel. Dit kom na die familie in die Pretoria Hooggeregshof vir uitstel gevra het. Die familie se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, sê die partye het ingestem om die saak […]

Read More

Liverpool en Bournemouth skop Engelse Premierliga af - August 15, 2025

Sokker: Die huidige kampioen, Liverpool, begin die naweek die verdediging van sy Premierliga-titel op sy tuisveld, Anfield, teen Bournemouth. Liverpool span die middelveldspeler Florian Wirtz in, wat vir 2,3-miljard Namibiese dollar gekontrakteer is, en die nuwe doelskieter, Hugo Ekitike. Liverpool is die gunstelling om sy kroon te behou, maar die tragiese dood van die Portuguese […]

Read More

Swakop-munisipaliteit skenk 111 erwe aan DRC-inwoners - August 15, 2025

Die Swakopmund-munisipaliteit skenk 111 erwe aan lae-inkomsteverdieners in die DRC-gebied, na aanleiding van ‘n besluit in April. Hoof uitvoerende beampte, Alfeus Benjamin het gesê begunstigdes, wat deur ‘n driejaarlikse sensus geïdentifiseer is, sal slegs ‘n oordragfooi van 1 000 Namibiese dollar betaal. Hulle sal die eiendom volledig besit en kan óf hul eie huise bou […]

Read More

Ritmiese gimnas Ekandjo op pad na Wêreldkampioenskappe - August 15, 2025

Die Namibiese ritmiese gimnas Emilia Ekandjo vertrek Sondag na Rio de Janeiro om aan die Wêreldkampioenskappe deel te neem. Die kompetisie word van volgende Woensdag tot Sondag by die Barra Olimpiese Park gehou. Ekandjo, van die Windhoek Rhythmic Club, is die eerste Namibiër om aan die kampioenskappe deel te neem sedert Nicole Bierbach in 2014. […]

Read More

NNN gee nie om oor Lubango-gruwels, sê oorlewende - August 15, 2025

Oorlewendes en familielede van diegene wat in Swapo se Lubango-kerkers in Angola verdwyn het, spreek hulle uit teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om nasionale heldestatus en ‘n staatsbegrafnis aan voormalige leërhoof Solomon ‘Jesus’ Hawala te verleen. Dr. Leefa Martin, ‘n oorlewende van die kerkers, en ‘n lid van Conquerors – Survivors of Lubango Dungeons […]

Read More

Angola skrap Namcor-kontrak, ‘nie oor Mulunga-saak’ - August 15, 2025

Namcor verwerp bewerings dat die korrupsie-skandaal waarby sy voormalige leierskap betrek word, ‘n rol gespeel het in die Angolese regering se besluit om ‘n omstrede kontrak met die maatskappy te kanselleer. Die Angolese regering het onlangs ‘n ooreenkoms nietig verklaar wat Namcor sou toelaat om beduidende aandele in drie eksplorasie-blokke in sy komme te verkry. […]

Read More

Austin Elindi se Erongo Petroleum finaal gelikwideer - August 15, 2025

Erongo Petroleum CC, wat deur Austin Elindi besit word, is finaal gelikwideer na ‘n aansoek van Namcor oor brandstofskuld van meer as 380 miljoen Namibiese dollar. Regter Shafimana Ueitele het die finale likwidasiebevel in die Windhoek hoërhof uitgereik. Die maatskappy se bates sal verkoop word om sy skuld te vereffen en sy bedrywighede stopgesit word. […]

Read More

Kankermedisyne kan dalk in die ruimte vervaardig word - August 15, 2025

‘n Biotegnologie-onderneming in Londen, BioOrbit, ondersoek die moontlikheid om kankerbestrydende medisyne in die ruimte te laat vervaardig waar swaartekrag nie sal inmeng met die proses om die medisyne in behoorlike kristalle te omskep nie. Pasiënte kan dit dan self inspuit en sal nie hoef hospitaal toe te gaan en ure lank te wag vir die […]

Read More