Agribank eis vir N$6,6m moet wag, lener soek regshulp - August 14, 2025
Agribank dagvaar Charles Kauejao, ‘n algemene dienste koördineerder by die VN, vir rondom 6,6 miljoen Namibiese dollar wat hy geleen het vir ‘n plaas in Omaheke. In sy eis sê die bank Kauejao het reeds sy eerste lening in 2014 uitgeneem wat in 2024 herstruktureer is maar, geen betaling is ooit gemaak nie. Die saak, […]
SMEs Compete het lof vir OM SEED - August 14, 2025
Reaksie word ontvang op die Old Mutual Sustainable, Economic and Empowerment Drive, bekend as OM SEED, wat sy vierjaar-lange reis om grondvlak-entrepreneurskap regoor Namibië te bevorder, afgesluit het. Die inisiatief, wat van stapel gestuur is om klein besighede in onderbediende streke te koester, het befondsing, mentorskap en vaardigheidsontwikkeling verskaf om entrepreneurs te help om volhoubare […]
Swart ekonomiese bemagtiging kos triljoene - August 14, 2025
Die DA sê die skadelikste ekonomiese struikelblok is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Die ANC het dit verdedig en gesê bemagtiging is nodig om transformasie in die land te bevorder. Professor William Gumede het bereken die gevolge was dat 100 individue met politieke bande ‘n triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die program ontvang het. Mark […]
Venus is promotorskeuse by Amerikaanse Ope - August 14, 2025
Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams, is ʼn promotorskeuse by die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Amerikaner het verlede maand by die Washington Ope haar eerste wedstryd in 16 maande gespeel. Vyf ander Amerikaners het ook loslootjies ontvang vir die vroue-enkelspel se hooftrekking, asook Caroline Garcia van Frankryk en die Australiër, Talia Gibson. Intussen is die […]
Van der Linden en kie poog derde keer vir borg vandag - August 14, 2025
Die borgaansoek van die vermeende Hochfeld-daggaboere is weer vandag in die Okahandja landdroshof na dit op 10 Julie uitgestel is. David van der Linden en Armand Schultz, en ‘n werker, Johannes Kamati, is einde Mei in hegtenis geneem in verband met ‘n 1,55 hektaar daggaplantasie met ‘n waarde van sowat 52 miljoen Namibiese dollar. Dit […]
Uitbrekings van malaria, cholera, is verby - August 14, 2025
Gesondheidminister dr. Esperance Luvindao het aangekondig dat die cholera- en malaria-uitbrekings tot ‘n einde gekom het. Dit is bepaal deur ‘n deeglike epidemiologiese assessering. Sy sê sedert die aankondiging van die malaria-uitbreking in Desember is amper 96 000 sake aangemeld, met 154 sterftes. Een cholera-sterfte is aangeteken. Luvindao het die belangrikheid daarvan dat die binnenshuise […]
Globale raad op waterbeleggings verwelkom - August 14, 2025
President Cyril Ramaphosa verwelkom die bekendstelling van die globale raad op waterbeleggings by die Afrika-Unie AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad. Die inisiatief sal Afrika se Water-beleggingsprogram verhef tot ‘n Globale Waterbeleggingsplatform, wat leierskap, befondsing en innovering mobiliseer. Hy beklemtoon dat die raad vordering regoor belangrike forums sal dophou, en water van ‘n krisissektor tot ‘n geleentheidsektor […]
Ontruimings in Alaska, kommer oor gletser-oorstromings - August 14, 2025
Sommige inwoners van Alaska ontruim hulle huise terwyl water uit ‘n kom ontsnap wat deur die Mendenhall-gletser opgevang is. Daar word gevrees vir ’n gletser-uitbarstingsvloei wat huise in gevaar kan stel. Plaaslike amptenare het Dinsdag bevestig dat water uit die ysdam begin vloei en oorstromings word binne die volgende dae verwag. Gletser-uitbarstingsvloei gebeur wanneer ‘n […]
Ouditeur-generaal sal meer onafhanklik word - August 14, 2025
‘n Nuwe wetsontwerp word ontwikkel om die ouditeur-generaal meer onafhanklikheid te gee. Die doel is om aanspreeklikheid en nakoming van die kantoor se voorstelle oor alle regeringsministeries, kantore en agentskappe te versterk. Die wetsontwerp is na die finansminister gestuur vir hersiening. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke het meer.
M23 beheer grootste prys in DRK – koltanmyn - August 14, 2025
Die M23-rebelle beheer een van die grootste koltanmyne in die DRK. Reuters berig brandarm arbeiders haal die erts uit wat dan op motorfietse gelaai word en uiteindelik duisende kilometer ver na Asië verskeep word. Daar word dit verwerk tot tantaal, ‘n hittebestande metaal wat meer as 300 Amerikaanse dollar per kilogram haal en in hoë […]