Hassan wen presidensiële verkiesing in Tanzanië - November 1, 2025
President Samia Suluhu Hassan is as die wenner van Tanzanië se presidensiële verkiesing verklaar en het nog ‘n termyn in die amp verseker te midde van dae van onrus regoor die land. Volgens die verkiesingskommissie het Samia 98% van die stemme gewen en amper die 32 miljoen stembriewe wat in Woensdag se verkiesing uitgebring is, […]
Gholf: China se Haotong in aksie by Nedbank-uitdaging - November 1, 2025
Haotong Li van China is die jongste speler wat sy deelname bevestig het aan die Nedbank Gholf-uitdaging by Sun City van 4 tot 7 Desember. Dit sal sy sesde verskyning wees terwyl hy daarna streef om die eerste Asiatiese wenner in die geskiedenis van die toernooi te word. Die 30-jarige Li se beste vertoning was […]
‘Reis na Namibië toenemend moeiliker’ - November 1, 2025
Namibië se paspoort het tot die 62ste plek op die 2025 Henley Paspoortindeks geklim, en is steeds vyfde in Afrika vir globale mobiliteit. Die indeks kyk na die aantal lande wat inwoners visumvry kan besoek, in Namibië se geval 81, maar het die onbedoelde uitwerking dat ‘n goeie telling ook meer toeriste lok. Terwyl die […]
Hof keer Bushiri’s se uitleweringsbevel om - November 1, 2025
Die Hooggeregshof in Lilongwe, Malawi, het ʼn landdros se besluit om die pastore, Sheppard en Mary Bushiri aan Suid-Afrika uit te lewer, omgekeer. Die egpaar wat aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery in die gesig staar, het in 2020 uit Suid-Afrika gevlug terwyl hulle uit was op borgtog. Die hof het bevind hulle is die […]
Aussie-gesin trek ná sosialemedia-verbod - November 1, 2025
‘n Australiese gesin met miljoene aanlyn aanhangers verhuis na Brittanje om hul tuisland se sosialemedia-verbod vir kinders onder 16, wat in Desember begin, te vermy. Die vier gesinslede bekend as die “Empire Family”, bestaan uit ma’s Beck en Bec Lea, ‘n 17-jarige seun Prezley en hul 14-jarige dogter Charlotte, wat almal video’s van hul daaglikse […]
Tennis: Sinner vorder op wêreldranglys - November 1, 2025
Jannik Sinner is ná sy gemaklike oorwinning Vrydag oor Ben Shelton in die Paryse Meesters se kwarteindronde weer ʼn stap nader aan die eerste plek op die wêreldranglys. Die Italianer het sy vyfde gekeurde teenstander met 6-3, 6-3 verslaan en kom nou teen die verdedigende kampioen, Alexander Zverev te staan nadat dié 2-6, 6-3, 7-6 […]
Regering prakseer nuwe waterplan - November 1, 2025
Die regering gaan ‘n omvattende en volhoubare plan implementeer om probleme met waterverskaffing in veral die landelike gebiede, maar ook toenemend in stedelike areas, op te los. ‘n Holistiese benadering gaan in die kort-, medium- en langtermyn gevolg word, waarby NamWater, NamPower, asook die landbou- en waterministerie betrokke sal wees, sê die uitvoerende direkteur van […]
Koning Charles moet Trump oor Epstein-dokumente druk - November 1, 2025
Die familie van wyle Virginia Giuffre wat koning Charles se broer, Andrew, van seksuele misbruik beskuldig het, het ‘n beroep op koning Charles gedoen om druk op Amerikaanse president Donald Trump te plaas om die sogenaamde “Epstein files” openbaar te maak. Giuffre se broer, Sky Roberts, het die koning se besluit verwelkom om Andrew van […]
Sokker: Liverpool is nederlaagkrisis - November 1, 2025
Liverpool se afrigter, Arne Slot, sê sy span moenie ‘n gewoonte maak om wedstryde te verloor wat hulle behoort te wen nie. Die Premierliga-kampioen verkeer in ‘n krisis na ses nederlae in sy laaste sewe wedstryde. Hulle speel vandag op Anfield teen Aston Villa nadat Crystal Palace hulle ook dié week uit die Ligabeker geskakel […]
Landdroste dreig met gedeeltelike staking - November 1, 2025
Landdroste in Namibië dreig om Woensdag met ‘n gedeeltelike staking van hul werk te begin omdat die justisieministerie sloer met die aanpassing van hul behuisings- en vervoertoelae. Die voortslepende geskil duur reeds twee jaar. Alle siviele gedinge en mosies wat in landdroshowe teengestaan word, sal opgeskort word, terwyl kriminele verhore en borgaansoeke in landdros- en […]