CoW-afvalstakers ‘sal moet wag’ - October 25, 2025
Werknemers van die Stad Windhoek se vaste-afvalbestuursafdeling sal moet wag voordat hul bekommernisse aangespreek word, het woordvoerder Harold Akwenye aan Kosmos 94.1 Nuus gesê. Hy sê onderhandelinge kan eers begin sodra die hof uitspraak lewer oor die werkers se eis vir permanente indiensneming. Ongeveer 400 werknemers staak sedert 9 Oktober, terwyl sowat 100 aanhou werk. […]
SA deporteer 51 000 onwettige migrante - October 25, 2025
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika is besig met die verskerping van die deportasies van ongedokumenteerde migrante namate die werkkrisis vererger. Die minister het in ‘n onderhoud met Bloomberg bevestig dat 51 000 mense die afgelope jaar gedeporteer is, meer as Frankryk en Duitsland saam. Schreiber het aangevoer dat ongedokumenteerde migrante met Suid-Afrikaners meeding […]
‘Louvre-leer’ maak opslae op Instagram - October 25, 2025
Die vervaardigers van die meganiese leer wat in die diefstal in die Louvre-museum gebruik is, het ‘n ironiese advertensie gemaak om hulle skielike roem te benut. Die dag nadat diewe met van Frankryk se kroonjuwele weggekom het, het die firma ‘n foto geplaas van die meganiese leer binne ‘n polisie-kordon met die slagspreuk “wanneer jy […]
Sokker: Liverpool nie bekommerd oor doellose Salahs - October 25, 2025
Liverpool se afrigter, Arne Slot is geensins bekommerd oor Mohamed Salahs se gebrek aan doele nie nadat hy in ses wedstryde nie ‘n enkele een kon aanteken nie. Die Egiptiese internasionale speler het sedert die openingsnaweek van die seisoen nog nie ‘n Premierliga-doel uit oop spel aangeteken nie. Hy is Woensdag uit die beginspan gelaat […]
Angula, Shololo pleit onskuldig op Namdia-klagte - October 25, 2025
Joel Angula en Sam Shololo, twee van die beskuldigdes in verband met die noodlottige Namdia-rooftog op 18 Januarie, het Vrydag in die landdroshof in Windhoek beide onskuldig gepleit op vyf klagte, insluitende moord, poging tot moord, roof en die besit van ongeslypte diamante. Die saak is tot 19 Maart volgende jaar uitgestel en beide beskuldigdes […]
Werkgewersgroep sê BEE is ‘mislukte stelsel’ - October 25, 2025
Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die ANC se onlangse verdediging van swartbemagtiging, is ‘n powere poging om sy laaste politieke vesting te beskerm. Die vereniging sê die ANC se bewerings dat die beleid vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede bemagtig, is onwaar. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gerhard Papenfus, sê die ANC weier om […]
Benoemde VSA ambassadeur sal ‘wit Afrikaners ondersteun’ - October 25, 2025
Die benoemde ambassadeur, Leo Bozell, het aan die Amerikaanse senaat se buitelandse betrekkinge-komitee gesê indien hy as Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika bevestig word, hy die Suid-Afrikaanse regering sal aanspoor om sy volksmoordsaak teen Israel te laat vaar. Indien sy benoeming deur die komitee goedgekeur word, sal dit vir ‘n volle senaat-stemming verwys word. Bozell het […]
MotoGP: Chaotiese oefensessie in Sepang - October 25, 2025
Die Spanjaard Pedro Acosta het die wisselvallige Maleisiese weer bemeester en die vinnigste tyd aangeteken met die Fransman Johann Zarco tweede in ‘n chaotiese tweede oefensessie by die MotoGP in Sepang. Die uurlange middagsessie is met 35 minute vertraag weens ‘n oliekol vroeër in die dag. Die Spanjaard Alex Márquez wat hoop om tweede in […]
Rundu skuld NamWater byna N$400m - October 25, 2025
Rundu se dorpsraad skuld NamWater 397 miljoen Namibiese dollar en dit belemmer die verskaffer se vermoë om infrastruktuur op die dorp instand te hou en uit te brei om sodoende volhoubare waterverskaffing te verseker. Waterverskaffing op Rundu word tans gerantsoeneer, want filtreringsaanlegte op die dorp kan net 850 kubieke meter per uur lewer, terwyl die […]
Man met mes by VSA ambassade in Japan gearresteer - October 25, 2025
Japannese polisie het Vrydag ‘n man met ‘n mes voor die Amerikaanse ambassade in Tokio in hegtenis geneem. Die 30-jarige is gearresteer nadat hy ‘n kombuismes na anti-oproer-polisiebeamptes gewys het. Die motief vir die man se optrede is nog nie bekend nie. Die voorval kom dae voor die Amerikaanse president Donald Trump se beplande besoek aan […]