Reaksie op RedForce wat hofaksie dreig - August 11, 2025

RedForce Debt Management het met hofaksie gedreig teen minister James Sankwasa oor sy opdrag wat plaaslike owerhede verbied om hul kontrakte te hernu, en dit onwettig, irrasioneel en persoonlik gemotiveerd deur sy munisipale diensonderbreking in Katima Mulilo noem. Die firma ontken buitelandse eienaarskapseise en sê dat hul kontrakte voortspruit uit wettige verkryging. Verskeie plaaslike owerhede […]

Read More

Nasionale Dialoog net nog ‘n geleentheid om te plunder - August 11, 2025

Die Forum for South Africa sê die regering gebruik die Nasionale Dialoog as ʼn strategie om die fokus te verskuif van gesagsfigure wat aanspreeklik gehou moet word. Die dialoog skop Vrydag en Saterdag af met ʼn tweedaagse nasionale konvensie by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê hulle sien […]

Read More

Zelensky soek ‘n plek by die tafel in Alaska - August 11, 2025

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het diplomatieke steun van Europa en die Navo-alliansie gewen voor ‘n Rusland-Amerikaanse-beraad hierdie week waar Kiëf vrees dat presidente Vladimir Putin en Donald Trump dalk bepalings kan probeer voorskryf. Die twee sal Vrydag in Alaska ontmoet met Trump wat ‘n einde aan die oorlog eis. Zelensky wil ook daar wees en […]

Read More

Hitte dood 490 000, vroeë waarskuwings nodig - August 11, 2025

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê hy werk daaraan om vroeë hittewaarskuwingstelsels te bevorder onder die Early Warnings for All-projek. Die projek wil universele beskerming bied teen gevaarlike hidro-meteorologiese, klimaat- en verwante omgewingsprobleme deur lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels. Uiterste temperature het tussen 2000 en 2019 jaarliks sowat 489 000 hitteverwante sterftes veroorsaak. Hiervan was 36-persent in Europa […]

Read More

Olifante loop rond naby Witvlei - August 11, 2025

Inwoners van Pommerin, ‘n hervestigingsplaas naby Witvlei het kommer met olifante wat deur die gebied beweeg. Daar word beaam dat hulle van Okambara Elephant Lodge in die gebied kom. Die diere het reeds skade aan hekke gebring. Kosmos 94.1 Nuus het met Wilfried Slaney van Profile Safaris op plaas Elisa gepraat.

Read More

Mashatile van blaam oor luukse wonings onthef - August 11, 2025

Die ANC-integriteitskommissie het volgens berigte adjunkpresident Paul Mashatile van blaam onthef wat sy luukse wonings Waterfall in Gauteng en Constantia in Kaapstad betref. Mashatile het onderdruk gekom nadat hy twee luukse eiendomme van sowat 65 miljoen Suid-Afrikaanse rand verklaar het. Hy het vroeër ontken dat hy die eienaar is, en aangevoer die huis in Constantia […]

Read More

Australië sal Palestynse staat erken - August 11, 2025

Australië sal ‘n Palestynse staat erken by volgende maand se Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Premier Anthony Albanese het vandag die aankondiging gemaak. Die stap dra by tot internasionale druk op Israel na soortgelyke aankondigings van Frankryk, Brittanje en Kanada.

Read More

Vergoeding vir Trump se nuwe gholfoord in Viëtnam ontlok kritiek - August 11, 2025

Donald Trump se nuwe gholfoord, waarvan konstruksie volgende maand in Viëtnam sal begin, bied duisende dorpenaars 3 200 Amerikaanse dollar en rys, in ruil daarvoor dat hulle die gebied ontruim. Die groter meerderheid is bestaansboere. Ontwikkelaars het die begroting vir vergoeding afwaarts aangepas van ‘n aanvanklike skatting van meer as 500 miljoen dollar. Die 990-hektaar-terrein ondersteun tans […]

Read More

Saadkwekers – die landbouministerie soek jou! - August 11, 2025

Die regering wil landbouproduktiwiteit en marktoegang vir gewasse verbeter deur middel van sy Landboumeganiserings- en Saadverbeteringsprojek. Hulle soek nuwe saadkwekers in die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Ohangwena-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Omaheke- en die Kavango Wes- en Oos-streke. Aansoeke moet teen Vrydag ingedien word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof landbouwetenskaplike beampte in die landbouministerie, […]

Read More

SA gebruik KI om geslagsgeweld te bekamp - August 11, 2025

Die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering, in vennootskap met die Pan African Collective for Evidence, het Suid-Afrika se eerste kunsmatige intelligensie-aangedrewe Lewende Bewyskaart bekendgestel om geslagsgeweld en vrouemoord te beveg. Andile Madonsela van die kollektief sê die platform voeg navorsing intyds by, wat beleidmakers en aktiviste help om suksesvolle optrede te dryf. Sy sê […]

Read More