DA reageer op stygende werkloosheid in buurland - August 13, 2025
Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140 000 meer mense werkloos in vergelyking met die eerste kwartaal. Michael Bagraim van die […]
VSA stel sanksies teen gewapende groep in DRK in - August 13, 2025
Die Amerikaanse regering het ‘n gewapende groep, Pareco, wat daarvan beskuldig hy onwettige handel in minerale in oostelike Kongo dryf en sanksies opgelê terwyl Washington voortgaan vir Amerikaanse toegang tot die streek se minerale. Die departement sê die groep het inkomste gegenereer deur toesig te hou oor mynboubedrywighede, onwettige fooie en belasting vir mynwerkers in […]
Mansour vra vir druk dat media Gaza mag binnegaan - August 13, 2025
Vir meer as twee jaar het Israel buitelandse joernaliste toegang tot Gaza geweier. As gevolg van hierdie beperkings het die meeste van die wêreld se verslaggewing van binne Gaza staatgemaak op plaaslike Palestynse joernaliste en mediawerkers waaronder 237 deur Israel se weermag gedood is.
Cran sê verkoop van MultiChoice sal goed wees vir verbruiker - August 13, 2025
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê Namibië kan baat vind by Canal+ se voorgestelde verkryging van MultiChoice-groep vir 35 miljard Amerikaanse dollar. Hoewel die transaksie geen onmiddellike impak op plaaslike uitsaailisensies het nie, sê Cran dat dit meer diverse inhoud, beter dienste, laer koste en belegging in infrastruktuur, tegnologie en plaaslike produksie kan bring. Kosmos […]
Ekonoom sê oor NPD6 se 7% groei… is dit moontlik? - August 13, 2025
Die jongste ekonomiese voorspellings skep kommer oor Namibië se NDP6-ontwikkelingsplan. Terwyl die plan ‘n jaarlikse groeikoers van 7 persent vereis om sy doelwitte te bereik, het beide die Bank van Namibië en Cirrus hersiene, laer groeivooruitsigte van onderskeidelik 3,5 persent en 3 persent vir die jaar vrygestel. Dit kom terwyl die land daarna streef om […]
Repokoers derde keer onveranderd gehou - August 13, 2025
Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit om die repokoers onveranderd te hou. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab… En Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald het sy reaksie so verwoord.
Namibië reis na Oostenryk om by kerngroep aan te sluit - August 13, 2025
Namibiese afgevaardigdes sal volgende maand na Oostenryk reis om met die Kernverskaffersgroep en die Internasionale Atoomenergieagentskap te vergader. Die doel van die reis is om Namibië se bod om by die Kernverskaffersgroep aan te sluit, te bespreek. Die Kabinet het die bod reeds goedgekeur. Volgens dr. Gabi Schneider, direkteur van die Namibiese Uraaninstituut, is aansluiting […]
DBN en Xwama skik in hof oor N$7m-eis - August 13, 2025
Hoërhofregter Beatrix de Jager sal na verwagting vandag die skikkingsooreenkoms tussen die Ontwikkelingsbank van Namibië en Xwama Cultural Village van die bekende sakevrou Twapewa Kadhikwa bekragtig. Die bank het die onderneming gedagvaar vir skuld van net meer as 7 miljoen Namibiese dollar en daar is geskik op 4,1 miljoen dollar wat in twee betalings gemaak […]
Repokoers: BoN sal leiding neem by SARB - August 13, 2025
Soos deur verskeie ekonome voorspel is die repokoers onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit. Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald het sy reaksie so verwoord.
Nog ‘n saak vir skadevergoeding teen gesondheid - August 13, 2025
Esme Jacobs dagvaar die gesondheidsministerie vir skadevergoeding van 670 000 Namibiese dollar vir wat sy beskryf as nalatige sorg. In haar stukke sê sy, sy is in September 2018 by die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem en daar is bevind sy het ‘n buisswangerskap gehad. Sy is geopereer en daarna ingelig haar regterbuis moes verwyder word. Toe sy […]