Ronaldo vra lewensmaat se hand met knewel van ‘n ring - August 12, 2025
Die sokker-superster Cristiano Ronaldo het sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez, met ‘n skitterende diamantring gevra om te trou, en ondersteuners bespiegel oor die prys daarvan wat miljoene kan wees. Die 40-jarige voorspeler van Al-Nassr het die groot vraag gevra tydens ‘n romantiese wegbreek, agt jaar nadat die paartjie bekendgemaak het hulle is in ‘n verhouding. […]
OYO sukkel tans om programme te onderhou - August 12, 2025
Die Ombetja Yehinga Organisasie, OYO, ’n plaaslike nie-regeringsorganisasie met 17 personeellede wat kuns gebruik om sosiale bewustheid te bevorder, moes projekte staak nadat USAid-befondsing onder die Trump-administrasie bevries is. Hoewel Oyo nie direk befonds is nie, het kontrakte met afhanklike instellings hulle geraak, ondanks ’n vroeëre crowdfunding-veldtog om programme te behou. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Zandra Kruger palm Women’s Omeya Open-titel in - August 12, 2025
Omeya se eie Zandra Kruger het hierdie naweek haar gholfstok na die oorwinning by die Women’s Omeya Open geswaai en 12 deelnemers uitgestof. Die geleentheid is aangebied deur die Namibiese Amateur Vroue Gholf-unie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Suéne Venter, van die Namibiese Amateur Vroue Gholf-unie.
Moenie Hawala staatsbegrafnis gee: historikus - August 12, 2025
Die dood van die voormalige hoof van die Namibiese Weermag, luitenant-generaal Solomon ‘Jesus’ Hawala, het uiteenlopende reaksies uitgelok. Hawala, wat op 89 oorlede is, word deur sommige as ‘n bevrydingsheld gevier terwyl hy terselfdertyd van menseregteskendings beskuldig word. Hawala het die bynaam “Slagter van Lubango” in ‘n Swapo-aanhoudingkamp in die Angolese dorp gekry tydens die […]
Debmarine hou aan veg teen uitdagings - August 12, 2025
Debmarine sukkel met ‘n afname in die vraag na natuurlike diamante en die toenemende gewildheid van sintetiese diamante. In reaksie hierop sny die maatskappy produksie en twee mynvaartuie, die Grand Banks en die Coral Sea, sal vroeg uit diens geneem word. Dit sal lei tot die aflegging van 180 werknemers, waarvan 100 Namibiërs is. Debmarine […]
Drie ministeries, 10 ander ‘oortree Regstellende Aksie-wet’ - August 12, 2025
Die Indiensnemings-ekwiteitskommissie het 13 werkgewers, waaronder drie ministeries, ontbied om voor ‘n beoordelingspaneelte verskyn weens oortredings van die Regstellende Aksie-wet. Die verhore sal môre en Donderdag gehou word en is oop vir die publiek. Die kommissie sê in ‘n verklaring die werkgewers het, soos wetlik vereis, hul regstellende aksie-jaarverslae ingedien. Daar is gevind dat hulle nie […]
EU-leiers wil Zelensky by Trump-Putin beraad hê - August 12, 2025
Europese Unie-leiers doen ‘n beroep om die vryheid van die Oekraïne te verdedig om sy eie toekoms te beslis, voor hul virtuele beraad met Amerikaanse president Donald Trump. Die beraad is belê om Amerikaanse strategie te bespreek voor Trump se samesprekings Vrydag met Russiese president Vladimir Putin. Al die EU-leiers het ‘n gesamentlike verklaring onderteken, […]
Gee jeug kanse om te presteer: NMT Media-stigting - August 12, 2025
Namibië se jeug is polities aktief, maar staar strukturele, ekonomiese en kulturele hindernisse in die gesig. Vandag is Internasionale Jeugdag en die NMT Media-stigting het navorsing vrygestel wat toon dat daar toenemende deelname aan die 2024-verkiesings was, met digitale aktivisme wat vertroude tradisionele media aanvul. Voor YouthQuake Namibia 2025 op 15 Augustus doen die trust […]
Joslin-skuldiges vra verlof tot appèl - August 12, 2025
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor die volgende twee dae aansoeke aan om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en lewenslange vonnisse in die Joslin Smith-saak. Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is in Mei tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir mensehandel en tien jaar vir ontvoering. Hulle saak hou verband met die verdwyning van Smith […]
Brittanje se werkloosheidsyfer steeds op 4,7% - August 12, 2025
Brittanje se werkloosheidsyfer bly op ‘n vierjaar-hoogtepunt. Werksgeleenthede het verminder in ‘n tydperk waarin ‘n belastingverhoging in die Verengide Koninkryk en nuwe Amerikaanse tariewe in werking getree het. Die Kantoor van Nasionale Statistiek sê werkloosheid was op 4,7-persent vir die drie maande tot die einde van Junie. Dit was onveranderd teenoor die periode van Maart […]