Repokoers: Ekonome stem nie ooreen nie - August 13, 2025

Die Bank van Namibië kondig vanoggend om 11 die jongste repokoers aan maar, ekonome verskil in mening oor wat die uitkoms gaan wees. Volgens FNB ekonoom Cheryl Emvula en Cirrus ekonoom Robert McGregor sal die bank die koers op 6,75 persent hou maar, ander, soos Almandro Jansen van Simonis Storm meen die koers sal met […]

Read More

Nelson Mandelabaai se werkloosheid sal vererger – DA - August 13, 2025

Die DA het alarm gemaak nadat Nelson Mandelabaai die meeste werksverliese in die Oos-Kaap gely het, met ongeveer 42 000 werksgeleenthede wat in die tweede kwartaal hierdie jaar verlore is. Die amptelike werkloosheidsyfer in die Metro het van 22,3-persent tot 26,4-persent gestyg, met die uitgebreide koers wat tot 35-persent gestyg het. Die DA-lid, Vicky Knoetze, […]

Read More

Albanese sê Bibi is in ontkenning oor Gaza - August 13, 2025

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het sy Israelse ampsgenoot, Benjamin Netanyahu, daarvan beskuldig dat hy in ontkenning is oor die gevolge van die oorlog in Gaza. Hy sê frustrasie met die Israelse regering het ‘n rol gespeel in die besluit om volgende maand ‘n Palestynse staat te erken op die Verenigde Nasies se Algemene […]

Read More

One Economy kry inspuiting, brei werk uit - August 13, 2025

Maatskaplike welsynsprogramme onder die One Economy Foundation sal kan voortgaan om te groei en ontwikkel na ‘n inspuiting van 3,4 miljoen Namibiese dollar. Dié bedrag is die afgelope naweek ingesamel tydens die stigting se 10de viering en jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Oor die afgelope 10 jaar is meer as 100 miljoen dollar ingesamel, waarvan die […]

Read More

Namcor: Austin en Connie se borgaansoek begin vandag - August 13, 2025

Die Windhoek-landdroshof sal die formele borgtog-aansoeke van Austin Elindi en Connie van Wyk vandag aanhoor. Die twee is op 28 Julie gearresteer in verband met die Namcor-bedrogspul. Austin Elindi word verteenwoordig deur Marco Kazondana van die Sisa Namandje Prokureursfirma, terwyl Van Wyk deur Pieter Greyling verteenwoordig word. Elindi en Van Wyk staan tereg op aanklagte […]

Read More

SA-beroepstudente kry nie volle NSFAS betaling nie - August 13, 2025

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê instellings vir tegniese beroepsonderwys en -opleiding se studentetoelaes word nie betaal in rekeninge wat nie bygewerk is nie. Die skema loop al jare lank deur onder omstredenheid en studente kla dat hulle verblyf- en leeftoelaes nie betyds betaal word nie. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê hulle […]

Read More

WGO bepleit meer hulp in Gaza - August 13, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku openbare gesondheid in Gaza is rampspoedig met hospitale wat ver bo hul vermoë moet werk. Minder as 50-persent hospitale en 38-persent basiese gesondheidsorgsentrums in Gaza is net gedeeltelik funksioneel. Sedert die begin van 2025 is 227 mense, insluitend 103 kinders, volgens berigte dood aan wanvoeding. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê […]

Read More

Zelensky weier om gebied op gee, Putin eis gebied vir vrede - August 13, 2025

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy gaan nie instem tot enige Russiese voorstel dat hy meer van sy land se grondgebied moet afstaan in ruil vir ʼn skietstilstand nie. Rusland het verlede week aangedui hy sal ʼn skietstilstand oorweeg indien Oekraïne onttrek uit die dele van Donbas wat hy steeds beheer. Moskou beset die […]

Read More

President het net lof vir Lubango-hoof, Hawala, sê hy is ‘n ikoon - August 13, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah beskryf die ontslape hoof van die Lubango-kerkers en oud weermaghoof, Solomon Hawala as ‘n ikoniese figuur van die Namibiese rewolusie, en sê dat hy sy lewe gewy het aan die nastrewing van vryheid, vrede, eenheid en voorspoed vir alle Namibiese mense. Sy sê sy nalatenskap plaas hom langs ikone en helde wat […]

Read More

Savanna Beef sal in September begin slag - August 13, 2025

Savanna Beef is op koers om sy slagpale van 500 miljoen Namibiese dollar buite Okahandja teen die einde van Augustus te voltooi. Die maatskappy beplan om hoogs winsgewende internasionale markte te teiken. Met sy visier op Europa, beoog Savanna Beef om aan die streng gehalte- en veiligheidsstandaarde te voldoen wat vereis word om ‘n sterk […]

Read More