Kosmos se Mauriza klim Kilimanjaro  - August 11, 2025

Kosmos 94.1 se eie Mauriza Fredericks het Kilimanjaro op Saterdag, 9 Augustus geklim. Die Trek4Education25-span het 21 lede gehad, insluitend Saray Khumalo, die leier en eerste Afrika-vrou wat Mount Everest geklim het. Daar was 20 dames en een man wat sy vrou vergesel het en die span het die Lemosho-roete van agt dae gevolg. Fredericks […]

Read More

Uiters gunstige slagpryse is op pad - August 11, 2025

Veeprodusente en verbruikers hou vleispryse fyn dop met verskeie nuwe slagpale wat in 2026 sal oopmaak. Die vraag is of verhoogde verwerkingskapasiteit prysverligting sal bring of nuwe vraagdruk sal aanwakker. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad oor pryse gesels.

Read More

Wild en vee loop deur die naweek - August 11, 2025

Die polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal ná twee bulle, ‘n os en ‘n koei Vrydagaand in die Makanga-omgewing in Zambezi gesteel is. Die totale waarde van die diere is 92 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. In nog ‘n veediefstalsaak is ‘n skaap van 2 500 […]

Read More

RedForce: Ontleder sê Sankwasa is reg - August 11, 2025

Die bespreking oor die wettigheid van stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se opdrag aan plaaslike owerhede om nie RedForce-kontrakte te hernu of nuwes aan te gaan nie, duur voort. RedForce het sedertdien ‘n regsbrief uitgereik wat die onmiddellike terugtrekking van hierdie opdrag eis. Plaaslike owerhede soos Katima Mulilo en Okahandja sê dat hulle nie die opdrag […]

Read More

Amper 96 000 malaria-gevalle vanjaar aangemeld - August 11, 2025

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao sê daar is sedert die begin van die jaar kumulatief 95 729 gevalle van malaria in die land aangemeld met 154 sterftes. Zambezi loop voor met net meer as 25 000 gevalle. Die totale gevalle is ses keer hoër as wat die net meer as 16 000 gevalle wat in […]

Read More

Man eet daggaplant na polisie toeslaan - August 11, 2025

‘n Man is Saterdag op Tses in hegtenis geneem ná drie daggaplante op sy erf ontdek is. In ‘n poging om van die bewyse ontslae te raak, het die man een van die plantjies opgeëet ná die polisie daarop afgekom het. Op Oshakati is ‘n verdagte in die polisieselle betrap toe hy dagga en sigarette […]

Read More

Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan – Ramaphosa - August 11, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan, ondanks verdeeldheid in die Voorbereidende Taakspan. Ses stigtings, insluitend die Thabo Mbeki- en FW de Klerk-stigting, wil hê dit moet tot Oktober uitgestel word. Ramaphosa sê die byeenkoms is noodsaaklik vir inklusiewe besprekings oor nasionale uitdagings. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, […]

Read More

IDF teiken vyf Al Jazeera joernaliste - August 11, 2025

Vyf Al Jazeera-joernaliste is dood in ‘n geteikende Israeliese aanval naby Gaza-stad se Al-Shifa-hospitaal. Korrespondente Anas al-Sharif en Mohammed Qreiqeh, saam met kameramanne Ibrahim Zaher, Mohammed Noufal en Moamen Aliwa, was in ‘n tent vir joernaliste by die hospitaal se hoofhek toe dit geteiken is. Al Jazeera sê dit is ‘n geteikende sluipmoord en nog […]

Read More

Burmester vat tweede LIV-titel - August 11, 2025

Die Suid-Afrikaner Dean Burmester het sy tweede individuele LIV-gholftitel gewen nadat hy die Spanjaarde, Jon Rahm en Josele Ballester, in Chigaco op die eerste uitspeelputjie verslaan het. Burmester het sy aanvanklike voorsprong van twee houe verloor met drie agtereenvolgende houe oor baansyfer, maar het uiteindelik op nege onder 204 klaargemaak. Daar was ook ʼn uitspeelstryd […]

Read More

Staccatos kuier by Veterane-sangaand - August 10, 2025

Die bekende Suid-Afrikaanse sangroep, die Staccatos, is op 20 September in Windhoek vir die Veterane-sangaand van die Vereniging van Uitsaaiveterane. Dit beloof ‘n aand vol nostalgie en herinneringe te wees, het een van die sangers, Steve Ashley, aan Kosmos 94.1 gesê. Kaartjies vir die geleentheid kos 200 Namibiese dollar per persoon.

Read More