NamPol waarsku oor werkloses wat op die pad wag vir stukwerk - August 13, 2025
‘n Inwoner van Windhoek is aangerand nadat ‘n werksooreenkoms met ses mans wat hy vir stukwerk opgelaai het, gewelddadig geraak het. Die slagoffer het elke man 25 Namibiese dollar aangebied om ‘n groot advertensiebord te help laai, maar na die werk het hulle 100 dollar elk geëis. Die mans het geweier om die maatskappyvoertuig te […]
Proflight Zambië sluit Windhoek in as bestemming - August 13, 2025
In nog ‘n hupstoot vir toerisme, veral intra-Afrika, sal Proflight Zambië ‘n nuwe diens tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, bekendstel. Vlugte begin op 3 Maart volgende jaar en sal Dinsdae, Vrydae en Sondae bedryf word. Bisey Uirab, uitvoerende hoof van die Lughawensmaatskappy sê hulle verwelkom die verbinding en beskryf dit as ‘n kragtige katalisator vir […]
Reëlings op dreef vir die Windhoek Skou - August 13, 2025
Opwinding laai op in Windhoek namate voorbereidings vir die skou in September spoed optel, en organiseerders ‘n volgepakte program van landbou, handel, kos en vermaak finaliseer. Die jaarlikse geleentheid beloof besige uitstallingsale en ‘n vertoonvenster van plaaslike talent en innovasie, wat dit een van die hoofstad se grootste jaarlikse geleenthede maak. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Heldedag logo, tema bekend - August 13, 2025
Inligtingminister Emma Theofelus het die logo en tema wat vir die volgende vyf jaar vir Heldedag gebruik sal word, in Windhoek bekendgestel. Heldedag, wat jaarliks op 26 Augustus herdenk word, sal vanjaar amptelik gevier word in Katima Mulilo in die Zambezi-streek. Die nuwe tema is “Gebou op dapperheid, op pad na ‘n welvarende toekoms”. Theofelus […]
Cosatu sê SANDF op vredesendings ontvang nie toelaes nie - August 13, 2025
Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte dat lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat op vredesendings in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, nie hul volle toelaes ontvang het nie. Cosatu beskuldig senior generaals dat hulle fondse steel van gewone soldate wat hul lewens op die spel plaas. Matthew Parks van Cosatu […]
Hele Europa kry uiters warm, met brande - August 13, 2025
‘n Skroeiende hittegolf jaag tientalle veldbrande oor dele van Suid-Europa aan, wat duisende mense uit hul huise dwing en temperature bo 40 grade Celsius opstoot. Rooi hitte-waarskuwings is uitgereik in dele van Italië, Frankryk, Spanje, Portugal en die Balkan-lande, met beduidende gesondheidsrisiko’s. Die weerdiens van Spanje, Aemet, sê die kwik kan 44 grade in Sevilla […]
Slim-monderskerms dui rugby-kopbeserings aan - August 13, 2025
Wêreldrugby het ‘n gevorderde hoë-tegnologie-mondskerm aangekondig wat gebruik gaan word op die Vroue-Wêreldbekertoernooi wat volgende week in Engeland begin. Die slim-mondskerms sal verlig en rooi vertoon wanneer die gebruiker ‘n harde stamp teen die kop kry, met die mediese span wat ‘n boodskap ontvang. Die skeidsregter sal dan ‘n boodskap kry om spel te staak. […]
Nascam stel nuwe tussentydse raad aan - August 12, 2025
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het ‘n nuwe tussentydse raad en ‘n hervormingsplan na vroeëre personeelspanning en vertraagde tantièmebetalings. Hierdie raad sal grondwetlike wysigings finaliseer vir ‘n spesiale vergadering in Februarie 2026, met die verkiesing van ‘n nuwe raad wat vir April 2026 geskeduleer is. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Amerika trek voordeel uit SA landbou-uitvoere, sê Steenhuisen - August 12, 2025
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, beklemtoon dat Suid-Afrikaanse handel met Amerika wedersyds-voordelig is en sê Amerika word bevoordeel deur Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Steenhuisen het die media ingelig oor Suid-Afrika se reaksie op Amerikaanse tariewe en sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking te versag. Die minister sê baie van die produkte word in […]
Israel peper woonbuurte in Gaza-stad met bomme, aanvalle - August 12, 2025
Israel is besig om Gaza-stad met intense bombarderings te peper terwyl die weermag gereedmaak om die stad in te neem. Die gebied se Hamas-bestuurde siviele verdedigingsagentskap sê die woonbuurte Zeitoun en Sabra loop al drie dae deur onder bomme en hommeltuig-aanvalle, en inwoners kan nie by die dooies en beseerdes uitkom nie. Intussen het die […]