Bibi laat herleef oproepe dat Palestyne Gaza verlaat - August 15, 2025
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het die week oproepe herleef om Palestyne “toe te laat” om die Gazastrook te verlaat, terwyl die weermag ‘n breër offensief in die gebied voorberei. Vorige oproepe om Palestyne buite die oorloggeteisterde gebied te hervestig, insluitend van die Amerikaanse president Donald Trump, het kommer onder Palestyne en veroordeling van […]
Russiese afvaardiging in Noord-Korea terwyl Trump en Putin sal vergader - August 15, 2025
‘n Russiese afvaardiging het in Noord-Korea aangekom kort nadat die lande se leiers beloof het om samewerking te versterk. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het Dinsdag telefonies gepraat voor Putin se ontmoeting met Donald Trump op ‘n beraad in Alaska, waar die Amerikaanse president gaan probeer om ‘n […]
Kus spreek dwelmmisbruik aan - August 15, 2025
Die Coastal Drug Awareness Campaign, Codac, het saam met die Walvisbaai-korrektiewe fasiliteit ‘n uitreik by Kuisebmond Sekondêre Skool gehou met die tema “Keuses, gevolge en verandering”. Dit was om leerders te inspireer om ingeligte besluite te neem en die realiteite van dwelmmisbruik te konfronteer. Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, wetstoepassingsleiers en gevangene Justin Fredricks […]
Nuwe dwelm, aborsiepil, sluit aan by beslagleggings - August 15, 2025
Die Namibiese polisie het in Julie net meer as 6 miljoen Namibiese dollar se dwelms gekonfiskeer. Die groter meerderheid was dagga ter waarde van 5,97 miljoen dollar. ‘n Nuwe dwelm het die lys gehaal, Cytotec, wat gebruik word vir tuis-aborsies en 55 pille ter waarde van 11 000 dollar is gevind. Die polisie het ook […]
Begroting: Ordentlike behuising vir onderwys, gesondheid in landelike gebiede - August 15, 2025
Sakeman Leake Hangala het die belangrikheid van landelike diensverskaffing beklemtoon tydens die middeltermyn-begrotingshersieningsbesprekings tussen streekgoewerneurs en Finansminister Erica Shafudah. Shafudah se streekbesoek sluit ‘n besoek aan die Zambezi-streek op die 25ste van hierdie maand in, gevolg deur die Kavango-Oos-streek op die 28ste en die Kavango-Wes-streek op die 29ste. Hangala was in gesprek met Kosmos 94.1 […]
Mosiehof: 25 aansoeke deur banke, eis is N$62m - August 15, 2025
Daar was 81 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof met vier op die reël 108-rol. Regter Hannelie Prinsloo en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer. Banke het 25 van die aansoeke gebrig. Tien eiendomme met ‘n reuse-skuldlas van amper 53 miljoen Namibiese dollar word teruggeëis. Die rede vir die hoë syfer is een eiendom met […]
GRN spreek hom uit oor Gaza - August 15, 2025
Namibië het Israel se plan om beheer oor Gaza-stad oor te neem veroordeel en waarsku dat dit die humanitêre krisis wat deur honger en ontbering gekenmerk word, sal vererger. Namibië het nasies aangespoor om op te tree teen “‘n humanitêre ramp van monumentale afmetings”. Die land het sy steun vir vreedsame oplossings en die regte […]
LPM verwelkom pogings vir jeugbemagtiging - August 15, 2025
Die Landless People’s Movement het onlangse regeringspogings om die jeugagenda te bevorder verwelkom. Met die ondersteuning van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, die Active Youth Organization en die One Economy Foundation, pak jeuggeleide projekte in die Hardap- en Karasstreke werkloosheid, onderwyshindernisse en hulpbrontekorte aan. LPM-jeugleier Duminga Ndala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Saftu verwerp ook Nasionale Dialoog - August 15, 2025
Die vakbondfederasie Saftu sê hy gaan nie deelneem aan die nasionale dialoog wat vandag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane begin nie. Saftu sê die proses word beheer deur die regering, is nie deursigtig nie, en ignoreer die stemme van die werkers en die gemeenskappe. Asive Dyani van Saftu sê hy wil ‘n openlike […]
Lugvaart-simposium in Hongkong, vir netto-nul teen 2050 - August 15, 2025
Die Internasionale Lugvervoervereniging het bevestig dat hy sy derde Wêreldvolhoubaarheidsimposium hierdie Oktober in Hongkong gaan aanbied en daarop sal fokus om teen 2050 netto-nul koolstofuitstralings in lugvaart te bereik. Die geleentheid sal wêreldleiers in finansies, energie, beleid en lugvaart verenig om uitdagings aan te pak, insluitend volhoubare brandstofproduksie, om die oorgang na 82 triljoen Namibiese […]