Pous vra vir einde aan geweld in Haïti - August 11, 2025

Pous Leo vra gelowiges om vir vrede te bid en ‘n beroep gedoen vir die einde aan die toenemend desperate  situasie in Haïti. Haïti se regering het Saterdag aangekondig dat ‘n drie maande lange noodtoestand in die land se sentrale streek geïmplementeer word namate bendegeweld toeneem. Die Verenigde Nasies se menseregtekantoor sê dat van Oktober 2024 […]

Read More

Weapons is boaan trefferlys in VSA - August 11, 2025

New Line se gruwelfliek, Weapons, het die naweek kritici en gehore betower en in sy eerste naweek boaan die trefferlys verskyn by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek met Julia Garner en Josh Brolin in die hoofrolle gaan oor ʼn groep vermiste kinders. Disney se Freakier Friday met Lindsay Lohan en Jamie Lee Curtis het sy debuut […]

Read More

Ekonoom sê BoN hou repokoers onveranderd - August 11, 2025

Die sentrale bank sal Woensdag die repokoers aankondig. Op die oomblik is die koers op 6,75 met Suid-Afrika wat sy koers afgebring het na 7 persent. FNB se ekonoom Cheryl Emvula meen die bank sal die koers onveranderd hou, nes hy by sy vorige aankondiging in Junie gemaak het. Emvula glo ook dat die koers […]

Read More

Klagtes teen Macpherson, McKenzie vir rassisme - August 11, 2025

ActionSA het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, vir die gebruik van beledigende en vernederende verwysings teenoor swart Suid-Afrikaners uit die apartheidsera. Die party het ook ‘n klag ingedien teen die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, vir rassistiese beledigings wat teen ActionSA-ondersteuners gemik […]

Read More

Israel moet onttrek uit Gaza, heeltemal - August 11, 2025

Die Palestynse gesant by die Verenigde Nasies, Riyad Mansour, sê Israel moet heeltemal onttrek uit Gaza. Die VN-veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou oor Israel se plan om beheer te neem oor Gazastad. Mansour beskuldig Israel dat hy die oorlog uitrek om ʼn onafhanklike Palestynse staat te keer en nie om Hamas se beheer te […]

Read More

Alcaraz dring deur, Medvedev en Norrie uitgeskakel by Cincinnati Ope - August 11, 2025

Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het sy Cincinnati Ope-veldtog met ʼn oorwinning afgeskop. Die Spanjaard het Damir Dzumhur van Bosnië in die tweede ronde verslaan. Die 2019-kampioen van Rusland, Daniil Medvedev, het teen die Australiër, Adam Walton, verloor. Die sesde gekeurde Australiër, Alex de Minaur, en die Britse nommer twee, Cameron Norrie, is ook […]

Read More

Gru-gevalle van geslagsgeweld aangemeld  - August 11, 2025

‘n Vrou van Rehoboth is dood en ‘n vrou van Aranos in ‘n kritieke toestand in die hospitaal in Windhoek ná hulle die naweek in afsonderlike voorvalle met messe in die keel gesteek is. Vroeg Sondagoggend is ‘n 50-jarige vrou op Rehoboth by ‘n mansvriend se huis dood ná haar eks-kêrel, ‘n veiligheidswag, drie meswonde […]

Read More

DA lê vandag herstelplan voor  - August 11, 2025

Die DA sal vandag ‘n stel dringende, praktiese hervormings bekendstel om Suid-Afrika se ekonomie te versterk, werk te skep en beleggings te lok. Die leier John Steenhuisen sê die land se hoë jeugwerkloosheid is gekoppel aan statiese groei wat veroorsaak word deur beperkende beleid. Hy belowe uitvoerbare programme om ekonomiese potensiaal te ontsluit, beleggersvertroue te […]

Read More

Rwandees uit Noorweë gerepatrieer oor volksmoord deelname  - August 11, 2025

‘n Rwandese man wat in Noorweë in hegtenis geneem is vir misdade wat hy na bewering tydens die land se volksmoord in 1994 gepleeg het, is gerepatrieer. François Gasana, wat ‘n student was tydens die volksmoord waarin meer as 1 miljoen Tutsi’s en gematigde Hutu’s sistematies deur Hutu-ekstremiste vermoor is, is in 2022 in Noorweë […]

Read More

Bibi sê oorname van Gazastad is enigste pad tot vrede  - August 11, 2025

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy regering se plan om Gazastad oor te neem verdedig en gesê dit is die enigste manier om die oorlog vinnig te beëindig. Die plan het hewige kritiek ontlok van die families van die oorblywende 50 gyselaars in Gaza, van wie 20 vermoedelik nog leef. Netanyahu beweer dat […]

Read More