Bok-vroue se afrigter vol vertroue voor Wêreldbeker - August 12, 2025
Rugby: Die Springbok-vrouegroep kom vandag in Johannesburg byeen voor hulle Donderdag na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker. Twee-en-dertig spelers onder leiding van Nolusindiso Booi is gekies en die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Suid-Afrika kom in Groep D teen Brasilië, Italië en Frankryk te staan. Die Bok-vroue […]
Mynbou-ekspo was reuse-sukses, hou aan groei - August 12, 2025
Die 12de Mynbou-ekspo en -konferensie in Windhoek het die sektor se sleutelrol in Namibië se ekonomie beklemtoon. Die geleentheid groei jaarliks en het al hoe beter vertoon na die ontdekking van oliebronne. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango gepraat wat sê die ekspo was ‘n groot […]
SA gaan hersiene tariefaanbod aan VSA voorlê - August 12, 2025
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kabinet het Suid-Afrika se voorlegging van ‘n hersiene aanbod aan Amerika goedgekeur as die grondslag vir onderhandelings. Hy en die minister van Landbou, John Steenhuisen, het ‘n voorlegging gedoen oor die regering se reaksie op die tarief van 30-persent wat Amerika op ingevoerde Suid-Afrikaanse […]
Taylor Swift gaan nuwe album uitbring - August 12, 2025
Die 14-malige Grammy-wenner, Taylor Swift, het bewonderaars verras met die nuus dat sy haar 12de ateljee-album, The Life of a Showgirl, gaan vrystel. Die 35-jarige sangeres het in April verlede jaar ʼn ateljee-album, The Tortured Poets Department, vrygestel wat die beste verkoper van die jaar was. Sy het haar Eras-toer wat rekords laat spat het, […]
All Blacks se Sititi onttrek aan toets teen Argentinië - August 12, 2025
Rugby: Nieu-Seeland se losvoorspeler, Wallace Sititi, is nie beskikbaar vir Sondag se eerste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Cordoba nie. Hy herstel nog van ʼn enkelbesering wat veroorsaak het dat hy verlede maand se reeks teen Frankryk misgeloop het. Die moontlikheid bestaan nou dat Peter Lakai opgeroep kan word of dat Simon Parker sy buiging kan […]
HPV-entstof is veilig - August 12, 2025
Die gesondheidministerie se HPV-inentingsprogram is geskeduleer om Vrydag te eindig. Die inisiatief, wat op meisies tussen nege en 14 jaar gemik is, het op 4 Augustus begin. Die program bied inentings teen die menslike papillomavirus, ‘n hoofoorsaak van servikale kanker. Die inentings word in skole toegedien, maar vereis ouerlike toestemming. Gesondheidsbeamptes merk op dat waninligting […]
Lidlande stamp koppe by plastiekberaad - August 12, 2025
Gesprekke in Genève om ‘n mylpaalverdrag op te stel om die wêreldwye plaag plastiekbesoedeling aan te pak, het sy tweede week betree, met lande wat vier dae voor die sperdatum steeds koppe stamp. Plastiekbesoedeling kom so algemeen voor dat mikroplastiek op die hoogste bergpieke en in die diepste dele van die oseaan gevind is, en […]
SA-vervaardiging toon geringe verbetering - August 12, 2025
Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met 2 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met 2 persent gestyg, met verkope vir die afgelope drie maande […]
Europa sê daar’s geen vrede as die Oekraïne nie betrokke is nie - August 12, 2025
Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder die volle deelname van Oekraïne se demokraties verkose leierskap en die ondersteuning van sy mense bereik word nie. President Donald Trump van Amerika ontmoet Vrydag sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, om ʼn moontlike skietstilstand te bewerkstellig. Lede van die Europese Parlement sê enige ooreenkoms op […]
Dans Saterdag saam en help die kietsies - August 12, 2025
‘n Spesiale Zumba-klas, “Zumba for Purrs” vind hierdie Saterdag plaas, alles ontwerp om noodsaaklike fondse in te samel vir katte onder die sorg van die dierereddingsdiens, Triglav Trust. As jy van katte en fiksheid hou, is dit jou kans om jou pad te dans om ‘n verskil in die lewens van geredde katte te maak. […]