Slot bekommerd oor Liverpool se verdediging - August 11, 2025

Sokker: Liverpool se afrigter, Arne Slot, erken hulle moet aanpassings maak om ʼn balans tussen aanval en verdediging te bereik. Crystal Palace het die heersende Premierliga-kampioen gister met drie strafdoele teen twee verslaan om die Gemeenskapskild op Wembley te buit. Slot sê hulle kwesbare verdediging is iets waaraan hulle moet werk voor Vrydag se Premierliga-openingswedstryd […]

Read More

Aupindi onbeïndruk met Kalimbeza - August 11, 2025

Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne is teleurgesteld oor die toestand van die Kalimbeza-rysprojek in die Zambezi-streek. Die aanleg sukkel reeds ‘n geruime tyd en produksie is wisselvallig of bestaan glad nie. Uitdagings sluit in gebreekte masjinerie wat te lank neem om herstel te word, of soms glad nie herstel word nie weens ‘n […]

Read More

Verouderde tegnologie lê KZN-polisie lam - August 11, 2025

Die DA in die Nasionale Raad van Provinsies eis ʼn dringende oorsig oor die verouderde tegnologie-infrastruktuur wat polisiëring in KwaZulu-Natal lamlê. ʼn Party-woordvoerder, Mzamo Billy, sê baie landelike polisiekantore maak steeds staat op ou satellietstelsels, die radiokommunikasiestelsel is steeds analoog en die 10111-oproepsentrums gebruik uitgediende telefoonstelsels. Hy sê die skokkende tekortkominge in tegnologie-infrastruktuur voldoen nie […]

Read More

VSA verdedig Israel by VN - August 11, 2025

Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad, Dorothy Shea, het Israel verdedig en sê dié land het die reg om te besluit wat die beste is vir sy veiligheid en sy burgers. Die veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou terwyl teenkanting toeneem oor Israel se plan om Gazastad oor te neem en byna […]

Read More

Uiters ervare Bok-vrouespan op pad na Engeland - August 11, 2025

Die mees ervare Springbok-vrouespeler, Nolusindiso Booi, sal ʼn sterk groep van 32 lei by die Vroue-wêreldrugbybeker in Engeland. Die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Negentien het Wêreldbeker-ervaring, onder andere onderkaptein Babalwa Latsha, wat die span in 14 toetse aangevoer het. Suid-Afrika skop hul veldtog die 24ste in […]

Read More

Tien-jaar studie toon gevare van heinings in Suide - August 11, 2025

‘n Tien-jaar lange studie in suidelike Namibië deur Peter Cunningham het ‘n gevaar onthul – veeheinings eis springbokke se lewens en verander oop landskappe in dodelike lokvalle. Bewaringsbewustes dring nou aan op dringende hervormings om heinings wildlewe-vriendelik te maak voordat meer diere verlore gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog, […]

Read More

Meatco-raad verwag eerste verslag die week - August 11, 2025

Meatco se ondersoek na die verdwyning van 400 beeste is steeds aan die gang. Die beeste het vermis geraak uit die Linden Beef-voerkraal, waar hulle onder kontrak met Meatco aangehou is. Intussen is sy tussentydse uitvoerende hoof Patrick Liebenberg geskors na van die personeel se beskuldigings van begunstiging, rassisme en dissiplinêre vooroordeel. Die adjunkvoorsitter van […]

Read More

N$2 miljard koshuis voedseltender weer lamgelê - August 11, 2025

Te midde van reuse-uitdagings met noodverkryging, is die 2 miljard Namibiese dollar koshuis voedseltender uiteindelik toegeken net om uitgedaag te word deur sewe onsuksesvolle bieërs. Die Tender Bulletin berig die hersieningspaneel van die finansministerie het ses van die betoë van die hand gewys maar, nou is noodverkryging, sonder enige openbare insae weer van krag. Die […]

Read More

Kenner beklemtoon belangrikheid van November-stemmery - August 11, 2025

Namibië se plaaslike owerheidsverkiesings vorm die lewering van noodsaaklike dienste, dryf gemeenskapsontwikkeling aan en bemagtig voetsoolvlakstemme wat die toekoms van dorpe en stede beïnvloed, wat hulle ‘n hoeksteen van demokratiese deelname, ekonomiese vooruitgang, sosiale insluiting en verantwoordbare bestuur maak. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner dr. Marius Kudumo gesels oor die belangrikheid van plaaslike owerheidsverkiesings.

Read More

Afrika-perdesiekte: Inentings kan steeds gedoen word - August 11, 2025

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou vra perde-eienaars om hul diere in te ent teen die dodelike Afrika-perdesiekte, veral ná ‘n besondere nat somer. Slegs die lewende verswakte Afrika-perdesiekte-entstof van Onderstepoort is gemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher gepraat oor die plaaslike situasie.

Read More