Rugby: Bulle swig voor Glasgow Warriors - October 25, 2025
Die Glasgow Warriors het Vrydagaand met 21-12 by Scotstoun oor die Bulle geseëvier om tydelik die eerste plek in die Verenigde Rugbykampioenskap in te neem. Die Bulle het vroeg in die tweede helfte met 12-7 voorgeloop na ‘n drie deur heelagter Willie le Roux. Die wedstryd het egter dramaties in die tweede helfte omgeswaai met […]
Copps 94.1: Nag van geweld in Windhoek - October 25, 2025
Die Copps 94.1-span het Vrydagnag hul hande vol gehad met misdaad in die hoofstad met twee ernstige voorvalle van geweld wat onmiddellike polisie-ingryping vereis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering doen verslag van die toneel:
Gauteng-polisie skiet vermeende ontvoerders dood - October 25, 2025
Drie vermeende ontvoerders is doodgeskiet tydens ‘n konfrontasie met Gauteng-polisie in Parktown, Johannesburg. Die polisie sê die mans word verbind met die ontvoering in Junie vanjaar van ‘n Chinese burger en het onlangs probeer om ‘n ander sakeman te ontvoer. Owerhede het hul voertuig onderskep terwyl hulle na bewering op pad was om ‘n rooftog […]
Trump boos vir Kanada oor Reagan-advertensie - October 25, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy kritiek op Kanada verskerp nadat hy handelsgesprekke Vrydag beëindig het oor ‘n Kanadese politieke advertensie waarin die Republikeinse ikoon Ronald Reagan sê tariewe veroorsaak handelsoorloë en ekonomiese rampe. Hy het Kanada daarvan beskuldig dat hy probeer om die Hoërhof te beïnvloed oor die wettigheid van sy tariewe. Die […]
Vrouekrieket: Proteas pak Aussies vandag - October 25, 2025
Die Protea-vroue pak vandag die voorloper op die punteleer, Australië, in hul laaste Wêreldbeker-groepwedstryd in Indore, Indië. Albei lande het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer, saam met Engeland en Indië, maar die finale volgorde sal eers bevestig word na môre se wedstryde tussen Engeland en Nieu-Seeland, en Indië en Bangladesj. Woensdag se eerste halfeindstryd sal […]
Agra maak meer as N$807 miljoen wins in 45ste herdenkingsjaar - October 24, 2025
Agra het in sy 45ste herdenkingsjaar ‘n wins van 807,7 miljoen Namibiese dollar gemaak. Agra se aandeelprys het met 4,9 persent gestyg tot 3,85 dollar teen 31 Julie 2025, wat ‘n totale opbrengs van 11 persent, insluitend dividende, gelewer het. Die netto batewaarde het gestyg tot 802,6 miljoen dollar, met die netto batewaarde per aandeel […]
Resultaat van vergadering met Trump nie sleg: Zelensky - October 24, 2025
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het met die media in Brussel gepraat na hy die EU vergadering bygewoon het. Dinge met die vredesproses het effe ontrafel en die media wou by hom weet hoe het dinge afgeloop met sy vroeëre vergadering met Amerikaanse president Donald Trump.
Bulle appelleer teen Bok-voorspeler Wessels se skorsing - October 24, 2025
Rugby: Die Bulle appelleer teen Springbok-voorspeler Jan-Hendrik Wessels se massiewe skorsing van nege weke ten spyte van die oënskynlike gebrek aan duidelike bewyse. Hy is gestraf nadat Connacht-flank Josh Murphy hom daarvan beskuldig het dat hy hom tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die bene gegryp het. Die Bulle sê geen nuwe videobewyse is […]
Windhoek Jazz Festival skitter met sterre van oral - October 24, 2025
Die Stad Windhoek maak gereed om die beroemde Windhoek Jazz Festival aan te bied. Dit gaan op 1 November by die Hage Geingob-stadion plaasvind. Die publiek word aangemoedig om so gou as moontlik hulle kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat meer […]
Ongos Sewes bereik hoogtepunt in Windhoek - October 24, 2025
Die laaste been van die Ongos Vallei Sewestoernooi, die kampioenskapsrondte, vind môre by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die eerste wedstryde sal om 8-uur afskop. Dit is die hoogtepunt van die opwindende driebeen-toernooi wat reeds Lüderitz en Swakopmund besoek het. Vyftien spanne sal oor drie poele kompeteer vir die kampioene-titel, en vrouerugby kry ook […]