Ernstige gevolge as Putin vrede verhinder – Trump - August 14, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het by die Kennedy-sentrum in Washington, DC gepraat ná sy aanlyn-ontmoeting met Europese leiers en gesê daar sal ernstige gevolge wees as Russiese president Vladimir Putin vrede in Oekraïne verhinder. Trump het nie genoem wat die gevolge sal wees nie, maar het oor ekonomiese sanksies gewaarsku as Vrydag se beraad tussen […]

Read More

Verskeie dele van hoofstad sonder water na pype bars - August 13, 2025

Die Stad Windhoek het aangekondig dat verskeie dele van die hoofstad tans watertoevoer-probleme ondervind weens gebarste pype. Herstelspanne werk om watertoevoer as ‘n saak van dringendheid te herstel, maar dis nie moontlik om ‘n presiese tydlyn te gee van wanneer dit sal gebeur nie. Die Stad verseker inwoners dat daar gepoog word om die situasie […]

Read More

Winter is boskos-tyd, maar let op diere se behoeftes - August 13, 2025

Terwyl natuurlike weiding uitdun, verskuif die aandag na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, ‘n kenner in landbou en boskos gesels. Sy sê winter is ‘n goeie seisoen om boskos te benut maar, boere moet oplet.

Read More

Hittegolf verbleik Wes-Australiese koraalriwwe ergste ooit - August 13, 2025

Die wêreldberoemde koraalriwwe aan die Wes-Australiese kus beleef die ergste verbleiking ooit ná die staat se langste, ergste mariene hittegolf. Wetenskaplikes sê tussen verlede Augustus en Mei vanjaar het warmer water aansienlike hittestres op die riwwe veroorsaak. Daarom het baie van die korale van die alge ontslae raak wat hulle lewe en kleur gee. Die […]

Read More

Jesse Kriel opgewonde oor Esterhuizen teen Aussies - August 13, 2025

Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering herstel. Die 31-jarige Kriel is […]

Read More

Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek - August 13, 2025

Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia ‘n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging ‘n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta […]

Read More

Inlyn-skaats mans hokkiespan maak geskiedenis - August 13, 2025

Namibië se inlyn-skaats senior mans hokkiespan het ‘n historiese bronsmedalje gewen by die 2025 Wêreldspele in Chengdu, China. Die span het in die groepswedstryde vir Chinese Tapei met 4-3 verslaan, en daarna die gasheer, China, 5-3 geklop. Hulle het 7-0 teen die VSA verloor, maar steeds deurgedring na die semifinale. Daar het hulle 3-1 vasgeval […]

Read More

NamRA verskerp toesig oor ‘bestel-met-my’-handelaars - August 13, 2025

Tydens ‘n inligtingsessie oor bevordering van nakoming van inkomstewette, het NamRA-kommissaris Sam Shivute pogings uitgelig om toesig oor sogenaamde “bestel-met-my”-handelaars te verskerp, en onthul dat nuwe regulasies wat hierdie kwessie aanspreek, by die justisieministerie ingedien is. Hy voeg by dat Namra beplan om klein handelaars te ondersteun sodat hulle ten volle kan baat vind by […]

Read More

Harvey Boulter soek skadevergoeding van sy sielkundige - August 13, 2025

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde Harvey Boulter het ‘n siviele eis ingestel teen die kliniese sielkundige Charine Glen-Spyron, die uitvoerende direkteur van Uni-Health Consulting and Management. Spyron het op 19 Mei vanjaar ‘n brief aan Revenue Solutions Namibia gestuur om haar sowat 196 670 Namibiese dollar te betaal uit ‘n sekere bankrekening. Dit was vir […]

Read More

Só moet inligtingkommissaris gekies word - August 13, 2025

Ons sien uiteindelik beweging met die Wet op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie soek tans nominasies vir die pos van inligtingskommissaris, met ‘n sperdatum van 10 September. Die Wet is in 2022 bekragtig, maar het nog nie in werking getree nie. Dit is ontwerp om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder deur die publiek die reg […]

Read More