Kommissie sit indiensnemingsverhore uiteen - August 14, 2025
Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming is tans besig met die tweede dag van sy openbare verhoor met 13 werkgewers, insluitend Salt Company, Precise Fuel Services, die ministerie van hoër onderwys, Shilongo Leather, die N/a’an Ku sê-stigting, Inter Africa Security Services en Asco Car Hire. Hulle is ontbied vir nie-nakoming van die Wet op Regstellende Aksie. […]
Hof kelder TotalEnergies se Weskus-planne - August 14, 2025
Green Connection verwelkom die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit om die regering se goedkeuring van TotalEnergies se aflandige ontginningsplanne om te keer. Die toestemming is in 2023 toegestaan in ʼn gebied tussen Kaapstad en Kaap Agulhas. Die hof het bevind die omgewings-ondersoek was vol ernstige gebreke en gee nie aandag aan belangrike risiko’s, regsvereistes en openbare […]
Sylvester Stallone, KISS deur Kennedy-sentrum vereer - August 14, 2025
President Donald Trump van Amerika het bekendgemaak dat die Hollywood-ikoon Sylvester Stallone, die rock-groep KISS en die country-sanger en liedjieskrywer George Strait onder dié is wat vanjaar deur die Kennedy-sentrum vereer word. Ander bekendes sluit in die Britse akteur en komediant Michael Crawford en die plaaslike sangeres Gloria Gaynor. Trump verbreek tradisie deur later vanjaar […]
Beserings dwing Aussies om span te verander teen Proteas - August 14, 2025
Krieket: Die Australiese kolwers Matt Short en Mitch Owen en die veelsydige Lance Morris sal nie in die komende tuisreeks van drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika speel nie. Short en Morris is beseer en Owen het vertraagde harsingskuddingsimptome nadat Kagiso Rabada hom Dinsdag in die tweede T20 teen sy kopskerm raakgeboul het. Die drie word vervang […]
Rondloper olifant saai amok in die Nina-omgewing - August 14, 2025
‘n Enkele rondloper olifant net oos van die hoofstad in die omgewing van Nina, het boere in rep en roer. Die dier het reeds deur verskeie plase beweeg. Verskeie waarmee Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, maak melding van skade en daar is berigte dat die olifant afkomstig is van Okambara Elephant Lodge in die gebied. […]
Petrofund en FirstRand lei Namibiërs op vir olie en gas - August 14, 2025
Petrofund en FirstRand Namibia het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om plaaslike deelname in die petroleumsektor te bevorder deur vaardigheidsontwikkeling, verskaffersbemagtiging en kapasiteitsbou. Die vennootskap, wat deur ‘n medeborgskap van 1 miljoen Namibiese dollar oor twee jaar ondersteun word, is daarop gemik om Namibiërs toe te rus om leiding te neem in die olie en […]
ActionSA stuur twee senior LP’s om Nasionale Dialoog waar te neem - August 14, 2025
ActionSA sê in die lig van toenemende kommer oor die Nasionale Dialoog, sal hy nie die naweek ʼn amptelike afvaardiging van sy nasionale leierskap na die nasionale konvensie stuur nie. Die party sal egter twee senior parlementslede as waarnemers stuur om die konvensie te monitor en toesig te hou. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê […]
Rusland beperk oproepe op Telegram, WhatsApp - August 14, 2025
Rusland het beperkings aangekondig op oproepe op die WhatsApp- en Telegram-toepassings. ‘n Regeringswaghond sê die toepassings het die belangrikste stemdienste vir bedrog en afpersing geword, en ook om Russiese burgers by verdelende en terrorisme te betrek. Russiese sekerheidsdienste het al meermale beweer dat Oekraïne Telegram gebruik om mense te werf of om sabotasie teen Rusland […]
Kieserregistrasie uiters traag - August 14, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië sê die aanvullende registrasie van kiesers vir die plaaslike owerheidsverkiesings in November is traag maar vorder. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, sê die registrasie sluit op 19 Augustus. Kieserapatie, veral met die verkiesing, is ‘n groot uitdaging, al is dit die belangrikste stem wat uitgebring kan word.
Reho Meat Processors kry EU-sertifisering - August 14, 2025
Reho Meat Processors het sy uitvoersertifisering na die Europese mark verkry. Agriforum berig die proses van kwalifisering vir EU-uitvoer het sowat sewe maande geduur en verskeie oudits ingesluit. Die abattoir, is nou naas Meatco en Beefcor die derde goedgekeurde beesvleis-uitvoerabattoir in die land en ook die enigste wat beeste, skape en wild kan verslag. Die […]