Ooreenkomste nodig om SA-vleisuitvoere tydens siekte te beskerm - August 13, 2025

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê dringende verdelingsooreenkomste is nodig om Suid-Afrika se beesvleisuitvoere tydens siekte-uitbrekings te beskerm. Die vleisbedryfvereniging sê sulke ooreenkomste met handelsvennote sal ‘n volledige uitvoerverbod voorkom wanneer siektes soos bek-en-klouseer uitbreek, met beperkings wat slegs geaffekteerde gebiede sal raak. Die vereniging se uitvoerende hoof, Imameleng Mothebe, sê sterker gesondheidsbeheer en […]

Read More

Finaal in T20 reeks tussen SA en Australië is Saterdag - August 13, 2025

Die beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Australië word Saterdag in Cairns gespeel nadat Dewald Brevis Dinsdag in Darwin die gasheer feitlik man-alleen verslaan het. Hy het ‘n blitsige onoorwonne 125 van net 56 balle gemoker – die hoogste T20-telling nog vir ‘n Protea-kolwer – en die besoekers het ‘n reuse-218 vir sewe behaal. Brevis het […]

Read More

Wet op inligting: Cran waarsku oor nie-nakoming - August 13, 2025

Die kommunikasie owerheid, Cran, dring daarop aan dat daar streng nagekom word op die Wet op Toegang tot Inligting van 2022, wat vereis dat openbare en private liggame proaktief inligting moet verskaf. Oortredings kan lei tot daaglikse boetes van 2 000 tot 30 000 Namibiese dollar. Cran sê nakoming beskerm teen wetlike en reputasierisiko’s terwyl […]

Read More

Egipte, Uganda vergader oor Ethiopië se Renaissance-dam - August 13, 2025

Die Egiptiese president Abdel Fattah El-Sisi het met sy Ugandese eweknie, Yoweri Museveni, gesprekke gevoer, waartydens die  Nylrivier en watersekerheid bespreek is. Sisi se opmerkings verwys na Ethiopië se Grand Renaissance Dam. Kaïro vrees dat die dam die hoeveelheid water afstroom sal verminder. Addis Abeba het die bewering van die hand gewys. ‘n Dekade van […]

Read More

Badenoch looi Starmer oor migrasie - August 13, 2025

Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, kritiseer die regering se beleid oor migrasie. Die jongste data toon dat meer as 50 000 migrante die Engelse Kanaal met klein bote oorgesteek het sedert Keir Starmer eerste minister geword het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het minstens 20 mense vanjaar gesterf terwyl hulle probeer het om […]

Read More

David Coote vir 8 weke geskors oor Klopp aanmerkings - August 13, 2025

Engeland se beheerliggaam het die voormalige Premierliga-skeidsregter, David Coote, vir agt weke geskors oor aanmerkings wat hy verlede jaar oor die gewese afrigter van Liverpool, Jurgen Klopp, gemaak het. ‘n Video oor die aangeleentheid is wyd versprei. Coote sê hy het gedink hy was in ‘n privaat gesprek toe hy die aanmerkings gemaak het, maar […]

Read More

Ten spyte van kommer, vorder HPV-inenting baie goed - August 13, 2025

Die gesondheidministerie se HPV-inentingsprogram in skole eindig Vrydag. Ten spyte van disinformasie oor die entstof wat ‘n bohaai op sosiale media veroorsaak het, blyk dit asof die program baie goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondsheidsministerie se segsman Walters Kamaya gepraat.

Read More

Saftu waarsku oor werkloosheidkrisis wat sal vererger - August 13, 2025

Die vakbondfederasie, Saftu, waarsku die land se werkloosheidskrisis gaan verder toeneem weens die Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die land se amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal met 0,3-persentasiepunte toegeneem tot 33,2-persent. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê president Donald Trump se handelsoorlog is nie oor regverdige mededinging nie, maar hy […]

Read More

Gazastad word herhaaldelik aangeval - August 13, 2025

Gazastad loop deur onder ‘n ernstige lugaanval terwyl Israelse magte voorberei om die stad te beset. Israel se oorlogskabinet het Maandag gestem om Gazastad te beset, ‘n stap wat veroordeel is tydens ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Intussen het die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Australië, Kanada en Japan in ‘n verklaring […]

Read More

Jeremy Clarkson sluit aan by protes oor JD Vance se Britse vakansie - August 13, 2025

Jeremy Clarkson het by ‘n opstand in die Cotswolds in suid-sentraal Engeland aangesluit nadat die Amerikaanse visepresident JD Vance vir sy somervakansie by ‘n skilderagtige dorpie in die streek aangekom het. Plaaslike inwoners het hul frustrasies uitgespreek nadat Vance se enorme motorstoet, bestaande uit 18 voertuie, Maandag talle padsluitings veroorsaak het. Inwoners het sekuriteitskontrolepunte ervaar. […]

Read More