Ontwikkelingsplanne misluk ‘oor swak strategië’ - August 11, 2025
Kenners meen Namibië se ontwikkelingsplanne het in die algemeen ‘n lae sukseskoers omdat ekonomiese groei-teikens, soos in die sesde plan, gemiddeld 6 persent was en nie bereik word nie. Werkloosheidsteikens faal ook en armoede-, behuisings- en sanitasieteikens is ook te hoog. Kenners meen dat uitdagings om ekonomiese groei te stimuleer en werk te skep voortduur. […]
Oud-weermaghoof Hawala sterf op 89 - August 11, 2025
Die voormalige Namibiese weermaghoof luitenant-generaal Solomon ‘Jesus’ Hawala is vanoggend op 89-jarige ouderdom in ‘n hospitaal in die noorde oorlede. Hawala was van 2000 tot sy aftrede in 2006 hoof van die NDF. Hy was voor onafhanklikheidwording die adjunk-bevelvoerder van Plan, waar hy die bynaam “die slagter van Lubango” gekry het. Hy het kampe in […]
Zelensky waarsku teen toegewings aan Putin - August 11, 2025
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne waarsku oor toegewings aan die Russiese president, Vladimir Putin, voor Vrydag se samesprekings met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump. Die beraad, wat tot dusver sonder Zelensky beplan word, sal die eerste wees tussen ‘n Amerikaanse en ‘n Russiese staatshoof sedert 2021. Kiëf is bekommerd dat ‘n ooreenkoms gesluit kan word […]
Hoofstad gaan twee nuwe parke bykry - August 11, 2025
Die Stad Windhoek beplan om twee onontwikkelde openbare ruimtes in Olympia en Windhoek-Wes in nuwe parke te omskep, met die doel om meer groen ontspanningsareas vir inwoners te skep. Stadsraadslede Illse Keister en Clemencia Hanases, saam met voormalige raadslid Job Amupanda, het die inisiatief aangevoer. Keister het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die idee […]
DA onthul plan vir SA ekonomie - August 11, 2025
Die DA het ‘n sespuntplan bekendgestel om die sukkelende ekonomie te laat herleef, werk te skep en beleggings te lok. Party-leier John Steenhuisen het op ‘n nuuskonferensie gesê dit teiken belangrike hindernisse tot groei, onder meer die herroeping van swart ekonomiese bemagtiging, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Onteieningswet. Hy sê dit fokus op […]
Mali-junta arresteer soldate, senior militêre amptenare - August 11, 2025
Mali het tussen 36 en 40 soldate en militêre amptenare in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hulle die regering probeer destabiliseer. Twee bronne wat anoniem wou bly het aan Reuters gesê dat die arrestasies oor verskeie dae plaasgevind het en verskeie senior amptenare is geteiken, waaronder generaal Abass Dembele, voormalige goewerneur van die […]
Kolisi op nr. 8 voer Bokke teen Wallabies aan - August 11, 2025
Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi sal die nommer agt-trui dra in Saterdag se Rugbykampioenskaps-openingswedstryd teen die Wallabies op Ellispark in Johannesburg. Dit is die eerste keer wat hy die span sal aanvoer van die agterkant van die skrum. Aphelele Fassi begin op heelagter, André Esterhuizen is binnesenter en Manie Libbok losskakel. Eben Etzebeth en Lood de […]
Groep gevangenes ontsnap weer uit Ngoma polisieselle - August 11, 2025
‘n Groep gevangenes het vir die tweede keer in vier maande uit die Ngoma polisieselle in die Zambezi-streek ontsnap. Volgens die polisieverslag het die sewe mans teen omstreeks 10-uur Sondagaand ontsnap na hulle ‘n gat in die selle se dak gesny het. Die groep bestaan uit ‘n Namibiër, ‘n Angolees en vyf Zambiërs. Vyf verhoorafwagtende […]
Toerisme dra sterk by tot Gauteng-ekonomie - August 11, 2025
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie 41-miljard Suid-Afrikaanse rand terwyl die […]
Verwyder tienduisende rondloperhonde uit Delhi, beveel hof - August 11, 2025
Indië se Hoërhof het gelas dat duisende rondloperhonde uit die hoofstad, Delhi, verwyder moet word ter wille van openbare veiligheid na ‘n skerp styging in gevalle van hondebyte . Die jongste beskikbare data, 2012 se diere-sensus, toon minstens 60 000 rondloperhonde bly in Delhi se strate. Sekere mense is van mening die getal is nou […]