Ekonoom sê oor môre se repokoers - August 12, 2025

Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal sy rentekoersbesluit môre lewer, met die repokoers tans op 6,75 persent. Die aankondiging sal dit duidelik maak hoe die sentrale bank beplan om inflasiedruk, ekonomiese groei-eise en veranderende globale marktoestande te navigeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat.

Read More

Nasorg by Halali-brand - August 12, 2025

Die brand wat Maandagmiddag by Halali ontstaan het is onder beheer gebring. Dit het nog laataand gewoed. Daar is aantygings dat personeel verantwoordelik is omdat die brand blykbaar tussen die restaurant en die watergat uitgebreek. Een van die grootste uitdagings was dat daar is geen brandpaaie geskep is nie en die wind het teen bestrydingspogings […]

Read More

Laat vaar die ‘pomp and ceremony’ en kom by dienslewering - August 12, 2025

Reaksie word ontvang op China se wetgewers wat amptenare beveel het om minder vergaderings te hou en korter toesprake te lewer om “nuttelose formaliteite” uit te skakel. Die stroomlyning van vergaderings en die beperking van dokumente tot 5 000 woorde is in ‘n gedetailleerde regeringskennisgewing vervat. Dit kom na nuwe reëls teen buitensporige besteding en […]

Read More

Geen vrystelling van Maxwell se grootjurie-getuinis nie - August 12, 2025

ʼn Amerikaanse regter het die Departement van Justisie se aansoek om grootjurie-getuienis van die Ghislaine Maxwell-saak bekend te maak, verwerp. Die departement wou hê grootjurie-getuienis en bewysstukke van sake waarby die finansier en veroordeelde seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein betrek is, moet bekendgemaak word. Maxwell, wat ʼn jare lange vennoot van Epstein was, dien tans tronkstraf […]

Read More

Registreer nou, plaaslike owerheidsverkiesings is belangrikste - August 12, 2025

Met plaaslike owerheidsverkiesings wat nader kom, dring die Verkiesingskommissie aan op groter jeugdeelname, aangesien duisende jong, eerstekeer kiesers na verwagting na die stembus sal gaan. Te midde van kommer oor kiesersapatie, glo die kommissie dat ‘n aktiewe jeugopkoms ‘n beslissende rol kan speel in die vorming van munisipale leierskap. Dit sal ‘n invloed hê op […]

Read More

Outa sê wag met registrasie van sonkragstelsels - August 12, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, versoek huiseienaars en ondernemings om die registrasie van hul son-fotovoltaïese en batterystelsels by Eskom uit te stel totdat die huidige probleme opgelos is. Dit volg ná ‘n vergadering tussen die organisasie en die kragvoorsiener se verspreidingsbestuur waar kommer uitgespreek is oor duur en beperkende registrasiereëls. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, […]

Read More

Rwanda ontken weer bystand aan M23 - August 12, 2025

Rwanda het die VN se beskuldigings dat sy magte saam met rebelle deelgeneem het aan die moorde van etlike honderde burgerlikes in oostelike Kongo as ‘vals’ bestempel. Die kantoor van die Hoë Kommissaris vir Menseregte het met verwysing na eerstehandse verslae gesê dat M23-rebelle minstens 319 burgerlikes doodgemaak het in ‘n reeks aanvalle op vier […]

Read More

Britse toeris, 25, pleit skuldig vir moord in Perth - August 12, 2025

‘n Britse rugsaktoeris wat in Wes-Australië op ‘n werksvakansievisum was, het skuldig gepleit vir die moord op ‘n man wat sy met ‘n e-bromponie getref het met ‘n alkoholvlak meer as drie keer die wettige perk. Die 25-jarige Alicia Kemp en ‘n vriend het ‘n e-bromponie gehuur nadat hulle by ‘n kroeg uitgeskop is omdat […]

Read More

Damme vertoon goed, minder water die week benut - August 12, 2025

Waterbronne vir die sentrale gebied is tans op 76,4 persent met Von Bachdam wat 92,2 persent vol is, Swakoppoort op 88,9 persent en Omatako op 40,7 persent. In die Suide Hardap 68,3 persent en boere het net minder as 1,4 miljoen kubiek die week benut. Neckartal is 97,9 persent vol en Naute is op 93,7 […]

Read More

SA se Nasionale Dialoog sal R700m kos - August 12, 2025

Die Voorbereidende Taakspan sê die geraamde begroting van 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nasionale Dialoog is ‘n voorlopige syfer. Die koste van die geleentheid het kritiek ontlok oor of die land so ‘n onderneming kon bekostig, gegewe die beperkings op die fiskus. Die eerste Nasionale Konvensie, wat tot die Nasionale Dialoog sal lei, sal […]

Read More