Ongeletterde skoolkinders: Hoe moet die land ontwikkel? - August 14, 2025

Kommentaar word steeds ontvang oor die kommerwekkende berigte dat sewe uit 10 kinders in Namibië nie kan lees of wiskunde doen nie. Terwyl Namibië toegang tot onderwys verbeter het, bly die gehalte van daardie ‘n beduidende bron van kommer. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku dat hierdie gebrek aan fundamentele geletterdheid indiensneembaarheid sal belemmer, veral namate die […]

Read More

Konsultasies begin vir middeltermyn-begroting - August 14, 2025

Finansminister Ericah Shafudah gaan streekregerings besoek om die middeltermyn-begrotingshersiening te bespreek. Die eerste besoek is geskeduleer vir die Zambezi-streek op 25 Augustus, gevolg deur Kavango-Oos op die 28ste en Kavango-Wes op 29 Augustus. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Wilson Shikoto, is hierdie vergaderings van kritieke belang.

Read More

Austin Elindi kry US$44m vir Enercon, Erongo redding teen likwidasie - August 14, 2025

Die sake waar Namcor poog om Enercon en Erongo Petroleum likwideer is weer vandag voor regter Shafimana Ueitele. Die reël nisi is vir vandag neergelê maar, in stukke sê Austin Elindi, tans in die hospitaal met sy borgaansoek in die Namcor-bedrogspul wat uitgestel is, dat hy 44 miljoen Amerikaanse dollar se befondsing bekom het van Pacific […]

Read More

Brande tot dusver uiters verwoestend - August 14, 2025

Namibië het tot dusver amper 460 000 hektaar weiding deur veldbrande verloor, met Erongo, Kavango Oos, Kunene, Oshana, Omusati en Zambezi wat die ergste geraak word. Die omgewingsministerie sê die meeste veldbrande hou verband met menslike aktiwiteite, insluitend sweiswerk naby droë plantegroei, houtskoolproduksie, sigaretstompies wat weggegooi word en ander nalatige hantering van vure. Alhoewel geen […]

Read More

DA sê weermaghoof se Iran besoek het wyer gestrek as militêre gesprek - August 14, 2025

Die DA sê buitelandse beleid is die regering se verantwoordelikheid en nie die weermag s’n nie. Die party waarsku die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaghoof Rudzani Maphwanya se politieke verklarings hierdie week tydens ‘n besoek aan Iran, kan Suid-Afrika se betrekkinge met belangrike bondgenote, insluitend die VSA, benadeel. Chris Hattingh van die DA sê Maphwanya se gesprekke […]

Read More

Gaza: Israel en Hamas onderhandel weer - August 14, 2025

Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het aangedui pogings vir ‘n wapenstilstand in Gaza is nou gefokus op ‘n omvattende ooreenkoms om al die oorblywende gyselaars gelyktydig vry te laat. Die plan het voorheen ‘n wapenstilstand van 60-dae en gedeeltelike vrylating van gyselaars toegelaat. Hamas sê ‘n afvaardiging van sy leiers is in Kaïro vir […]

Read More

Voorspellings vir groot daling in olieprys - August 14, 2025

Globale oliepryse sal na verwagting skerp daal in die komende maande, volgens die Energie-inligtingsadministrasie se jongste korttermyn-energievooruitsigte. Die administrasie voorspel dat Brent-ru-olie sal daal van 71 Amerikaanse dollar ‘n vat in Julie tot ‘n gemiddeld van 58 dollar ‘n vat in die vierde kwartaal van vanjaar e en ongeveer 50 dollar ‘n vat vroeg in […]

Read More

Klimaatsverandering bied groot geleenthede - August 14, 2025

Namibië voel reeds die impak van klimaatsverandering, met droogtes, onvoorspelbare weer en veranderende seisoene wat landbou, energie, versekering en infrastruktuur beïnvloed. Boere staar verliese in die gesig, banke en versekeraars hanteer stygende eise, en die energiesektor sien geleenthede in hernubare energie soos sonkrag, wind en groen waterstof. Terwyl risiko’s hoog is, maak geleenthede in skoon […]

Read More

Onderhandelaars skarrel in Genève vir plastiekooreenkoms - August 14, 2025

Met net ure oor om ‘n ooreenkoms oor plastiek te bereik, sukkel onderhandelaars in Genève om ‘n dooiepunt op te los wat veroorsaak is deur sogenaamde “rooi lyne” van lidlande. Lande is besig om die eerste globale, wetlik bindende verdrag oor plastiekbesoedeling by die Verenigde Nasies-kantoor in Switserland te skep. Terwyl aktiviste oproep om plastiekproduksie […]

Read More

Europese koalisie is gereed met militêre plan vir Oekraïne - August 14, 2025

Britse premier Keir Starmer was Woensdag die voorsitter van ‘n aanlyn-vergadering van die “koalisie van gewilliges”, ‘n groep lande wat bereid is om enige toekomstige vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te help polisieer. Hy het tydens die opening gesê die geskeduleerde ontmoeting tussen presidente Donald Trump en Vladimir Putin is ‘n kritieke oomblik, en die […]

Read More