Linden Beef voorlopig gelikwideer  - August 12, 2025

Bank Windhoek het daarin geslaag om Linden Beef voorlopig te likwideer met regter Andrew Corbett wat die reël nisi op 29 Augustus gestel het vir die voerkraal om redes te voorsien hoekom die maatskappy nie gelikwideer moet word nie. Die bank word 28,5 miljoen Namibiese dollar geskuld. Corbett het ook ‘n kostebevel vir daardie dag […]

Read More

Halali in Etosha brand  - August 12, 2025

Dit brand by Halali in Etosha. Inligting is nog skraps maar die brand het blykbaar tussen die restaurant en die watergat uitgebreek en daar is aantygings dat personeel daarvoor verantwoordelik is. Teen agtuur Maandagaand het dit buite beheer gewoed. Daar is geen brandpaaie geskep nie en die wind het teen bestrydingspogings gewerk. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Gayton sê KI het rassistiese plasings gemaak  - August 12, 2025

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, hou vol rassistiese twiets wat aanlyn rondgestuur word en omstredenheid veroorsaak, is deur kunsmatige intelligensie geskep en kom nie van hom nie. Dit volg op oproepe vir sy bedanking oor beweerde rassistiese opmerkings teenoor swart Suid-Afrikaners. Die minister hou vol hy het nog nooit rassistiese taal […]

Read More

Guterres veroordeel moord op joernaliste  - August 12, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die moord op ses joernaliste in Gaza veroordeel. Vyf Al Jazeera-joernaliste, insluitend sy korrespondent, Anas al-Sharif, is Sondag in ‘n Israelse lugaanval dood. Nog twee is dood, insluitend ‘n vryskutjoernalis. Israel se weermag het gesê hy het Sharif geteiken en beweer hy was die hoof van ‘n […]

Read More

Wildlewe moet benut word, meer as net ‘kyk en sien’  - August 12, 2025

Wêreld Olifantdag word vandag gevier en Namibië staan uit met een van die hoogste olifantbevolkings in die streek. Dit is ‘n reuse-aanwins nie net vir bewaring nie, maar ook vir die toerismebedryf wat tot die ekonomie bydra, maar dit is ‘n las vir boere wat die skade, somtyds, derduisende, self moet dra. Oor die algemeen […]

Read More

Groeivoorspellings vir ’25 afwaarts aangepas - August 12, 2025

Cirrus in die hoofstad het sy groeivoorspellings vir 2025 van 3,9 tot 3 persent afwaarts aangepas. Dit kom na daar aan die einde van 2024 belastingvoordele en repokoers verlagings was maar met geen verdere ondersteuning in die jaar nie, het die voordele verdwyn. Die uitdagings van die diamantbedryf sal veral die fiskus negatief raak en […]

Read More

Dagga-uitspraak vandag verwag - August 12, 2025

‘n Uitspraak oor die grondwetlike uitdaging teen Namibië se daggaverbod word vandag verwag na die verhoor voor regters Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christian. Die leiers van Ganja-gebruikers van Namibië, Brian Jaftha en Borro Ndungula, wil hê dat die verbod op volwasse gebruik as ongrondwetlik geskrap word. Die staat dring egter aan dat dit […]

Read More

Witvlei-olifante beskadig plase, en dis Wêreld Olifantdag - August 12, 2025

So op Wêreld Olifantdag, sukkel boere naby Witvlei nadat olifante van die Okambara Elephant Lodge in die gebied uitgebreek het en rondgeloop het. Skade is aan hekke en heinings aangerig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abre Burger, ‘n grondeienaar op Pommerin, wat sê een olifant het reeds van sy heinings gebreek, en dis die […]

Read More

Dricus sê hy’s die naweek die buiteperd - August 12, 2025

Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis glo hy is die buiteperd wanneer hy sy middelgewig- wêreldkampioenskapstitel die derde keer verdedig. Hy veg die naweek in Chicago, Illinois, teen Khamzat Chimaev. Du Plessis het ‘n beroepsrekord van 23 oorwinnings en twee nederlae en het die afgelope 11 gevegte gewen, maar glo die Rus is die sterkste teenstander […]

Read More

Tesourie betaal amper N$61m aan Enercon na siviele eis - August 12, 2025

Die verdedigingministerie het bevestig dat die Tesourie magtiging ontvang het om ‘n siviele eis van 60,9 miljoen Namibiese dollar van Enercon te betaal. Die eis was vir “diensburo-koste” ingevolge ‘n brandstofvoorsieningsooreenkoms met die ministerie, volgens die NBC. NDF-woordvoerder kolonel Petrus Shilumbu sê die bedrag dek koste van 2014 tot 2024 wat sedert die ontstaan van […]

Read More