Onderhoud van renosters uiters duur, verkoop horings - August 15, 2025

Reaksie word ontvang op berigte oor die stygende sekuriteitskoste wat baie private renostereienaars dwing om van die diere afstand te doen, wat dringende kommer wek oor die toekoms van een van Namibië se mees ikoniese spesies. Een van die opsies is die wettige verkoop van die dier se horing wat kan voldoen aan die vraag […]

Read More

BoN sal reserwes in goud hou - August 15, 2025

Die Bank van Namibië sal goud van plaaslike produsente Navachab en B2Gold verkry as deel van sy strategie om die land se buitelandse valutareserwes te diversifiseer. Goewerneur Johannes !Gawaxab sê die bank se doelwit is om goud gelykstaande aan ongeveer 3 persent van die netto buitelandse valutareserwes te hou, in lyn met globale sentrale bankpraktyke. […]

Read More

Hawala heldestatus deur president toegeken - August 15, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die eer van nasionale heldestatus postuum aan die voormalige weermaghoof wyle luitenant-generaal Salomon Hawala toegeken. Sy het hom ook met ‘n staatsbegrafnis vereer, wat op 6 September op Ongwediva in die Oshana-streek sal plaasvind. Die presidensie sê in ‘n verklaring Nandi-Ndaitwah gee erkenning aan Hawala vir sy uitsonderlike militêre diens, standvastige […]

Read More

Lamola sal weermaghoof ontmoet oor Iran kommentaar - August 15, 2025

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê minister Ronald Lamola sal die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, ontmoet om sy opmerkings in Iran te verduidelik. Maphwanya en die bevelvoerder van die Iranse Weermag, general-majoor Amir Hatami, het tydens ‘n vergadering in Teheran blykbaar hul lande se gemeenskaplike doel goedgepraat om […]

Read More

Oekraïnse bevolking het groot kommer oor Putin-Trump vergadering - August 15, 2025

Die ontmoeting vandag tussen presidente Vladimir Putin en Donald Trump oor die oorlog in Oekraïne en ‘n moontlike skietstilstand oorheers die internasionale nuustoneel. Politieke kommentators verwag dat ‘n gebied-uitruiling tussen Rusland en Oekraïne bespreek sal word, wat dalk gevegte kan beëindig. CBS News het die Oekraïnse parlementslid Inna Sovsun gevra of die bevolking dink so […]

Read More

WP-legende Dawie Snyman sterf op 76 - August 15, 2025

Die voormalige Springbok-speler en afrigter van Westelike Provinsie, Dawie Snyman, is in die ouderdom van 76 jaar dood. News24 berig Snyman, wat tussen 1972 en ’77 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel het, is verlede maand met leukemie gediagnoseer. Hy word onthou vir die reeksoorwinning oor die All Blacks in 1976 en vyf agtereenvolgende Curriebeker-titels vir […]

Read More

Kabinet onderskryf 2-jaarlikse beleggingskonferensie - August 14, 2025

Die kabinet het die besluite wat tydens die derde vergadering van die Statebondshandelsministers in Junie in Windhoek geneem is, onderskryf. Onder die besluite is dat Namibië ‘n tweejaarlikse beleggingskonferensie sal aanbied, onder leiding van die handelministerie. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging by ‘n kabinet-inligtingsessie gemaak.

Read More

Vliegtuig val in see tydens Durbanse lugskou - August 14, 2025

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het bevestig dat ‘n vliegtuig vandag naby die Suncoast Casino neergestort het tydens ‘n lugvertoning op Durban se Noordstrand. Die ZS-AEC Extra 300-vliegtuig het aan die einde van sy vertoning in die see geval en in stukke opgebreek. Nooddienste en wetstoepassing het dadelik reageer. Die owerheid sê ondersoeke duur voort om die […]

Read More

Minstens 37 dood, 200 vermis in vloed na wolkbreuk - August 14, 2025

Minstens 37 mense is dood en meer as 200 word vermis na ‘n skielike wolkbreuk in die Indiese Kashmir. Dis die tweede so ‘n ramp in die Himalajas in net oor ‘n week. Die vloed het die dorp Chashoti getref, ‘n besige stop op ‘n pelgrimsroete. ‘n Groot aantal pelgrims het aangesit vir middagete in […]

Read More

McIlroy sê nee vir Ryderbeker-kapteinskap - August 14, 2025

Gholf: Die heersende Meesters-kampioen, Rory McIlroy, glo dis nie volhoubaar om die spelende kaptein van die Ryderbekerspan te wees nie, want daar is baie werk aan die posisie verbonde. Die 36-jarige Noord-Ierse speler sal in September in Bethpage aan sy agste Ryderbeker-kompetisie deelneem waar Europa gaan probeer om die titel die eerste keer sedert 2012 […]

Read More