VSA-verslag kap SA se menseregtesituasie - August 13, 2025

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het sy jaarverslag vrygestel met ‘n lys van kommerwekkende menseregte-kwessies wêreldwyd, wat ook verwys na die verswakkende omstandighede verlede jaar in Suid-Afrika. Die verslag noem die ondertekening van die Onteieningswet wat grondbesettings sonder vergoeding toelaat, polisiebrutaliteit, geweld teen Afrikaner-boere en die mishandeling van plaaswerkers. Daar is ook verwysings na […]

Read More

SA polisievroue op besoek vir Vrouemaand-vieringe - August 13, 2025

Namibië verwelkom ‘n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. NamPol kommissaris Johanna Ngondo sê die program sluit besoeke aan stasies, ‘n Vrouemaand-konferensie in Windhoek en gemeenskap-skakeling […]

Read More

TLU SA kondig Jong Boer van die Jaar-finaliste aan - August 13, 2025

Twee jong boere en vennote, Willem van der Merwe en Francois Du Toit, asook Tiaan Barkhuizen is as finaliste gekies vir die TLU SA se kompetisie vir Jong Boer van die Jaar. Die kompetisie word reeds die afgelope 24 jaar aangebied en vier jong landbouleiers. Van der Merwe en Du Toit van Chrissiesmeer, Mpumalanga is […]

Read More

Trump se Putin-beraad ‘n luistergeleentheid, sê Withuis - August 13, 2025

Die Withuis beskryf Vrydag se vergadering in Alaska tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, as ʼn luistergeleentheid. Rusland het aangedui hy sal ʼn skietstilstand met Oekraïne oorweeg indien Kiëf onttrek uit die dele van Donbas wat hy nog beheer. Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, verwerp die voorstel. Die Withuis […]

Read More

Haaie volhard met jong spelers teen Griekwas - August 13, 2025

Rugby: Die Haaie se afrigter, JP Pietersen, byt vas met sy jong span vir Vrydag se Curriebeker-stryd teen die Griekwas in Kimberley. Die junior Springbok, Bathobele Hlekani, kry sy eerste geleentheid in die beginspan as flank, nadat hy verlede jaar sy Curriebeker-debuut as slot gemaak het. Verdere veranderings onder die voorspelers, is Bryce Calvert wat […]

Read More

Peter, Malakia Elindi bied N$50 000 elk vir borgtog aan - August 13, 2025

In sy slotbetoë tydens borgtogaansoeke in die Namcor-korrupsiesaak het verdedigingsadvokaat Sisa Namandje aangevoer dat die aanklagte teen sy kliënte, Peter en Malakia Elindi, nie volledig ontwikkel is nie. Hy het die hof versoek om hulle borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toe te staan, met voorwaardes.

Read More

DA boos oor swak vervolgings vir onwettige vuurwapens - August 13, 2025

Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024, 13 727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs 1 745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig, terwyl 1 897 van die […]

Read More

Europese leiers en Zelensky gesels aanlyn met Trump - August 13, 2025

Europese leiers en die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, gaan vandag aanlyn gesprekke met die Amerikaanse president, Donald Trump, voer. Hulle sal hom probeer oortuig om Kiëf se belange in ag te neem wanneer hy Vrydag in Alaska die oorlog met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, bespreek. Zelensky sal na Berlyn reis om die videokonferensie met […]

Read More

Alcaraz wen 50ste keer die seisoen - August 13, 2025

Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope. Die Spanjaard het die Serwiër Hamad Medjedovic geklop in sy 50ste oorwinning van die seisoen. Andrey Rublev van Rusland het die Australiër Alexei Popyrin in drie stelle geklop. In die vroue-afdeling is die Amerikaner Coco Gauff deur na die […]

Read More

O&L voltooi verkryging van Le Mirage, Divava - August 13, 2025

O&L Leisure het die verkryging van twee eiendomme, Le Mirage in die Sossusvlei-gebied en Divava aan die Okavangorivier, gefinaliseer, met alle kwalifiserende werknemers wat werksaanbiedinge as deel van die oorgang ontvang het. Die transaksie, wat in Junie aangekondig is, was onderhewig aan goedkeuring deur die Namibiese Mededingingskommissie. Volgens O&L se uitvoerende hoof Sven Thieme vul […]

Read More