Olie- en gaswette moet vinnig klaarkom, sê kenner - August 15, 2025

By die derde Olie- en Gaskonferensie in Windhoek het energiekenner Shakwa Nyambe Namibië aangespoor om olie- en gaswette in lyn te bring met globale standaarde en dit vinnig in werking te stel. Hy het vir ‘n kommunikasiestrategie gevra om die publiek te help om onlangse ontdekkings te verstaan. Hy het ook verwys na Namibië se […]

Read More

VSA-menseregteverslag ‘moet wekroep wees vir RNE’ - August 15, 2025

Die FW de Klerk-stigting sê Amerika se verslag oor menseregte in Suid-Afrika moet ‘n wekroep wees vir die regering van nasionale eenheid en die ANC. ʼn Groot deel van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag handel oor die bekragtiging van die Onteieningswet, wat daarop dui dat die menseregte-situasie in die land verswak het. […]

Read More

Israel moet ophou nedersettings aan Wesoewer bou: Duitsland - August 15, 2025

Duitsland vra die Israelse regering om die bou van nedersettings aan die Wesoewer te staak. Die volg nadat Israel se ver-regse minister van Finansies, Bezalel Smotrich, aangekondig het dat bouwerk binnekort sal begin aan duisende huise wat die Palestynse gebied sal verdeel. Duitsland se Ministerie van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring die Israelse regering […]

Read More

Scott Barret terug vir All Blacks teen Pumas - August 15, 2025

Rugby: Scott Barrett is terug na ‘n besering om Nieu-Seeland môre aan te voer in die Rugbykampioenskapswedstryd teen Argentinië in Córdoba. Hy sal saam met Fabian Holland op slot begin in een van nege veranderings aan die span wat verlede maand se reeks teen Frankryk in Hamilton afgesluit het. Tupou Vaa’i keer ook terug nadat […]

Read More

Vlieënier nog soek na ramp by Durban-lugvertoning - August 15, 2025

Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die soektog gaan voort na die vlieënier wat vermis word na gister se vliegongeluk in Durban. Die ligte vliegtuig was deel van ‘n lugvertoning by Noord-strand naby die Suncoast Casino toe dit in die see gestort het. Die 61-jarige vlieënier van Johannesburg was volgens berigte alleen in die vliegtuig. Die NSRI […]

Read More

Witvlei se rondloper olifant glo in die visier - August 15, 2025

Meer inligting kom in oor die olifant wat skade aan plase in die Witvlei-gebied veroorsaak. Klawerberg Game Range het Donderdagaand groot skade aan hul dubbele wildheining opgedoen toe die olifant deur die eiendom beweeg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Willie Pienaar van Klawerberg gesels vir meer besonderhede. Hy sê ‘n permit is blykbaar uitgereik.

Read More

Bangkok wêreld se beste stad vir Gen Z in 2025 - August 15, 2025

Bangkok is aangewys as die wêreld se beste stad vir Gen Z in 2025. Dit is volgens ʼn peiling deur Time Out wat mense jonger as 30 betrek het. Van die deelnemers het 84-persent gesê hulle is gelukkig om in Bangkok te bly terwyl 71-persent sê die Thaise hoofstad is begrotings-vriendelik. Melbourne is tweede en […]

Read More

Wessels beseer, Boan Venter nou op bank vir Bokke - August 15, 2025

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus moes op die nippertjie ʼn verandering aanbring aan sy span wat Australië môre in hul eerste Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark pak. Jan-Hendrik Wessels moes onttrek nadat hy Woensdag tydens oefening ʼn ligte besering opgedoen het, en die stut Boan Venter sal vir hom instaan. Venter, Bongi Mbonambi en Asenathi Ntlabakanye is die […]

Read More

Wet op databeskerming sal na 12 jaar weer ter tafel gelê word - August 15, 2025

Sowat 12 jaar nadat die eerste werk aan die konsepwet op data­beskerming begin het, sal dit na verwagting volgende maand wéér in die parlement ter tafel gelê word. Lynminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak. Frederico Links, ‘n navorser by die ­Instituut vir Openbare Beleids­navorsing het sy hoop uitgespreek dat die kwessies wat twee jaar gelede […]

Read More

Gauteng se minibus- en e-taxi’s moet geskille oplos - August 15, 2025

Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, waarsku die minibustaxi- en e-taxi-verenigings wat by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto, bedrywig is, om hul geskille op te los deur platforms te gebruik wat die departement voorsien. Dit volg na ʼn skietvoorval Woensdagaand by die winkelsentrum toe ʼn e-taxibestuurder vermoor en twee voertuie aan die […]

Read More