Onbeheerde bosbrande ‘n groot uitdaging - August 14, 2025
Tydens ‘n inligtingsessie oor veldbrandbestuur het bosboudirekteur Johnson Ndokosho onbeheerde bosbrande in die winterseisoen as die grootste uitdaging uitgelig en waarsku dat hulle ernstige skade aan ekostelsels kan veroorsaak. Hy het die behoefte aan sterker voorkomingsmaatreëls, gemeenskapsbewustheid en gekoördineerde reaksiestrategieë beklemtoon om die risiko’s van hierdie toenemend gereelde winterbrande te verminder.
Nasionale duathlonkampioenskap gaan koring van kaf skei - August 14, 2025
Die Namibiese Triathlonfederasie bied die naweek sy nasionale duathlonkampioenskap in die suidelike buitewyke van Windhoek aan. Atlete sal in verskillende ouderdomsklasse meeding in die kategorieë Super Sprint, Sprint en standaard duathlon. Atlete van 12 tot 13 jaar en 14 tot 15 jaar kompeteer in die Super Sprint, wat bestaan uit 2,5km kilometer hardloop, 10km fietsry […]
Hawala-kwessie moet reg hanteer word: ontleder - August 14, 2025
Die bekende politieke ontleder professor Andre Duvenhage het sy stem bygevoeg tot die afsterwe van die voormalige weermaghoof luitenant-generaal Solomon Hawala. Hawala was ook aan die stuur van sake by Swapo se Lubango-kerkers wat uiters omstrede in die land is, veral met die regerende party wat doodstil is daaroor. Duvenhage gesels oor of Namibië ook […]
Dís hoekom regering 51%-belang in myne moet eis: NUM - August 14, 2025
Lede van die publiek voer aan dat die regering beter salarisse vir mynwerkers moet beding in plaas van om ‘n 51 persent belang in nuwe myne te eis, aangesien dit Namibiërs direk meer sal bevoordeel. Die IPC waarsku dat die regering se plan beleggers kan afskrik, terwyl die Mynwerkersunie van Namibië dit ondersteun. Kosmos 94.1 […]
Nog ‘n mylpaal wag op NNN in Madagaskar - August 14, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan Sondag die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Raad van Ministers-beraad in Madagaskar vir die eerste keer toespreek. Sy sal Saterdag saam met senior regeringsbeamptes na Antananarivo vertrek en Maandag terugkeer. Volgens die presidensie sal sy in haar toespraak Namibië se toewyding aan die ideale van streeksintegrasie, industrialisasie, vrede en volhoubare en inklusiewe ontwikkeling […]
Niks goeds sal van Trump-Putin beraad kom, sê oud-Marinier - August 14, 2025
Paul Whelan, die voormalige Amerikaanse Marinier wat op 28 Desember 2018 in Rusland in hegtenis geneem is en 16 jaar tronkstraf ontvang het op klagte van spioenasie, het met Amerikaanse media gepraat oor môre se vergadering tussen presidente Donald Trump en Vladimir Putin. Whelan is uiteindelik op 1 Augustus 2024 vrygelaat in ‘n gevangenesuitruil. Hy […]
RedForce doen land niks goed nie, sê Sankwasa - August 14, 2025
In ‘n onderhoud met Namibian Sun se Evening Review het die stedelike ontwikkelingsminister, James Sankwasa, gesê dat sy opdrag aan plaaslike owerhede om nie kontrakte met RedForce te hernu nie, nie verband hou met ‘n vorige dispuut in Katima Mulilo nie. Hy bevraagteken waarom RedForce die enigste skuldinvorderingsmaatskappy is, en sê dat uitstaande rekeninge verder styg […]
Solidariteit gaan oor menseregte met VSA gesels - August 14, 2025
Die vakbond Solidariteit verwag om in die volgende maand na Washington DC te reis om met Amerikaanse regeringsamptenare te vergader na bekommernisse oor menseregte in Suid-Afrika wat verswak. Die besoek volg nadat ‘n verslag van die Amerikaanse buitelandse sake-departement bedreigings uitgewys het oor minderheidsgroepe, rasgebasseerde wette, insluitende aanhitsing deur die ‘Kill the Boer’-kreet deur EFF-lede. […]
Brittanje se ekonomie groei bo verwagting - August 14, 2025
Brittanje se ekonomie het bo verwagting presteer in die tweede kwartaal, nadat dit die uitwerking van Amerikaanse tariewe en ‘n hoër sakebelasting moes absorbeer. Die bruto binnelandse produk het met 0,3-persent gegroei in die tydperk van April tot Junie, wat ontleders se voorspellings van 0,1-persent oortref het, nadat dit 0,7-persent in die eerste kwartaal bereik […]
Verdedigende kampioene vorder in Cincinnati-ope - August 14, 2025
Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, het deurgedring na die kwarteindronde van die Cincinnati-ope toe hy die Franse kwalifiseerder Adrian Mannarino verslaan het. Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, het die Italianer Luca Nardi verslaan en die Franse kwalifiseerder Terence Atmane het die Amerikaner Taylor Fritz geskok. In die vroue-afdeling het die verdedigende […]