Landbou in SA vertoon beter oor 20 jaar as ander sektore - August 15, 2025

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se Basiese Landbouvooruitsigte vir 2025 tot 2034 wys dat Suid-Afrika se landbousektor oor die laaste twee dekades beter vertoon het as die land se breër ekonomie. Volgens die buro se direkteur, Tracy Davids, word dit hoofsaaklik aangedryf deur hoë-waarde, uitvoergedrewe kommoditeite. Davids sê stagnerende binnelandse inkomste maak uitvoere krities […]

Read More

Kalifornië se Newsom maak eie plan teen Texas-hertekening - August 15, 2025

Kalifornië se goewerneur Gavin Newsom het ‘n verkiesing vir die hertekening van die deelstaat se distrikte vir 4 November vanjaar neergelê. Dit kom na Texas sy grense wil aanpas om vyf ekstra Republikeine Washington toe te stuur. Newsom se poging, indien die oorweldigende Demokratiese deelstaat daarvoor stem, sal op sy beurt vyf ekstra Demokrate Washington […]

Read More

Sinner dring deur na halfeindronde in Cincinnati - August 15, 2025

Die verdedigende kampioen Jannik Sinner het die halfeindronde van die Cincinnati Ope ingeseil met ‘n oorwinning oor Felix Auger-Aliassime van Kanada. Die Italianer sal nou teen die Franse kwalifiseerder Terence Atmane te staan kom wat die Deen Holger Rune verslaan het, om sy eerste ATP Meesters 1000 halfeindronde te bereik. In die vrouetrekking het die […]

Read More

Sankwasa bevraagteken salarisse in SOE’s - August 15, 2025

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die sala­risse van uitvoerende hoofde van SOE’s in Namibië gekritiseer omdat sommige meer verdien as die president. Die voormalige finansiële hoof van Namcor, ­Jennifer ­Hamukwaya, se salaris het na vyf jaar, teen April 2023, tot 180 000 Namibiese dollar gestyg. In 2023 het media berig dat Namcor […]

Read More

Staak die lewende skeepsvervoer van diere in SA - August 15, 2025

Diere-welsynsorganisasies, insluitend Humane World for Animals South Africa en Stop Live Export SA, vra die publiek om nuwe regeringsregulasies teen te staan wat die uitvoer van lewendige diere vir slagdoeleindes toelaat. Hulle waarsku dat die gebruik geweldige lyding veroorsaak en meestal groot kommersiële boere bevoordeel eerder as kleinskaalse produsente. Michelle Taberer van Stop Live Export […]

Read More

Nigeriese weermag verdedig sy aanvalle, ook op burgerlikes - August 15, 2025

Nigerië se verdedigingshoof het operasies teen opstandelinge en kriminele bendes wat burgerlike ongevalle veroorsaak, verdedig en sê dat die weermag doen wat hy kan om lewensverlies te voorkom. Nigerië se weermag gebruik toenemend lugaanvalle teen die groeiende bedreiging van milisies in die noordelike en sentrale streke. Hy erken dat hy per abuis burgerlikes geteiken het terwyl […]

Read More

Trump gee toe dat Putin hele Oekraïne wil hê - August 15, 2025

Amerika se president Donald Trump het tydens ‘n perskonferensie in die Withuis voor sy ontmoeting met Russiese president Vladimir Putin vandag in Alaska toegegee dat Putin daarin belangstel om volle beheer oor Oekraïne te neem. Hy het egter aangedring dat dit nie sal gebeur terwyl hy president is nie. Hy het gesê daar moet gou […]

Read More

Oudpresident Nangolo Mbumba herdenk 84ste verjaardag - August 15, 2025

Voormalige president Nangolo Mbumba is vandag 84. Hy het in 2024 Namibië se vierde president geword, na die dood van Hage Geingob, nadat hy van 2018 tot 2024 as tweede visepresident gedien het. Swapo-veteraan Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en wens sy ou vriend geluk.

Read More

Skrikwekkende syfers oor Namibiërs se deelname aan arbeid - August 15, 2025

Tussen 2018 en 2023 het Namibië se werkende ouderdom bevolking met 344 000 individue tot 1,88 miljoen gegroei en die totale beskikbare arbeidsmag het met 11 persent gegroei. Oor die periode sê Cirrus in ‘n ontleding, het die deelname aan arbeid van 71 persent na 65 persent gedaal tot 179 000. Die hoeveelheid werkloses het […]

Read More

‘Beste nuus vir hoë olieprys is lae olieprys’ - August 15, 2025

Reaksie word ontvang op berigte dat wêreldwye oliepryse na verwagting aansienlik sal daal, volgens die Energie-inligtingsadministrasie. Daar word verwag Brent-ruolie sal van 71 Amerikaanse dollar per vat in Julie tot 58 dollar in die vierde kwartaal vanjaar en 50 dollar teen vroeg in 2026 daal. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gepraat […]

Read More